Ek het decoupage probeer!

Ek het vir ‘n tyd lank gedink ek wil iets decoupage. Eers gedink om ‘n ou hout spieëltafel vir goedkoop te kry en dan dit met koerant papier te decoupage. My man se advies was om eerder kleiner te begin. Hy koop vir my toe ‘n mooi nuwe hout spieëltafel 🙂

So, in voorbereiding vir ‘n pragtige tuisonderrig klaskamer, het ek besluit ek gaan paar goed decoupage! Weereens was Pinterest my inspirasie. Daar sien ek letters bo ‘n boekrak wat ‘READ’ spel. Ek gaan koop toe hout letters by Gimnettes. Hulle was R14 elk. Mod Podge was duurder. Dit is die wonderwerk bestandeel wat alle decoupage projekte so stunning laat lyk! Ek het so klein botteltjie gekoop vir R130. Dit was toe genoeg vir twee medium decoupage projekte.

Ek was so opgewonde. Sit toe Winnie the Pooh plastiek tafeldoek neer op die kombuis tafel en neem die ‘Before’ foto:

20131214-081717.jpg

Ek het geweet ek wil bietjie rooi verf bo oor die koerant papier gesprinkle hê so toe ek die boekrak rooi verf, spat ek rooi verf aspris hier en daar op die koerant. Ek het my kwas afgegee op ‘n paar stukke papier en gebêre vir later. Ek besef ek kon eerder kinders se rooi verf gebruik, dit sou minder gestink het as die enamel, maar nou was ek seker dat die kleur sou pas, want my plan was om die L E E S letters naby die boekrak op te sit.

Paar dae later, skeur ek die droë koerant met rooi spikkels op in repe soos wat ek dink ek gaan gebruik vir die decoupage. Toe het my baba my nodig en ek moes alles net so los om vir haar te sorg.

Toe ek wel begin het was dit lekker morserig! Ek gooi bietjie Mod Podge uit op n polistyrene vleis houer (wat ek nou versamel vir sulke doeleindes), gryp ‘n verfkwas en begin die letter ‘L’ met die gom te verf. Dan kies ek ‘n strip koerantpapier, plak dit op die letter en verf daarop met Mod Podge. Ek het ‘uitgefigure’ wat werk soos ek aangegaan het.

Soms het ek spesifieke woorde gekies wat ek van hou soos President Mandela en Afrika en soms het ek net geplak. Ek het nie die agterkant geplak nie want ek dink dit gaan dan vasplak op die tafeldoek maar ek sien nou dat dit droog is, dat dit meskien voordelig sou wees om die hele ding te mod podge sodat die gom nie kan los trek aan die kante nie. (Dit trek nie erg los nie, net innplekke so bietjie 🙂

My vingers was vol gom en toe my baby begin huil, neem ek te lank om die kwas en my hande te was sodat sy skree en huil vir my. Gelukkig is mod podge ‘water-based’ so die kwas spoel baie maklik af. (Ek het een kwas laat droog word met die gom en dit was nooit weer dieselfde nie.) Maar my hande was soms nog bietjie taai toe ek hardloop om kleinsus op te tel.

Dit het beter gewerk om NIE die stukkies koerant te laat ‘overlap’ nie. Maar net een lagie orals te plak. As mens nou dit eers geMod Podge het, lyk die koerant donker en nat. Maar dit word vinnig droog en dan lyk dit weer helder en baie mooi! Die instruksies sê mens moet 6-10 lagies mod podge verf. Maar hierdie ongeduldige mamma het omtrent net by 5 lagies uitgekom. Dit was wel mooi glad en klaar in my ‘rookie’ opinie 🙂

20131214-093332.jpg

20131214-101613.jpg

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s