Ons T Aktiwiteite

20140125-184002.jpg

Tenike kou haar treintjie.

Tjoeke tjoeke paf, tjoeke tjoeke paf paf
Kyk hoe ry ons op die baba trein
Opdraende op, afdraende af
Tjoeke paffe paffe op ‘n stywe draf!

Ek LOVE homeschooling! Met al sy ‘ups’ en ‘downs’ bly dit ‘n wonderlikke voorreg om my kinders by my huis te kan leer! Dankie Jesus!!

Ons T-klankie week get afgeskop met trein liedjies en ‘n trein alfabet legkaart.

20140125-174930.jpg

Hierdie puzzle by Bargain Books gekry oor die Kers-tydperk. My plan is om dit met Velcro teen my muur te plak sodat mens dit nog kan afhaal en stukkies apart uithaal.

Met trom en tamboryn het ons “Loof hom met die tromme” gesing.

Ons het gesels oor als wat met ‘n T begin en bietjie met die tier dier ons nommers getel. Ek het vir my 6-jarige gesê die tier hop oor nommers en so tel ons in twee’s tot by tien. En ook in tiene tot by 100.

20140125-175909.jpg

Toe gesels ons oor tyd en toets hoe goed ken my engel haar ure deur die oulike ‘tool’.

20140125-180124.jpg
Sy skryf die tyd neer met ‘n swart kokie en kyk agterop of sy reg is.

Natuurlik het ons die t-letter mooi geoefen en baie ge’trace’ en teken. Toe, vir pret, knip en plak ons ‘n trein uit papier. Later in die week het ons deur tydskrifte geblaai en die t-letter gesoek. Die kinders moes dit uitsny en op hulle treine plak.

20140125-180437.jpg

Nog ‘n ‘tactile’ aktiwiteit is om die T en t met tou te vorm en plak op karton. Toe neem ons ‘n rooibos tee sakkie, skeur dit oop en sprinkle die T met tee.

20140125-180701.jpg

Teenoorgesteldes oefen is altyd prettig veral as ousus vir jonger sus kan leer.

20140125-180821.jpg20140125-183945.jpg

Toevallig het ons bure ‘n tarantaal kuiken wat hulle vertroetel in hul tuin! Wat ‘n fantastiese leer geleentheid om die kuiken te sien!

En die goedenTIERenheid van die Here hou nie op nie toe daar groot trek trok oorkant ons huis stilstaan en die Tannie trek in! Ons het vir haar ‘n skinkbord tee geneem en my kinders was trots oor die taak!

Nog ‘n lekker kuns aktiwiteit was die bekende tandeborsel verf tegniek bo oor ‘n lee tandepaste buisie en ‘n letter T.

20140125-181534.jpg

Ek is so dankbaar aan my skoonma vir ‘n wonderlike stel boeke oor kinders van die wêreld. Toe was dit tyd om te leer oor kinders van Thailand. Ons het op die wêreld legkaart gekyk waar is Thailand, en toe prentjies gekyk van Thai kindertjies.

20140125-181808.jpg

Toe ons lees dat hulle water op ‘n unieke manier dra, moes ons dit self uit toets.

20140125-181941.jpg

En toe maak ons dit meer interessant deur om op ‘n tou te loop in die vorm van ‘n ‘t’ terwyl ons die emmers water balanseer.

20140125-182141.jpg

‘n Trippie biblioteek toe om t-letter boeke te soek het vir ons weer lekker lees en leertyd saam voorsien.

20140125-182611.jpg20140125-184057.jpg

Die hoogtepunt van die week vir my, was toe ek en my oudste alleentyd gehad het om saam tee te drink uit my beste teestel en deur my trou album te blaai. Om haar kommentaar te hoor en haar te vertel van my troudag was te kosbaar vir woorde! Ek het tot ‘n troufoto waar ek op ‘n tas sit langs ‘n treinspoor! Kan jy dit oorvertel!? 🙂

20140125-183540.jpg

 

 

 

 

Advertisements

3 thoughts on “Ons T Aktiwiteite

  1. Wow, so heerlik om tee saam te drink en te gesels oor jou troudag! Sou jy kon dink dat daardie foto van jou langs die treinspoor dat jy dit vir tuisonderrig sou gebruik het?!

  2. Pingback: Al die Letters van die Week 2014 | Kieswetter Klaskamer

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s