Ons wonderlike tuisskool omgewing

Die Here is so goed vir ons! 6 jaar gelede ry ek en my man opsoek na ‘n muurklimbaan. Ek het ‘n jong baba en soek opwinden en iets om te doen wat my weer jonk en sterk sal laat voel. Ek sien op ‘n pamflet van hierdie muurklim plek uit op Lynnwood en ons val die pad in. Maar so ver ons ry, kry ons nie die plek nie. Ons ry en ry en ry tot ek maar sê dis okay, ons kan maar huis toe gaan. Maar Timothy is nuuskierig en hou aan met ry tot hy so groot ingang tot ‘n estate sien. Iets laat hom indraai en hy voel dadelik ‘getrek’ tot die plek. Ek mmm en sê dit lyk mooi maar my volle aandag is nie daar nie. Tim aan die ander kant kan nie ophou rond kyk en ry en sê toe hoe wonderlik sal dit wees om hier te bly nie. Hy bid hardop dat as die Here wil hê ons moet hier bly, Hy dit so sal laat gebeur. Ons kry toe ‘n brosjuur en gaan huis toe.

Ek dink nie weer daaraan nie, maar Timothy reel ‘n vergadering met die verkoopsagent van die estate en ons gaan sien haar. Dis toe iemand wie ons ken en Tim neem dit as ‘n goeie teken. Wonderbaarlik het die estate ‘n unieke plan vir die aankoop van erwe omdat dit n resessie was. Sonder om in detail te gaan, kan ek sê dit was moontlik vir ons om erf te koop en vier jaar later ‘n huis te bou. Na 10 jaar getroud met my man, verras dit my nogsteeds as hy doen wat hy sê! Daars net niks wat hom keer nie!

Dis nou amper twee jaar dat ons hier bly en ek wil huil as ek dink hoe die Here vooraf beplan het dat ons sou hier wees as ek homeschool. Hy het geweet! En ek wil net my dankbaarheid met jul deel.

Toe ons die t letter doen is daar tarantaal-kuikens om na te kyk. S – sebras! H-week kom kuier hasies op ons gras. Dit was aand, so fotos het nie gewerk nie. Die week bespreek ons die bokke en die bokkies kom eet die gras langs ons erf! Dis net te wonderlik vir woorde!

Ek weet van tuisskool gesinne wat by die see bly en skulpies gaan optel in pouse, of plaasjapies wat eers eiers moet kollekteer voor die skooldag kan begin. Hoe kan ons dan ons kinders skool toe stuur as daar sulke wonders is net buite ons vensters?

En as jy nie op so paradys bly nie, het jou kinders nogsteeds die voorreg van ‘n snoesige bedjie op daardie koue winteroggende of warm sjokolade en pannekoek op reëndae. Hulle het hulle eie ruimte met al die familêre dinge wat hulle rustig laat voel. En bowenal,
Mamma se arms vir troos enige tyd van die nag of dag!

Advertisements

2 thoughts on “Ons wonderlike tuisskool omgewing

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s