Pannekoek-weer P-week

Sjoe, dit reën baie die week! Laat ‘n persoon pootuit en pê voel en net lus vir slaap. Wat ek graag meer van sou wou gehad het! Baba sussie het my telkemale geroep deur die nag sodat ek min krag gehad het deur die dag. Ek moes groot planne vir ponies en potjieskos partytjie prys gee en vrede maak met paddas en pannekoek.

So ja, daar verskyn ‘n klein padda in ons kombuis vroeg Maandagoggend. ‘n Pakkie van die Here om te sê Hy neem plesier in ons. 🙂 Dit het die pad oop gemaak tot ‘n bespreking oor die padda se lewensiklus. Ek lees toe ons boekie, Paddavissie Word Groot deur Giuliano Ferri en ons merk op hoe groei die padda van ‘n eier tot ‘n padda. Janéy moes toe die lewensiklus van ‘n padda teken in haar boek. Sy het geniet om pyltjies te maak van die paddavissie tot die groter paddatjie met voorpote tot die groot padda met oë op sy kop

20140308-144204.jpg

Ek soek toe ‘n p-gedig vir die week ek besluit op die P-gedig uit ons boek: ‘n Anderste Alfabet vir Aspatatte. Ons leer toe elke dag nog ‘n reël sodat teen Donderdag kon my dogter hom mooi opsê.

20140308-144628.jpg

Padda plant patats en pampoene

Hy saai pitte vir soet waatlemoene.

Maar agter sy rug loop Patrys en wei,

en verorber elke pit, ry op ry.

P-letter

20140308-191407.jpg

P in Poeier

20140308-191426.jpg

P in Poppy seeds

Wiskunde

‘n Papierbord en wasgoed pennetjies maak ‘n maklike wiskunde werkie. Plak plakkers of teken kolletjies op die papierbord. Skryf dan nommers op die pennetjies. Peuters moet dan die pennetjie pas by die hoeveelheid polka dots. Laas jaar het ek hierdie Busy Bag gemaak en kon dit nou weer gebruik. Daar is hope Busy Bag idees op Pinterest en ek maak graag nog gedeurende die vakansie. Daarmee kan jy jou kindjie besig hou by die pediater of op reëndae.

20140308-152100.jpg

20140308-152119.jpg

20140308-152139.jpg

Plekmatjies

Ek het so paar weke gelede hierdie plekmatjies gekry by Exclusive Books. Die kinders oefen om nommers te skryf met spesiale kryte wat saam gekoop kan word of ‘n sommer ‘n potlood.

Plekmatjies kan ook gemaak word van uitgedrukte werkskaarte wat gelamineer is. Ek het klomp alfabet werkskaarte gekry by http://www.leerafrikaans123.co.za

20140308-163422.jpg

20140308-163433.jpg

20140308-163447.jpg

Papier

Ons het klaar gedeurende H-week geleer dat papier ‘n produk van hout is. Nou het die kinders verksillende soort papiere gebruik of ‘n P-letter toe te plak. Pienk en pers plak papier maar ook papier wat herwin was.

20140308-164928.jpg

Pastelle was ook gebruik om ‘n mooi prentjie te teken.

Ek was baie geinspireer deur die storie van ‘n Ma en haar 4-jarige dogter wat rokke van papier ontwerp en maak. Die ma, Angie neem dan haar dogter se papier produkte af en pos die op Instagram. Ek volg haar nog op Twitter @fashionbymayhem. Jy kan die oorsponrklike storie hier lees.

So ek het by Cardies pienk en pers tissue papier en geskenk papier gekoop. Ons moes geduldig eers ons harde werkies doen voor ons by die pret van papier rokke kon uitkom,. Janéy het self begin dink van skouers wat lyk soos ‘n ‘fan’. Sy weet hoe om papier so te vou. Asook om papier te sny in repies vir die borstuk. Sy wou ook graag die romp soos ‘n wye Prinses rok gehad het maar die mamma het bietjie gesukkel om so patroon uit te dink. Dit was hope pret en lekker vinnig ook. Spoeg en plak en Presto! Sy het soos ‘n pou rond gepronk.

20140308-174104.jpg

20140308-174114.jpg

Ons sal weer op ‘n ander geleentheid. nog rokkies maak.

Ek het onthou van my geliefde ‘past-time’ as kind: Papier poppe. Mr Price Home verkoop toe die einste boekie! En ons het ‘n spesiale middag spandeer om papier kleertjies in te kleur en die poppe aan te trek.

20140308-180806.jpg

Pos

Ook by Cardies, was poskaarte. Dit het ‘n plan geplant in my kop om vir al ons familie in die verte poskaartjies te pos. Janéy het goeie skryf oefening ingekry met die opstelle. Sy het elke oop spasie op die poskaart gevul met hartjies en selfs pienk lipstiefie lippe. ‘n UItstappie poskantoor toe het haar hulle die geleentheid gegee om self seëls te koop. Toe besef Janéy dat sy iewers op haar poskaart plek moes vind vir die seël. (Dit moes toe oor die pienk lippe gaan.) En self in die posbussie pos!

20140308-174813.jpg

Nog ‘n pragtige boek deur die beste skoonma in die wêreled geskenk is Paultjie Pos Homself. Die prettige storie gaan oor Paultjie en sy troeteldier Kokkok wat per pos reis na hul maats, Gert en Griet. Wat ‘n verrassing toe hul ‘n pakkie ontvang met Paultjie daarin! Janéy moes uitkyk vir die p-woordjies, pos, pas en pak. En die woordjies weer later oefen in haar handskrif boek.

20140308-175122.jpg

Proe

Sappige somer vrugte soos piesang, perskes en papaja help om die verkoue kieme te veg. Ons het natuurlik baie pannekoek en pizza geeet. Piekniek gehou wanneer ons kon. Ek het ‘n koring-vry pannekoek meel probeer. Die Nature’s Source pak wat beskikbaar is by Dischem. So lank ek baie kaneelsuiker oor gestrooi het, was dit heel smaaklik om aan te peusel.

20140309-093440.jpg

 

Speletjies

Pappa het Pictionary met sy meisies gespeel.

En Vrydag het ons maats kom speel en Poppekas met pikkewyne vir ons gehou.

20140309-093144.jpg

 

Ons is vir eers klaar met ons letters van die alfabet. Volgende week gaan ons hersiening doen. En dan is dit vakansie! Ek is dankbaar vir ‘n wonderlike eerste tuisonderrig kwartaal maar sien uit na die ruskans. AL wat oorbly om te sê is: Prys die Here!

Advertisements

2 thoughts on “Pannekoek-weer P-week

  1. Pingback: Al die Letters van die Week 2014 | Kieswetter Klaskamer

  2. Pingback: Petrus en Papier | Kieswetter Klaskamer

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s