Waterkaskenade W-week

Wat ‘n wonderlike week was dit nie! Dit het Maandag begin met ‘n wollerige wurm in ons huis en Vrydag vind ek uit was Internationale Wortel Dag! God het verseker ‘n sin van humor! Ek het nog nooit in my lewe so swart brandwurm gesien nie, maar Maandagoggend wikkel daar een in my huis. 🙂

20140405-152424.jpg

Weer
Dit was spesiaal om te hoor dat my kinders weer gretig is om te werk. My oudste sê die vakansie was lekker maar soms ‘boring’. So ek het twee, (drie wanneer babatjie nie slaap nie) gewillige leerlinge.
Ons het lekker weerkaart en dis toe dat ek besef my kinders ken nogsteeds nie al die dae van die week nie. Lollas was weer gewild met liedjie daaroor en aksies wat saamgaan. (Dis op hul tweede DVD, Dae van die Week.)

20140405-153250.jpgEk het die weerkaart ‘n paar jare terug gekry by Educational Toys in Lynnwood, Pretoria. http://www.edutoys.co.za/pages/about

Woorde
Sigwoorde vir die week is
wat, was, wie, wag

20140406-100658.jpg

Ons Temabord

Ilani moes met wit wol ‘n W plak. En ook met watte. Toe maak sy ‘n wieletjie raam met wit werf.

20140405-160716.jpg

20140406-100635.jpg

Wapenrusting

20140406-100525.jpg

Selfs klein Tenike speel met w voorwerpe en lees woorde boekies.

Wiskunde
Met die begin van die nuwe kwartaal, was dit goed om weer te tel en sommetjies te doen. Soos gewoonlik, soek ek wiskunde wat met ons tema letter te doen het. En daar was heelwat! Slimkoppies se boeke ‘Ek is drie’ asook Graad R en 1 Wiskunde waarborg goeie wiskunde. Ek gebruik ook Kumon Grade 1.

20140405-154209.jpg

Wetenskap
Ek was so bly om Bazoo tydskrif te vind oor water. (Ek het al die uitgawes bestel vanaf hulle webwerf http://www.bazoo.co.za)

20140405-154621.jpg
Daar was baie w-woorde daarin en my 3-jarige het heel week daarin gewerk. Een van die opskrifte is: ‘Wie woon in die water?’ Ek het die stories oor water gelees en daaruit vloei ons water eksperiment. Ons gesels toe oor die 3 vorms van water en ek kook die ketel om die stoom te wys. Ek hou ‘n bord oor die stoom om te wys hoe word dit waterdruppels teen die koue bord. En ons sit toe ys langsaan om al drie vorms bymekaar te hê. Toe word wolke bespreek en ek besef ek kan hulle nou die waterkringloop wys. Terug in die klaskamer, teken ek dit op ons swartbord muur en Janéy teken haar eie Watersiklus in haar boek. Sy wou toe hê dat ek video van haar neem waar sy die werk verduidelik. Sy staan met haar boek en gee toe 2min praatjie oor water. 🙂

Dinsdag gebruik ons ons wetenskap boek om te leer oor wind. Dit was ‘n winderige dag wat goed vir ons gewerk het want ons het ‘n windwyser gemaak om die rigting van die wind te lees. Ek moes gou Google hoe lees mens wind en sien toe dat mens sê vanaf die rigting dit KOM, nie waarheen die wind waai nie. 🙂 Daai dag was toe ‘n sterk Noordelike wind.

Dis maklik om die wind-rigting aanduier te maak. Gebruik ‘n plastiek houer (Ons het ‘n lee feta houer gebruik) en maak ‘n gatjie vir ‘n potlood in die bodem. Die potlood moet ‘n uitveer hê aan die punt waarin ‘n duimspyker kan pas. Sny gleefie aan beide kante van ‘n strooitjie en maak die strootjie vas met die duimspyker aan die potlood. Sny dan 6 driehoekies uit dik papier. Twee driehoeke word gebruik as pyltjies wat in die gleefies van die strooitjie pas en die ander vier kan vasgeplak word aan die plastiek houer. My dogter het Noord, Oos, Suid en Wes op die driehoekies geksryf.

In ‘n sterk wind draai die stroooitjie taamlik goed maar hy is nogal styf en sal nie sommer in ‘n briesie kan beweeg nie.

20140405-155611.jpg
Natuurlik moes ek toe vir haar die vier rigtings leer en dan werk gee wat dit vaslê. Janéy hou baie van kaarte, so sy was baie bly toe ek kaart van ons huis teken en die vier rigtings vir haar wys. Toe moes sy ‘n doringboom teken in die Noorde hoek van ons tuin (in haar boek) son in die Ooste, ons boma, Wes. Toe sê ons sommer die rympie
Noord, Suid, Oos, Wes
Tuis Bes!

4-Rigting Werkies

4-Rigting Werkies

Woensdag oefen Janéy haar handskrif en skryf w weer en weer. Ons kyk in al ons verskillende alfabet boeke, posters en puzzles om die w woorde op te spoor. Ek lees van Wolraad Woltemade. Dis al waarvoor daardie storieboek, ‘Eendag op ‘n Reêndag’, goed is, om die waarheid te sê. Die ander stories is werklik nie die soort wat ek vir my kinders wil lees nie.

20140405-160905.jpg

Ons het al drie saam geween oor die walvisse wat gestrand was op Kommetjie-strand. Gewaar op You Tube (http://www.youtube.com/watch?v=mc92JI1E684) Ek het nie bedoel om so hartseer video te kyk nie, ons het eers die walvis reddenspogings gekyk en toe was die storie ‘n link daarvan af. Dit was ‘n spesiale oomblik toe ons al drie saam tjank oor die arme walvisse wat hulself elke keer weer strand nadat helpende hande hulle in die see besorg het. Waarom maak die walvisse so?

Weef

My oupa was vir jare ‘n wewer (hoop dis reg?) Hy het in ‘n weef fabriek gewerk met groot weefmasjiene. Ek vind toe oulikke maniere om te weef in ‘n kuns boek en kies toe die boks loom manier van weef. Ons gebruik toe roomys stokkies wat ek voorheen by Jimnettes gekoop het en pas dit maklik in die kant van ‘n boks (wat ek ook nou versamel). Ons maak wit vol vas aan die een stokkie en trek dit styf, draai dit om die oorkantse stokkie tot die hele loom met wit wol strepe geryg is. Ons het eers met pienk wol onder en oor probeer weef maar dit het nie goed gelyk nie. Toe sny ek repe felt en Janéy weef dit maklik deur die wol. Sy sê dit lyk soos iets vir Kersfees. Ons kan ‘n raam maak daarvoor met stokkies – het nog nie – sodat ons dit van die boks kan afhaal en moontlik teen ons Klaskamer muur hang.

Weef

Weef

Waldo die Walvis

Die Vrydag was die dag waarvoor ons almal uitgesien het! ‘n Wedren met seuns teen meisies en klomp w-aktiwiteite en woes watersport! Ons het eers met die stil aktiwiteit begin in die sitkamer waar ek vir hulle lees uit die boek wat ek geskryf het: Waldo die Walvis. Dis die storie van Jona vertel uit die oogpunt van die walvis. Dis op die oomblik die enigste een van my kinderstories wat gepubliseer is en was vir ‘n paar weke op Gospel Direct se Top Tien verkope. Ek het nog baie ‘Diere van die Bybel stories’. Vertrou dat die Here dit vir my gaan moontlik maak om te publiseer eendag! Ons het nog baie “Waldo die Walvis” boeke in voorraad, so as jy belangstel om een te koop, kontak ons kantore by 086 111 2629. Dit kos R80 posgeld ingesluit.

Waldo die Walvis deur Janet Kieswetter

Waldo die Walvis deur Janet Kieswetter

20140406-100719.jpg

Inkleur prente is deel van die boek

Om dit nog meer interessant te maak het ek vir elke kind ‘n ‘w’ gelamineer en op ‘n stokkie geplak sodat hulle dit kan oplig soos hulle ‘n w-woordjie hoor. So ek lees, lê bietjie klem om die w woorde en daar gaan die w stokkies op soos hulle dit hoor. Dis ‘n goeie luister tegniek, maar wees gewaarsku, as die storie TE interessant is, vergeet hulle om te luister vir die w woorde.

Waatlemoen, wurms in watte, w-stokke en wortelkoek

Waatlemoen, wurms in watte, w-stokke en wortelkoek

Ons het toe almal gedans op die Lollos liedjie, Dae van die Week en toe kon ons nie meer WAG vir die waterkaskenades nie.

Waterkaskenades

Watergewere was eers aan die beurt en danksy my vriendin was daar genoeg vir elkeen. Ek het met bordkryt groot W’s teen die muur geskryf en seuns en dogters het gekompeteer om dit af te spuit. Gelukkig was daar ‘n emmer water en kraan om die gewere weer vol te maak.

Toe gooi die kinders waterballonne teen ‘wolke’ (papierborde) op die muur. Daai aktiwiteit was vinnig verby.

Ons beweeg aan na die klein wasgoedlyn in ons agterplaas en daar staan twee mandjies gereed met wasgoed. Die kinders moes soek vir slegs die wit klere om op te hang.

Toe moes almal klouter deur die wit wol web. Mammas ook! 🙂

Toe speel die kinders bietjie volley ball met die aardbol (wêreld).

Die laaste toets was die windpomp legkaart wat ek vroer die week gemaak het. Dis basiese vorms wat reggepak moes word deur om die voorbeeld prentjie te volg. Die meisies was eerste oor die wenstreep en kon dus hulle prys kry: om hulle handjies binne in ‘n vaas watte te druk en ‘n sweetie wurm uit te wriemel.

Dankie aan al die mammas en maatjies wat die Water en W-sportdag wonderlik gemaak het!

Amper vergeet ek ‘Wolf Wolf, hoelaat is dit?’ wat die kinders ook gespeel het. Die ‘wolf’ moes ‘n weermag hoed aantrek.

Wat ‘n wenner van ‘n week!

20140406-100502.jpg20140406-100443.jpg

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Advertisements

5 thoughts on “Waterkaskenade W-week

  1. Hi daar Janet,
    Dit is so lekker om jul tuisskool dae te volg. Ons het self hierdie jaar begin tuisskool en is maar nog nuut met die hele storie. Ons geniet elke oomblik. Ek doen nou Graad 1 met my 6 jarige dogtertjie en Graad RR/R met my 4 jarige dogtertjie. Dankie dat jy al jou oulike idees met ons deel – en dis so lekker om te lees hoe die Here julle seën elke week met nuwe verassings.
    Ons is ‘n Engelse huis gesin, (so verskoon asb al die spel foute ens) alhoewel my eerste taal Afrikaans is, so dis baie verfrissend vir my om vir jou te volg. My man is Duits, ek is Afrikaans en ons praat Engels as huis taal. Ai, ‘n hele deurmekaar spul, maar ek probeer Afrikaans, Duits, Engels en Xhosa met die kinders doen sodat hulle stadig maar seker al die tale sal leer.
    Hoop julle het ‘n heerlike week vorentoe!
    Baie liefde en God se seën
    An-nel Klotzbuecher

    • Hullo An-nel!
      Dankie vir jou boodskap! So lekker om jou te ‘ontmoet’! Ons dogtertjies is amper ewe oud, waar woon julle? Wens ons kon kuier!

      Ek besef jul van is Duits, myne ook! Wat ek vergeet het om te noem in hierdie blog post is dat Kieswetter beteken ‘weerman’ in Duits. Soos jy seker sal weet ‘wetter’ is weer. 🙂

      Ongelooflik dat jul sommer 4 tale aanvat, maar ek weet kinders is in staat om baie te leer so ryg dit in terwyl hul jonk is!

      Mag die Here julle tuisskool seën- great om van nog ‘n mamma en gesin te hoor wat dit ‘saam’ met ons aanpak 🙂

      Seënwense

      Janet

  2. Pingback: Al die Letters van die Week 2014 | Kieswetter Klaskamer

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s