Ellendige Eeyore E-week

Daars so min goed wat met e begin! Dalk dubbel ee soos met eend en een, maar dis totaal ‘n ander klank! Ek het gedink om die twee klanke te vergelyk met mekaar en so meer vir Janéy te leer, maar dit het nie gebeur nie. Ons was nie lus vir werk die week nie. Ons het baie min gedoen. Het soos Eeyore van Winnie the Pooh gevoel.

Ons het wel oor engele gepraat. Al die kinder Bybels bymekaar gekry en geblaai na prentjies van engele. Toe kon my kinders sien dat mense engele verskillend teken. Sommige het vlerke en ander nie. Sommige lyk soos mans met snorre en baarde en ander soos vrouens met lang hare. Elke prent vertel ‘n storie. Engele wat beskerm, (Daniel en sy vriende in die vuur), engele wat boodskappe bring (Maria en toe Josef) en engele wat sing (die by die skaapwagters).

20140412-080654.jpg

Toe kies my dogter een prentjie wat sy wou teken. Sy kies toe die een:

20140412-080823.jpg

‘n Gediggie oor engele gelees:

My Engeltjies

Saans as ek bed toe gaan,
Kom sestien engeltjies staan:
Twee aan my koppenent,
Twee aan my voetenent,
Twee aan my regtersy,
Twee aan my linkersy,
Twee wat my dek,
Twee wat my wek,
Twee wat my leer die weg van die Heer,
En twee wat my wys
Na die hemelse paradys.

(Geneem uit Klankies vir Kleuters deur DJ Opperman en HJ van Zyl)

Ons het ‘n ‘e’ gepak met ertjies een etenstyd. Gesoek vir erdwurms maar tervergeefs.

My dogter, soos enkele ander kinders, was die week gou moeg en nie lus vir baie skryf werk nie. Soms druk ek haar om aan te hou en iets klaar te maak maar hierdie week was ek self min lus en het gou ingegee. Ek was self siek en was twee keer dokter toe. Het oggende stadig en laat begin. Sekerlik het publieke skole ook sulke weke waar dit moeilik gaan, waar dit voel asof die kinders als vergeet het wat jul tot dusver gedoen het, waar die juffrou nie kans sien vir groot projekte of kreatiewe kuns nie want sy spandeer al haar energie aan dissipliene en order skep. Dan sit sy net ‘n dvd aan of sê gaan speel buite.

Maar die werk wat ons wel gedoen het was belangrik en goed. Ek kon sien waarmee Janéy sukkel en aandag gee daaraan. Toe sy wou opgee, neem ek haar op my skoot en hou haar vas en sê sy kan dit doen. Ons het bietjie ge’backtrack’ – dit eenvoudiger gemaak – en sy het weer probeer. My nabyheid het haar moed gegee en sy het beter gedoen en langer uitgehou as toe sy by haar tafel sit.

Die volgende oggend is ek weer treurig en traag om by die klaskamer uit te kom. My oudste verras my en organiseer haarself en haar sussie. Sy neem self haar boeke uit en kry haar sussie aan die werk. Toe ek daar aankom, buk sy oor haar sussie se skouer en verduidelik vir haar hoe om iets te doen. Albei voel so trots en bly om my so te beindruk. Wys jou net, dat wanneer mamma-juffrou bietjie terug staan (of lê), kry leerlinge soms die kans om onafhanglik op te tree en te groei.

So vir julle wat dalk fluks voel wanneer julle e klankie oefen, wil ek so paar idees noem wat jul kan doen, al het ons nou nie.

Paaseiers soek.

Regte eiers verf.

Eksperimente met eiers en asyn.

Lapbooks oor Egipte. Hiers oulikke links vir templates van lapbooks oor Egipte. http://www.homeschoolshare.com/ancient_egypt.php

http://practicalpages.files.wordpress.com/2010/01/ancient-egypt-lapbook.pdf

Engelse oefeninge/ boekie werk/ rekenaar speletjies.
Ons het wel my ouers geskype in Engeland en my kinders het geniet om Engels te praat met hulle Engelse Oupa Roy. Dit was so oulik om te hoor hoe vra my Pa waaroor wil hulle gesels en albei sê in prefekte Engels: “I don’t know.”

Ek eindig met ‘n ekstrak uit Winnie the Pooh:
Toe Winnie the Pooh vir Eeyore vra: Lovely day isn’t it? Antwoord Eeyore: Wish I could say yes, but I can’t.

20140412-081031.jpg

Advertisements

One thought on “Ellendige Eeyore E-week

  1. Pingback: Al die Letters van die Week 2014 | Kieswetter Klaskamer

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s