Vrolike V-week

Ons week het Sondag begin met Vryheidsdag! Hoe vrolik om te vier dat almal mag deelneem in die verkiesing! Ongeag ons land se baie probleme (soos meeste lande in die wêreld), is ons darem vry om te stem vir wie ons wil. Dis ‘n voorreg!

So ek het ‘n stem boks gemaak en die kinders laat stem deur ‘n kruisie in die boks te maak langs die naam vir wie hulle stem. Die opsies was Jesus, die duiwel, Allah of Buddha. Ons het Sunday by ons sekuriteits hek ook genooi om te stem asook die vriende saam met wie ons daai dag gekuier het. Ek is bly om te verkondig dat Jesus met 100% van die stemme gewen het! 🙂

20140502-104606.jpg

Maandag het ons op ‘n uitstappie gegaan saam met vriende na die Voortrekker Monument. Wat ‘n verfrissende dag van leer oor die Voortrekkers. Die kinders het gesien hoe hulle aangetrek het, waarmee hulle gekook het, die poppe waarmee hulle gespeel het en die voortuig waarmee hulle gery het. My oudste dogter het gehuil toe sy die muurbeeld sien van Piet Retief se moord. Sy wil nie hê dat daar geweld of oorloë moet wees nie. Ongelukkig, is my vredeliefhebbende kind in vir ‘n paar nare verassings soos sy meer oor geskiedenis en ons wrede wêreld leer.

20140502-105251.jpg

Ons het vriendelike gesprek gehad oor die Vrugte van die Gees saam met ons boom en vrugte wat ons vroer die jaar gemaak het. Die vrugte is apart gelamineer en met Prestik opgeplak. So, ek het hulle weer afgehaal en elkeen bespreek met voorbeelde van wanneer my dogters so optree. Hulle verstaan mooi wat dit is om liefde of sagmoedigheid te wys teenoor mekaar. En ek moet sê, toe die kinders weer hoor watse goeie gedrag hulle moet toon om soos Jesus te wees, was hulle gemotiveer om so op te tree. Deur die week sal ek hoor ‘Mamma, ek was nou baie geduldig’, of ‘Kyk hoe laat ek Lani lag, dis joy né Mamma?’ omdat hulle graag daardie vrug op hulle boom wil vertoon. Ek kan dit regtig aanbeveel, dit is ‘n ander metode om dissipline te handhaaf in ‘n klaskamer.
“Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie.” (GALASIËRS 5:22, 23 AFR83)
Ons versamel voorwerpe vir ons tema tafel (rak) aan die begin van die week. Ons het deur ons eld gestap opsoek na vere vir ons V-letter. Ek het ook een voet geverf sodat hulle ‘n voetspoor kan los op die vel papier.

20140502-111754.jpg

Vir Wiskunde, moes Janéy somme doen met die hulp van haar vingers. Ek voel as sy eers so begin, verstaan sy goed wat ek verwag. Verder het albei prente gemaak met vierkante. Ek het begin om vierkante te meet en sny uit kleurvolle papier en toe wou Janéy my help. Sy het die meetings met die liniaal baie geniet. En ek besef ek moes haar van die begin af laat meet sodat sy sien ‘n vierkant se kante is almal ewe lank. Ek wil ook meer meet werk vir haar gee om te doen want ek het sommer ‘n drukkie van dankbaarheid van haar gekry! My kleuter het self besluit om ‘n koek prentjie van vierkante te maak. Sy verjaar volgende week so sy het verjaarsdagpartytjie aan die brein! Ek my oudste gelos om haar vis prentjie te maak (ook haar eie idee!) Ek wou elp met vorm en vinne maar moes self-beheersing beoefen om terug te staan en toe te laat dat sy dit self voltooi.

20140502-140756.jpg

Ek was dankbaar vir die Bazoo tydskrif (www.bazoo.co.za) wat pragtige v-tema werkies gehad vir my amper vier-jarige. Sy werk vinnig deur die leersame blaaie wat my kans gee om my Graad Eentjie te help.

20140502-141957.jpg

Sigwoordjies wat Janéy moes lees en skryf die week was: vier, vyf, vir en van.

Ons het baie vis vingers geeet die week. Gelukkig is my kinders mal daaroor. Ook vleisie gebraai op die vuur.

Mooi leesboek was ‘Vat hom, Vonkie!’ ‘n Op-soek-boek deur Neil en Ting Morris. Die kinders het vir al die v-woordjies in die prente gesoek.

Woensdag het maatjies kom kuier en toe speel ons vingerbord saam. Dankie aan my ouers wie die bord aan ons geskenk het toe hulle immigreer.

20140502-142917.jpg

Die kinders het ook voeltjiekosstokkies gemaak met grondboontjiebotter en saadjies.

20140502-143238.jpg

En toe stuur ons die kinders om ‘n paar goed in die veld te gaan vind: 3 voëls, 2 vlinders, 1 veer en 1 vliegtuig. Soos hulle elke item sien, merk hulle dit af op die lysie papier wat ek voorsien het.

Daarna het elkeen hulle eie vingerpop gemaak. Janéy het my vooraf gehelp om die felt met naald en garing toe te werk.

20140502-144855.jpg

Ons het baie geverf die week van vrolike vlinders en vinnige vissies. Volgende week vier ons twee verjaarsdae, my jongste word een en my middelste word vier. Intussen het ons ook die verkiesing. Baie v’s om verder ons v tema mee te versier!

Voorspoedige verkiesing vir julle, ons vennote en vriende! 🙂

Advertisements

One thought on “Vrolike V-week

  1. Pingback: Al die Letters van die Week 2014 | Kieswetter Klaskamer

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s