Interessante I week

20140517-083520.jpg

Baie lande begin met I so ons het bietjie Aardrykskunde en Sosiale Wetenskap gedoen die week. Nadat ons deur al ons alfabet boeke gewerk het om te sien watse woorde begin alles met I, kyk ons op die wêreldkaart en soek al die lande wat met I begin. India, Indonesia, Israel en Italia o.a. Toe lees ons in ons sendeling boek ‘Jy kan die wêreld verander’ van Indonesia en die groot herlewing wat hulle daar so 50 jaar gelede beleef het. Die land het omgekeer van Islam as gevolg van die Christene se gedrag teenoor die Kommuniste! Almal het die kommuniste gehaat, maar die manier hoe die Christene met liefde en vergifnis opgetree teenoor die vyand het so groot indruk gemaak dat mense begin bekeer het! Die land het van ‘n Islamitiese staat verander tot ‘n meederheid Christene! Wys jou hoe Christene ander kan inspireer deur liefde!

Om die oorsprong van Islam te verduidelik, het ek my kinders die Bybelstorie van Abraham se seuns, Isak en Ismael. Die Moslems is mos afstamelinge van Ishmael. Die vraag wat ek rig aan my kind aan die einde van die storie is, moes Abraham ooit met die diensmeisie Hagar die seun Ishmael gehad het? Sy sê toe nee. Natuurlik is dit ‘n reuse teologiese en filosofiese vraag, maar in ons oë, is dit duidelik dat sonder Ismael sou daar nie vandag miljoene Moslems wees nie. Sy kon dit verstaan en dis die kritiese denke wat ek wou aanmoedig!

Ons het stories uit India gelees in ons uitstekende boek ‘Kinders van die Wêreld’. Baie fantasie wat my kinders se aandag behou het al is daar min prentjies. Daar is wel heelwat wit en swart prentjies van kinders in India en die leefstyl daar. Die armoede tussen die pragtige geboue en paleise. Die kleredrag en kos wat geeet word. Ek het vir Janéy gewys hoe sit sommige kinders buite in die son met hul boeke op hul skoot want hulle kan nie klaskamers bekostig nie! En nog meer kinders wat nie tyd kan bekostig om na so buitelig ‘skool’ toe te gaan nie. Hulle moet werk sodat daar kos is vir hulle daardie aand!

20140517-074636.jpg20140517-074521.jpg

20140517-074659.jpg

20140517-074723.jpg

Hierdie kinders moet werk vir kos en klere en kan glad nie skool toe gaan nie. Die oudste seun maak ‘n lem skerp terwyl sy jonger broer die wiel draai deur die tou te trek.

20140517-074739.jpg

Verhale van India: Sout is soeter as suiker

20140517-074754.jpg

Insekte begin ook met ‘n I so ons het geleer wat maak ‘n insek ‘n insek. Oulike YouTube video gekyk daaroor. http://m.youtube.com/watch?v=DUPXkWqC1aA Toe kon Janéy kies watse insek wou sy teken en ek wys haar hoe mens die dele van jou prentjie te ‘label’.

20140517-075957.jpg

Vanaf die verkiesing, het ek beplan om vir hulle Identiteitsdokumente te maak. Ons het fotos van elkeen gesoek, en hulle regte ID nommer op hul geboorte sertifikaat gaan kry en ook ink gekoop sodat hulle soveel stempels in hul boekies kon maak soos hul wou. Janéy het ook opgelet dat ek stickers het in my ID boekie, so toe plak sy stickers in haar boekie.

20140517-083336.jpg

20140517-083359.jpg

Ek het net met ‘n mes ‘n opening gesny in die boonste reghoek van die boks. Ons het sosatie stokke gebruik om die prinses prentjies op te plak en siedaar, ons het ‘n poppe vir ons poppekas!

Toe sien ons iets op die televisie program Art Attack en besluit om dit die volgende dag te maak. Dis ‘n boks poppekas en ons het prinsesse uit ‘n prinses inkleurboek ingekleur en uitgeknip. Ja, niks te doen met die I klankie nie behalwe dat dit ons intereseer. 🙂 En ek was verbaas hoe opgewonde my dogter was om hieraan te werk. Sy het sonder ophou geverf en geknip en gepraat van die ‘karakters’ en die toneel. Sy wou hê ek moes Google hoe lyk die Prins se klere sodat sy dit presies reg kon inkleur. En toe natuurlik het sy groot show gehad vir ons daardie aand.

20140517-083417.jpg

Ons het die akwarium, wat ons met die a klank gemaak het, gebruik vir die seetoneel vir Arial en Flounder.

20140517-083436.jpg

20140517-083502.jpg

20140517-083520.jpg

 

Ek het toe gesien hoe graag ‘n kind sal werk en hoe baie hulle leer as dit iets is waarin hulle belangstel.

Advertisements

2 thoughts on “Interessante I week

  1. Pingback: Al die Letters van die Week 2014 | Kieswetter Klaskamer

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s