Ice Ice Baby!

20140718-111931.jpg

Hierdie week was Y week! Y vir yskoud! Y vir ys! En Ystervarkies!

Ons het Maandag en Dinsdag lekker hard boeke werk gedoen want Woensdag was bak en brou dag en Donderdag was Mark Dag! Ek het elke dag so geniet!

Ek gaan nou nie al die werkies wys nie, maar vir die wat wonder, ek maak gebruik van Slimkoppe Wiskunde Graad 1 asook Kumon Addition en ander werkboeke wat ek by boekwinkels opgespoor het. Ek het ook oo werk kaarte afgekom van my dogter se Graad R jaar in die skool. Ilani (4) kan van daardie werkies al doen. (Sy tel en ek skryf vir haar die antwoord, behalwe die 4 wat sy self kan skryf 🙂

20140718-113453.jpg

Wiskunde met ys

Ons het water gemeet in ‘n meetkoppie, dit gekleur met voedselkleursel en dit gevries. Ons wou sien of water in milliliters dieselfde sou weeg in gram. Ons meet toe 25ml, 50ml en 75ml en vries al drie. Toe dit ys was, weeg ons elkeen en wonder bo wonder, dit weeg toe 25g, 50g en 75g onderskeidelik.

Taal
Ons gebruik ook Slimkoppe Afrikaans Graad 1. Ek soek vir werk wat te doen het met die letter van die week. Hierdie week kon ons werk op bladsy 43 wat oor voorsetsels gaan. Baie woordjies wat eindig met y. Hy, sy, jy en my.

Janéy werk ook elke week in Alfabetland werkboek. Ek hou van die inleiding tot begripstoetse wat hierdie boek verleen.

20140718-155042.jpg

Lees
Ek hou baie van Slimkoppie se leesboeke. Ons vorder daarmee. Maar die week het ek nuwe leesboekie aan haar bekendgestel: ‘Oeps’ van die Begin Lees reeks. Sy het dit baie geniet. Die woordjie ‘kyk’ word baie herhaal in die boekie, so sy ken dit ook nou goed.

20140718-160041.jpg

Wat ons ook elke week doen is om letters uit te pak om woorde te bou. Ek vra, “Bou vir my ‘wys'” en sy soek die letters en pak dit uit. Ons is nou by die punt waar sy sinne opmaak en dan bou ons dit saam, (want sy kies soms groot woorde wat sy nog nie kan spel nie). Hierdie metode bou haar self-vertroue en is die stappie voor skryf. Ek hou daarvan om haar te vra om die sin wat sy gebou het, nou in haar boek te skryf. Sy kan dan ook die sin tik op die iPad. Sodoende, oefen sy die woordjies op baie verskillende maniere.

Wetenskap
Ons het met ys eksperimenteer! Eers gekyk in WĂȘreldspektrum hoe lyk ysberge en gesien hoe 90% van die ys onder die water lĂȘ. Toe wou ons kyk of dit so sal wees met ons ys blokke.

Ons vries toe klein dinosaurusse in water. Dis iets wat ek op Pinterest gesien het. Sit ‘n klein dinosaurus in ‘n gewone ballon. Gooi water in die ballon, maak toe en plaas in die vrieskas. ‘n Paar ure later is daar Ice Age tiepe gevriesde Dinosourus eiers!

20140718-144833.jpg20140718-144850.jpg

Toe plaas ons die Dino eiers in water en kyk hoe baie van die ys steek bo die water uit. My kinders kon sien dat alhoewel die ys dryf, dit meestal onder die water se oppervlakte dryf. Ek verduidelik toe van Titantic wat die ysberg getref het. Dat dit moontlik gelyk het of die groot skip sou verby die ysberg vaar, was die yslike stuk ys onder die water die gevaarlikste deel en veroorsaak dat die skip gesink het. Janéy het opgemerk dat niemand moet dink iets is so goed dat dit nie kan breek nie, want dit is dan wanneer dit wel breek! Nogal so met mense ook né.

20140718-145934.jpg

Ons wou nog speel met ys, so ek haal roomys stokkies uit om in water te plaas om te vries. Ek sou die stokkies net laat lĂȘ het in die water toe JanĂ©y my keer. “Wag Mamma, ek weet hoe ons die stokkie regop kan laat staan in die water.” Sy hardloop toe na ons kombuis laai en haal wakspapier uit. Sy wys my hoe ons die wakspapier oor die ysbakkie kan plaas. Ek raak toe opgewonde en maak klein glefies in die papier met ‘n skerp mes. Elke stok glip toe netjies deur en staan wraggies regop in die water! Ek was so trots op JanĂ©y!

20140718-145945.jpg

So toe dit klaar gevries was, kon ons ysbootjies maak! Ek het die idee hier gekry. https://juffer.wordpress.com/tag/water/

20140718-150305.jpg20140718-150343.jpg

Ons het ook met ys geverf! Eers met water pastelle ingekleur. Great produk by Pick ‘n Pay gekoop. Kan as pastelle gebruik word of met water oor die pastelle prentjie gevref en dit word dan soos verf.

20140718-151356.jpg

JanĂ©y het in haar boek geskryf en geteken van die 3 Vorms van Water. Ek het toe weer gesien hoe baie geniet sy teken en besluit ek moet seker maak ons teken baie en kunsklasse is ‘n vereiste!

20140718-151738.jpg

Woensdag was dit tyd om te bak! Die kinders was baie ywerig en ek was beindruk met hulle uithouensvermoĂ«! Toe die koek klaar was, het ons ‘n produksielyn begin: Ek sny die koek in reghoekies, Ilani doop die koek in die sjokolade sous en JanĂ©y rol dit in klapper. Dit was ook haar idee om ons ystervarkies gesiggies te gee met klein stukkies Liquorice All Sorts. Tenike het vir 3ure soet geslaap sodat ons kon klaar kom!

20140718-151807.jpg

20140718-151835.jpg

20140718-151848.jpg

Donderdag breek uiteindelik aan (soos JanĂ©y al die hele week met opgewondenheid skree “Ek kan nie WAG vir Donderdag om aan te breek nie!”). En ons is vroeg reg vir Kiddies Market! Dit is ‘n nuwe kos, sweets en speelgoed mark wat gedeurende skool vakansies gaan plaasvind. Uitstallers betaal slegs R20 vir ‘n klein rakkie op mee uit te stal. Daar is ‘n mooi speelarea, toiletgeriewe en kragpunte sou jou stalletjie so plek nodig het (soos ons s’n wel gedoen het!). Selfs veilige plek vir vuur sou jou kind wou braai! Die hele idee is dat jou kinders help met die produkte maak en aanskaf en dan ook deelneem in die verkoop daarvan. Ek sien uit om ‘n ordentlike besigheidsplan op te trek met die kinders en konspete te leer soos profeit, verlies, kostes, ‘float’ ens. Maar vir ons eerste keer was dit net die ontvang en gee van gelde. Laat hulle eers ‘n smaakie kry van verkoop en geld maak voordat hulle meer daaroor hoef te leer, dink ek. En die aankoop van goedere by ander stalletjies was natuurlik ook baie Yum!

20140718-153012.jpg

20140718-153025.jpg

20140718-153043.jpg

20140718-153051.jpg

Ons planne vir die naweek? Ysskaats, roomys eet en Disney on Ice gaan kyk!!

20140718-155051.jpg

 

Advertisements

One thought on “Ice Ice Baby!

  1. Pingback: Al die Letters van die Week 2014 | Kieswetter Klaskamer

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s