Verslag van Afrikaanse Apps vir kinders

Ek is altyd opsoek na oulike apps vir my kinders (vir my iPhone of iPad). Ek het die Afrikaanse lysie apps gevind op die webverf: http://www.holderstebolder.co.za/afrikaanse-apps/ en hulle gekoop en uitgetoets sodat ek julle ingelig kan hou.

Olke Bolke R21,99
Ontwikkel deur Carien van Zyl http://www.facebook.com/cleverkiddo
Ses mooi Afrkaanse liedjies gesing deur Elizabeth Fourie. Daar is drie instrumente wat gekies kan word sodat hulle raas elke keer wat kleintjie daarop druk. Tamboryn, klokkies en maraka. Die liedjies is mooi maar die speletjie te eenvoudig. Dit het my babatjie bietjie vermaak met die lang pad.

Kleuter Pret
Kleuter Pret is ‘n Afrikaanse opvoedkundige iPad app wat ontwerp is vir 3-5jariges met die doel om skoolgereedheidsvaardighede op ‘n pret en speel manier te ontwikkel.
Temas: Skool, Wilde Diere, Vervoer, Strand, Plaas, Ek, Vrugte, Insekte, Winter (Jy kry net een op ‘n slag en elkeen kos R11,99 om by te koop.)
8 Aktiwiteite sluit in letter oefening, vorm oefening (net een vorm per tema) prentjie flitskaarte met agt woorde wat by tema pas. Volg die lyn aktiwiteit, Getal flitskaarte, pas en verbind aktiwiteit.
Die aktiwiteite is maar eenvoudig en, in my opinie, vervelig. Een letter oefening en een vorm per tema is nie vir my genoeg nie. En as mens nie reg teken oor die woord of letter nie, is daar niks wat jou reghelp of keer nie.
Daar is ook geen stem wat alfabet letters of nommers uitspreek of sê nie, so in my mening kan mens net sowel ‘n Engelse gratis app aflaai en jou kinders in Afr laat tel en opsê.

Die Gemmerkoekman (van Picsterbooks) asook Die Drie Varkies is stories vertel deur Ancri Swanepoel, met illustrasies deur Natalie Murrow. Ek is relatief beindruk met hierdie app omdat die animasie oulik is, die storie mooi in afrikaans vertel word en daar ‘n video by is van gebaretaal. Daarom leer hoorende kinders gebaretaal en dowe kinders sal die storie ook kan volg. En dis GRATIS wat uitstekend is! Al ding is, as mens die storie so paar keer gekyk het, is dit genoeg.

Aardvaart (deur Picsterbooks) R41,99 Die alfabet met Afrika diere wat beweeg as jy daarop kliek. En die naam van dier word hardop gesê, bv ‘Buffel’. Die naam van die letter asook die klank word hardop gesê wanneer jy daarop kliek. Die egte geluide van die diere is ook hoorbaar bv Jakkels en leeu geluide. Die app is goed vir alfabet oefening maar ek dink dis te duur.

Om op te som, spaar julle geld en ‘download’ gratis Engelse apps. Dis ‘n sterk oordeling om te maak maar ek dink Suid-Afrikaners het nie genoeg geld of kennis om die selfde gehalte apps uit te bring as oorsee nie. Ek daag wel jou en jou kinders uit om te leer ‘code’ (met speletjies soos Tynker) en julle verbeelding te laat gaan sodat julle eie speletjies uitdink en ontwikkel. Deesdae kan enige iemand ‘n app ontwikkel en dit beskikbaar stel tot die wêreld, so moet niks jou keer of beperk nie!

Ek sal binnekort post oor goeie Engelse educational apps vir kleintjies. Maar kry solank Maths 3-5 deur Eurotalk. Dis briljant en free!

Advertisements

6 thoughts on “Verslag van Afrikaanse Apps vir kinders

  1. Hallo Janet

    Dankie vir die artikel. Dit is altyd lekker om te sien dat ouers gesels oor die goed. Ek hoop tog dat ek jou kan oorreed dat daar wel afrikaanse apps is wat die moeite werd is. 🙂 Ek wil graag vir jou kopie gee van 2 van my ander afrikaanse apps, nl. Ollie Onthou en Seisoene deur Cleverkiddo. Sal jy asb. jou epos adres vir my stuur sodat ek vir jou die gratis kopiee kan organiseer?

    Vriendelike Groete,
    Carien

  2. Pingback: Nog 3 Afrikaanse apps | Kieswetter Klaskamer

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s