Hoe leer ek my kind om te lees?

Dit was my grootste doelwit. Toe ek die einde van laas jaar my planne vir die jaar met my skoonfamilie deel, was om my oudste te leer lees die grootste verantwoordelikheid wat op my skouers gerus het.

Daar is ses groot vaardighede wat nodig is vir ‘n kind om te kan lees:
Visuele Persepsie (Sien die verskil tussen letters)
Ouditiewe Persepsie (Hoor die verskil tussen verskillende klanke.)
Visuele Geheue (Onthou wat jy gesien het.)
Ouditiewe Geheue (Onthou wat jy gehoor het.)
Visuele en Ouditiewe Integrasie (Sit wat jy hoor en wat jy sien saam.)

Van hierdie hoof vaardighede, is daar ander wat afstam soos diskriminasie en analise en sintese.

Maar wat ek graag wil sê is dat al hierdie vaardighede bou op die fondasie van Letters van die Alfabet leer. Mens kan nie verskille tussen letters sien of hoor as jy nie eers die een letter behoorlik geleer het nie. Ek voel skole begin te vinnige klanke wil saam sit en woorde wil bou voordat hulle seker is elke kind ken al die letters van die alfabet deeglik!

Daarom, as jy jou kind tuisonderrig, moet nie voel jy moet ‘n letter in ‘n week klaar maak nie. Neem jou tyd en spandeer so lank soos nodig op ‘n letter. Laat jou kind al haar sintuie inspan op die woord te sien, hoor, skryf, voel en sê.

Ouditiewe Geheue

Dit is om te onthou wat jy gehoor het. Sodat as jy ‘n woord uitklank, kan jy die begin klank nog onthou teen die tyd wat jy die laaste klank gesê het. Volgens ons spraakterapeut, moet ‘n kind een woord kan onthou vir elke jaar van hulle ouderdom. So my dogtertjie moet ses nommers in ‘n ry vir my kan terugsê nadat ek vir haar dit opgesê het.
Bv: Herhaal agter my aan: 8 2 5 3 10 4.
Sy het dit moeilik gevind en ek kon dit sien in die lees. Sy sou die klankie uitklank m – a – t en dan ‘n woordjie wil sê wat met t begin. Die m is reeds uit haar geheue uit.
Ons het baie oefeninge gedoen om hierdie te versterk maar verbetering was nie dadelik sigbaar nie. Vind
Oefeninge vir Ouditiewe Geheue Oefeninge-Speletjies.

Ouditiewe Diskriminasie

Dis basies om te kan onderskei tussen verkskillende klanke. ‘n Kind moet die verskil tussen b en d kan hoor.
Ek het agtergekom my dogter kan nie altyd ‘hoor’ wat die klank is nie. Ek sou sê ‘bal’. Waarmee eindig die woord bal? Sy sou dink en probeer en dalk die ‘b’ klank sê. Ek sou dit oor en oor stadig sê en klem lê op ‘l’ maar sy sou soms nogsteeds sukkel. Dan laat ek haar na my mond kyk om te sien hoe vorm ek die klank ‘l’ en dan eers kan sy sien wat ek sê. Ek bring dan haar visuele vermoë by wat haar help om te hoor.

Hoekom sukkel my kind so om te hoor? Wel, ek het haar geneem vir gehoor toetse en sy het baie vog in haar ore toe gehad as gevolg van verkoue. Sy is nie ‘n sieklike kind nie maar het drie keer ooronsteking gehad in haar eerste jaar. Sy het nie weer ooronsteking gehad nie, so grommits was nie nodig nie. So dis moontlik dat haar gehoor so effens van ‘n agterstand ontwikkel het of moontlik is dit net iets waarop ons meer attent moes wees.

So ons, saam met die spraakterapeut, het baie gewerk aan ouditiewe persepsie en geheue. Daars oulike speletjies en die oefeninge is prettig maar intensief! My kind het soms moeg en moedeloos geraak en dan sou ek die werkies bêre en ‘n boek optel om vir haar te lees.

Ek het net voortgegaan met die letters en klanke van die alfabet leer. En toe ek sien die 3 letter klankies gaan te moeilik, gaan ek terug na 2-letter klankies. B + a is ba; t + e is te. Dis ‘n stap wat ons uitgelos het. Ons moes ‘n treetjie terug gaan.

Intussen leer ons nog die sigwoordjies. Sigwoorde is woorde wat kinders moet ONTHOU, nie uitklank soos ander woorde nie. Want ‘die’ werk nie as mens dit uitklank nie. ‘n klink soos i maar sy moet dit leer en ken.

Ek het gaan uitvind oor ‘n leessentrum by ‘n bekende privaatskool. Hoe help hulle kinders leer lees? Ek was verras om te besef dat hulle gebruik maak van ‘n rekenaarprogram! Daars nie persoonlike hulp of raad of metodes om te leer lees nie. Die kind is voor ‘n rekenaar neergesit en doen persepsiële oefeninge tot hulle kan lees. Eintlik moet die kind reeds kan lees om die leessentrum te benut! En dan is dit lees op verskillende spoed en begripstoetse na die tyd. Die oog word geoefen om aan te hou beweeg en meer vlot te lees. Baie oulike rekenaarprogram maar ek was bietjie teleurgesteld en ook triomfant want nou is daar weer bevestiging vir my dat ek nie my kind hoef te neem vir lees oefening nie, ek kan eenvoudig self die leesprogram aanskaf en haar meer begelei as die skool sou kon!

Toe laas week haal ek Klanke Sonder Trane 1 uit. Dis pragtige oefen werk deur elke letter van die alfabet. Ek dink eers, “Ag nee, ek moes dit al lank al deel van ons werksweek gemaak het, dit oefen dan al die letters in die alfabet!” En toe ons met die a-bladsy begin, gebeur ‘n ongelooflike ding: Janéy lees toe vinnig en maklik al die 3-letter woordjies! Ek raak baie opgewonde. Skielik is daar deurbraak! Skielik is die geheue en sintesis en alles wat moet werk, daar! En ek besef ons kom nou by die boek uit presies op die regte tyd!

Want nou vul sy nie net die a-letter orals in nie (wat sy sou doen in die begin van die jaar toe sy net ‘a’-klank geken het) maar sy kan eintlik nou elke woordjje lees wat daar staan!

En ek wonder wat dit is. Hoekom werk dit nou? Is dit al ons ouditiewe geheue oefeninge deur die jaar? (Het seker bygedra.) Of is dit omdat sy ouer is – amper 7 – en nou werk daai deel van haar brein? 😜 Of om dit mooier te stel, nou het sy die vermoë.

Ek onthou toe sy moes leer potty-train. Ek het haar op 3 na die dokter toe geneem en bekommerd vertel dat maak nie saak wat ek doen nie, sy knyp nie daai piepie nie. Toe sê die dokter dat ek moet ontspan en haar los. Want haar liggaam was nog nie instaat om te knyp nie. Sy sê wat help dit ek forseer haar en haar lyf is biologies nog nie gereed om te potty-train nie?

So, daar is mense wat sal stry en sê ‘n kind kan geleer word om iets te bemeester. Enig iets? Enige ouderdom? Meskien.

Maar in my ondervinding was dit voordelig vir ons, om Janéy op so ‘stadige’, eerder normale, pas te leer lees, totdat sy instaat was om te lees. Ek het nog nie die boek, ‘Better late than early’ deur Raymond and Dorothy Moore gelees nie. Maar ek dink ek stem saam met hulle siening. Moenie jou kind druk om iets te snap nie. Lei hulle bietjie vir bietjie. Soek alternatiewe as die eerste metode nie werk nie. Vind prettige en oorspronklike maniere om dieselfde ding te oefen. Inkorporeer jou kind se belangstellings. En laat jou kind besef dat lees, ‘n wonderlike ontdekkingsreis is.

Advertisements

32 thoughts on “Hoe leer ek my kind om te lees?

  1. Pingback: Pampoen Koets oe Week | Kieswetter Klaskamer

  2. Ek sit met hierdie kind van my 10 jaar oud. Hy wil nie lees nie en se hy kan nie en as dit n klein boekie is met 12 blaaie in en 2 ryetjies wat hy op elke blad moet lees raak hy moedeloos en se moet hy alles lees. Ek het geen keuse gehaad om my kind uit die skool te haal en tuisonderig nie Nadat klein boetie met dieselfde probleem begin het nie. Kan nie klank kan nie lees nie. Hoe kry ek my 2 aan die lees ek het al als probeer met hulle. My oudste het vir 2 jaar n aarbeidsterapeet gaan sien en my jongste vir n jaar, niks het gehelp nie. Ons bly dis ver van als en hier is geen spraak terapeet naby ons nie. Verlede jaar het een kom besoek maar daar was net genoeg tyd om hulle te toets en nie te help nie. Waar begin mens sonder enige hulp. Ek het selfs hom gevat om boeke uit te neem waar hy in belangstel en dit het ook niks gehelp nie. Baie van sy werk wat hy moet doen is soos woord somme en so aan. Maar ek moet elke slag vir hom dit lees want hy bly net se hy kan nie. Ek het hom al gewys Lees is belangrik want oralis goed wat belangrik is om te lees, maar die kind wil nie. as ek hom kry kom vra hy vir my wat daar staan moedig ek hom aan omself dit te probeer lees se hy net weer hy kan nie.Ek is nou moedeloos ek het al oral gesoek vir hulp op die internet en kan niks vind nie wat ek dalk anders kan probeer. Baie moedeloose mamma
    Volgende jaar begin hy met baie lees werk en vraestelle hoe kan hy as hy dit nie wil lees nie.

    • Sjoe Natascha, ek kan my indink hoe frustreerd jy moet voel! Na al die jare se probeer!
      Jy het seker al getoets vir disleksie?
      Al wat ek kan dink is om vir hom baie interessante stories te lees. Het jy dalk Jasper boeke of Roald Dahl in Afrikaans? Dan lees jy vir hom een hoofstuk elke dag. Hopelik raak hy so nuuskierig, dat hy self klaar lees.

      Ander idee is rekenaar/xbox/playstation speletjies wat baie lees vereis. Ons het 3 Varkies en Gemmerbroodman op die iPad. Die woorde is daar saam prentjies en klank.

      Ek kan jou angs verstaan. Hy raak ouer en soos jy sê, sy werk vra dat hy moet lees. Maar die druk put jou en hom uit. So dit werk nie om hom te forseer nie. Die hele punt van tuisonderrig is om die druk weg te neem en op die kind se pas te beweeg. So kyk of hy met sy sterkpunte kan woeker en wag dat sy wil om te lees self inskop. Dis ongelukkig my raad.

      Baie sterkte!

      • Ek het hom laat toets. Hulle kry geen fout. Ek het big boet you name it als probeer maar nee a net mooi niks help. Ek het nou die Ek kan lees boekies gekoop maar nee wat hy het net geen belangstelling nie. Hy is reeds 2 jaar al agter. Hy is in kleurerskool agter gehou oor hy end van die jaar verjaar toe in gr 1 ook agter gehou hy is nou gr3 hy moes nou al eintlik in gr 5 gewees het. Dit maak my bekomerd want n onderwyser het vir my gese dat hulle hom nie meer agter kan hou oor sy ouderdom nie, hoe gaan hy die volgende jaar se werk kan doen as hy nog nie eers gr 3 se werk kan doen nie. Wat gaan van my kind word.

      • Shame Natascha! jy sal moet ophou vergelyk met skool. Dit is wat jou so moedeloos maak. Jy gaan ‘n hele nuwe benadering moet probeer. Doen jy Impak? Dit gaan nie langer vir julle werk nie.
        Lees op oor Unschooling of die Montessori metode. Ook ‘n goeie boek: Better Late than Early.

        My kind is ook ‘agter’ as ek haar in die skool sou gehad het maar ek kan nie meer so redeneer nie. Sy is nie meer in skool nie. Sy progress stadig maar seker. Sy is gelukkig en kreatief. Ek laat haar baie teken want sy hou daarvan en sy is goed daarmee. Saam baie teken kom bietjie skryf.
        As ek haar in elk geval nooit weer in die skool gaan sit nie, hoef sy nie ‘by te bly nie’. Sy kerf nou ‘n nuwe pad.

        Jou seun het dalk ambiesies en talente wat min lees inhou. Wil hy boer? Laat gaan jou kennis van waar hy MOET wees en waardeer hom vir wie hy is!
        Ek sal aanbeveel dat jy met Martie du Plessis gesels. Sy is ‘n homeschooling konsultant wat jou in die regte rigting kan wys. Haar webwerf is http://www.dunamis.co.za

      • Ek gebruik op hierdie staduim geen program nie. Ek laai maar al hulle werkies van die internet af. Meederheid is lees betrokke wat mens kan aflaai.

        Ek doen klanke en somme, kuns en lees en so nou en dan neem ons n wetenskap boek uit.

        Ek vat dit maar stadig met hulle, wil net graag he hy moet probeer lees, ek se altyd vir hom daar bestaan nie n ding soos ek kan nie nie. Ek het hom al op die game hay day ook laat hy self moet vra vir iets en as hulle terug antwoord eit moet lees maar hy wil nie. Hy hou van teken maar deesade is dit ek weet nie wat of weet nie hoe nie. as hy net meer vertroue in hom self kan kry wat die aarbeidsterapeet juis probeer het maar dit gaan maar moelik.

      • Hulle wys vir pa hulle werk en hy moedig hulle aan. Die selfbeeld storie kom van die skool af. Hy praat nie oor wat gebeur het met hom nie maar wel met ander kinders. Soos bevoorbeeld juffrou het vir daai een gese hy is n babatjie. Ek weet nie wat vir hom gese is nie ek het hom al by sielkundiges gehaad en daar het ook nie veel uit gekom nie.

      • Sjoe! Klink vreeslik! Dan gaan dit seker tyd neem vir hom om weer selfbeeld te bou. Maar hy het dan ‘n knou gekry by die skool.
        As hy byvoorbeeld met ‘n baba vergelyk was (is dalk hy gewees), dan sal hy nie glo dat hy kan lees nie. Arme kind! Kan nie glo daar is sukkel onnies nie!
        Praat dalk oor leuens en die waarheid. Die duiwel wil vir ons sê ons is nikswerd nie en kan niks reg kry nie maar God sê in sy woord dat ons Koningskinders is, daarom Prinse en kan ALLES DOEN met Hy wat ons krag gee.
        Ag ek brainstorm net hier.
        Klink vir my julle oorlaai hom met bemoediging en liefde, maar laat nie toe dat hy opgee nie. Dis presies reg! Vertrou dat mettertyd sal sy hart genees en hy besluit hy gaan nie vir daai ou stemme luister nie. Dalk sielkundige help weer inbring op ‘n stadium.
        Baie sterkte!!

      • Hy was einde verlede jaar by een. Sy het aan beveel laat ons geen sins van die skool voor hompraat nie. Ons kry net sielkundiges en spraakterapeute elke 6 maande. Dis maar moelik om so ver van als af te wees. Ons bly in Namibia.

      • O ek sien. Reageer jou seun sleg as julle van skool praat? Dis vir my vreemd dat sy sou aanbeveel om die onderwerp te vermy!? Ek sou juis dink dat gesprek en praat daaroor gaan die genesings proses vinniger laat gebeur. Om stil te bly daaroor hardloop mens weg van die probleem en gee dit mag.

        Ek het ook sielkunde geswot, is gekwalifiseerd as kinderberader en spelterapeut. Maar ek besef ek is nou teenstrydig met daai sielkundige se raad wat jou deurmekaar kan maak. Ek weet te min om te oordeel.

      • GSy het net gese dat ons weet daars n probleem met die skool endat ons nie van die skool by hom moet praat ni. Ek het hom by 3 verskulende sielkundiges gehaad die ander 2 het net toetse gedoen.

      • Hi Natascha
        Ek het nou net ‘n e-pos gelees van ‘n mamma wat ‘n ander vrou antwoord oor haar seun. Dit is so gepas vir jou situasie dat ek dit graag met jou wou deel:
        Hello Laurette

        Baie van ons het seuns wat glad nie kan konsentreer en/of op hulle eie werk nie, en tog weet ons dat hulle BAIE intelligent is.

        Jou kind HOEF NIE te kan stilsit voor ‘n boek om te leer nie. Tuisonderwys gee jou juis die vryheid om alternatiewe maniere van leer te ondersoek. Sodra jy hom vrye teuels gee om sy belangstellings uit te leef, begin hy blom.

        Party van ons is nie in die wieg gelê om akademiese reuse te wees nie. Net soos wat ons almal nie olimpiese swemmers of konsertpianiste kan wees nie. Maar sommige van ons gaan ‘n nutsman besigheid kbedryf, en in aanvraag wees – want niemand anders wil meer met hulle hande werk nie. Of dalk gaan hy boer – en nie ‘n hoerjy boer wees nie, want hy is nuuskierig en weet hoe om navorsing te doen. Dalk begin hy op 17 stilsit en leer, wie weet? Intussen kan hy elke oggend opstaan en die dag met selfvertroue aanpak, want dit wat hy doen is goed genoeg.

        Pasop dat die verwagtinge en opinies van buitestaanders jou nie in ‘n rigting dwing waar jy nie hoort nie, en van jou kind ‘n mislukking maak omdat hulle hom nie verstaan nie. Vergewe hulle, hulle weet nie van beter nie. En neem jou kind daar weg. Het jy hom nie JUIS uit die skool geneem omdat hy nie daar ingepas het nie? Net om hom weer in ‘n ander soort skool in te druk?

        Stel hom bloot aan ‘n wye verskeidenheid onderwerpe deur middle van boeke, youtube, google, skoue, uistappies en so meer. Glo di ten vertel hom dat hy ‘n sonderlike toekoms het en help hom om sy passie te vind en uit te leef.

        Sterkte daar.

        Erika

  3. Hoe help ‘n mens ‘n gr 1 kind wat nie woorde wil of kan klank nie. Sy kan nie die klanke bymekaar bring om die woord te sê wat sy geklank het nie dus is lees op hierdie stadium ‘n nul.

    • Hi Christel
      Baie kinders se leesvermoë ontwikkel eers later. Dis onredelik om te verwag dat kinders die wêreld oor op 7 moet begin lees! Daarom kies party ouers tuisonderrig sodat hul kind kan ontwikkel op haar pas. Dit was een van my redes gewees. My dogter is nou bietjie ‘agter’ volgens skool standaarde maar sy is gelukkig en rustig. Sy geniet lees maar sukkel nog steeds.
      Daar is baie wie glo dat of ‘n kind op 5 of 9 eers begin lees, lees hulle ewe goed teen die ouderdom van 12. So hoekom die kind in ‘n blik druk?
      Baie sterkte vir julle vorentoe!

      Vriendelike groete
      Janet

  4. Goeie more. Mens voel so alleen en verlore as jy met jou kind sukkel, tot jy agter kom dat jy nie enigste mamma is wat nagte wakker lê nie. Ek het ‘n seun wat 12 jaar word en volgens die arbeidsterapeut disleksie is. Sy vraestelle word letterlik vir hom gelees en antwoorde vir hom geskryf. Ek het hom by ekstra klasse gehad wat hom net furstreer het en daar was geen verandering nie. Hy werk ook op ‘n rekenaar program by die skool wat hom leer spel en lees en ek sien geen verbetering nie. Ek werk voltyds en hulle is in die middae by my by die werk, aangesien hier nie ‘n naskool is wat spesiale aandag aan homkan gee nie. Die tyd wat ek aan hom en sy Gr 2 sussie moet spandeer, tussen die werk deur, raak vir my te veel en ek stres my op. Ons sit nie in ‘n finansiële situasie waar ek my werk kan los en meer aandag aan die kinders kan gee nie en om als te kroon sien ek nou dat sussie ook sukkel om te lees. Dit voel vir my ek gee te min aandag aan my kinders en ek weet nie hoe om hulle te help nie. Ons aande net so kort met alles wat moet gebeur.
    Ek is maar net raasend en hoop jy kan my help met raad om my 12 jarige dalk te vat en saam met sy sussie wat 7 is te leer spel. Weet nie waar om te begin nie.

    Lekker dag
    Mariette

    • Liewe Mariette, ek hoor jou dilemma. My hart gaan uit na jou toe!
      Wat ek gevind het werk is om elke letter op papier te tik of skryf en dan te lamineer. Dan het hy iets konkreet in sy hand om woorde mee te bou. Maak seker jy het meer as een van die letters en ook die diftonge (aa, ee, ou, ei ens). Sit als netjies in ‘n kosblik en dan laat hy woorde en later sinne bou met die letter kaarte.
      Gebruik sy belangstellings om sy aandag te behou. Ek het bv prinsesse uit Disney tydskrifte geknip en gelamineer sodat my dogter sinne oor die prinses moes skryf. As jou seun van army manne hou, plak woordjies op julle sodat hy dit in ‘n sin moet rangskik. Of hy moet die name van al die superhelde vir jou neerskryf en later storie skryf daaroor. Dit kan hy langs jou doen terwyl jy werk.

      Ek dink vir disleksiese kinders is dit belangrik dat jy hom laat weet dat hy glad nie dom is nie. Sy brein sien letters anderste. Prys hom oor sy flink dink in ander areas en laat hom weet dat jy weet dat hy baie slim is, juffrouens en terapeute moet nog maniere vind om by sy slim brein aan te pas as dit kom by lees en skryf. Hulle wil hê almal moet dieselfde manier werk maar God het ons almal uniek gemaak.

      Speel jou seun skaak? Dit beoefen ander dele van sy brein en ek glo hy sal baie goed doen en self-vertroue so bou.

      Laat hy jou dogtertjie help met haar huiswerk . Laat hy die onnie wees en moontlik werk dit vir hulle albei.

      Ek hoop dit help.
      Skryf weer as jy nodig het 👍🌸

    • Nog ‘n idee vir kinders wat sukkel met skryf is tik! Kyk of jou seun eerder sy sinne wil tik. Baie keer werk dit beter as skryf en pla die disleksiese dinge nie so veel nie.
      Vriendelike groete
      Janet

  5. Goeie middag, My kleindogter wat naby ons bly het my vanaand gebel en gehuil. “ouma ek kan nie lees nie” Sy is 7 jaar en in gr 1. Hulle klank nie soos ons 50 jaar terug nie. Ek het nou besluit om vanaf volgende kwartaal af elke middag vir haar te help. Weet nog nie hoe om te maak nie maar ek gaan probeer. Ek lees baie boekies vir haar en sy geniet dit vreeslik. Hou asb vir my duimvas
    Isabelle Bester Suidkus KZN

    • Siestog, u kleindogter beleef die druk om te lees en dalk is die pas te vinnig vir haar. Sy is bevoorreg om ‘n ouma te hê wie tyd met haar kan spandeer. Eks seker dat die ekstra tyd en moeite gaan afbetaal! Baie sterkte!

      • Baie dankie Hou (asseblief) duimvas vir ons 2 isabellas
        Sent from my BlackBerry®

  6. Goeie dag, wil graag by u hoor, ons het ons seun ‘n jaar teruggehou vir skool agv hulle gese het hy is nie skoolgereed nie. Hy is nou 7 jaar oud n alhoewel die onderwyser se hy leer perfek vir haar het ons agterkom hy kan nie lees nie, hy sukkel om telees maar wat ons ook agtergekom het n wat dokter gese het is, dat hy memorisieer dit wat hy lees so dit hoekom juf dink hy kan lees. My seun is ADHD ook nog. Wat kan ek doen om hom tehelp lees?

    • Hi Linda
      Ek sou begin by die heel begin en klanke van voor af leer. A vir appel en B vir bal. Weet jy dat die skool so vinnig deur die letters van die alfabet gaan dat baie kinders nie by bly nie. Dit is die eerste bou blok van lees.
      So maak n pak kaarte met een letter op elk en wys vir hom dat hy hulle op sig kan herken. Jy kan dit prettig maak. Hy moet ook n voorbeeld gee van n woord wat begin met daardie letter.

    • Hy hoef nie te sit en lees nie. Laat hy staan of spring soos hy die klankies sê.
      As hy 100% al sy klanke goed ken, begin jy hulle paar sodat hy twee klanke lees saam b a is ba. Ta la pe he gi en so aan. Oefen dit ook met die help van flits kaarte of yskas magnete. Sit en werk is vervelig, laat hom bons op n bal en sy sigwoorde vir jou uitskree soos jy die flitskaarte vir hom ophou. Gaan groot!

  7. Hi daar,my dogter my dogter is 8jr oud en het my meegedeel dat sy nie kan lees nie,hoe help ek haar want sy is tans in graad 3 en lees is verpligtend

    • Hullo Fagmeda, jammer om te hoor oor jou dogter. Dis hartseer dat die skool haar gefaal het maar eks bly sy kon eerlik wees met jou.

      Jy kan haar na ‘n opvoedkundige sielkundige toe neem vir ‘n evaluasie. Sy sal kan sê of daar leerprobleme is. Hulle sal ook aanraai dat jy haar oë en gehoor laat toets. As jy alle fisiese probleme uitgeskakel het, sal ek vermoed dat die pas van leer net te vinnig was by die skool. Hulle jaag deur die alfabet en as mens net een of twee dae afwesig was, kan jy gou agter raak. Maak flitskaartjies van die hele alfabet en kyk of sy almal mooi ken. As sy onseker is, neem tyd (ten minste ‘n week) en oefen daardie klankie orals waar jy gaan. B is vir boom, bed, baba. Trek dit in die sand en teken dit in die botter. As sy al haar klankies goed ken, gaan jy sien sy kan die letters bymekaar sit en die woorde uitklank.

      Koop Tippie boeke by Bargain Books en laat sy rustig lees van die begin af.

      Indien moontlik, haal haar uit die skool en tuisskool haar.
      Sterkte!
      Janet

  8. Pingback: Hoe leer ek my kind om te lees? (Deel 2) | Kieswetter Klaskamer

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s