Daars SO baie om hulle te leer!

Ek het bietjie ge’scan’ deur die boek ‘The Well-trained Mind: A Guide to Classical Education at Home’ deur dogter en ma span Susan Wise Bauer en Jessie Wise. Moet dit nie koop nie! Sover ek kan sien is dit een lang lys goeters wat jy jou kind kan/moet leer, Latyns inkluis! Daars ‘n lysie kunstenaars en musiekante. Hulle verdeel geskiedenis op in 4 jare en beveel 2,5 ure wetenskap per week vir Graad 1! Sy verduidelik hoe om logika aan jou Graad 4 kind te leer. En dis nie alles mooi aanbeveelde goed nie, sy het dit actually saam met haar kinders gedoen! Sy gee bronnelyse en beveel boeke aan. Wonder jy watter wiskunde kurrikulum sal die beste werk vir julle as gesin? Sy gee ‘n opsomming oor al die beste wiskunde kurrikulums beskikbaar. Die inligting loop by die book uit. Ek voel oorweldig, geinspireer, asof ek gaan ontplof met die reuse inhoud van “Dinge om my kinders te leer!”

En asof dit nie genoeg is nie, lees ek Hellen Keller se outobiografie “The Story of my Life” en dan hoor ek hoe haar Juffrou haar donker wêreld verhelder het met kennis. Hoe sy binne drie en ‘n half maande nadat Anne Sullivan die eerste woord in haar hand uitgespel het, sinne op papier kon skryf! Hoe sy haar geleer het van diere en plante deur om
Hellen daaraan te laat vat en voel. Hoe moeilik dit was om abstrakte konsepte soos gedagte en liefde aan ‘n blinde dowe dogtertjie te verduidelik maar hoe sy dit wel reggekry het. En nou lees ek daardie kind se boek! Dis… Oorweldigend.

En ons week laas week? Ons het muise uit toilet papier gemaak. Ons het die storie van Plaasmuis en Stadsmuis uitdramatiseer. Nie regtig vindingryke literatuur nie.

Maar dan trek iets aan my hart. ‘n Waarheid wat uiting soek…

Woensdagoggend groet my man ons voordat hy Namibia toe vlieg vir 3 aande. Al die dogtertjies se harte is swaar. Tot Tenike (17 maande) is huilerig en klou aan haar Pappa. Hy ry hier weg en ek sug hard. Ek draai maar klaskamer toe om die dag te begin maar Tenike skree sy wil buite bly. Ilani (4) is reeds in die tuin met ‘n skertjie besig om blare en blomme te knip. Janéy (6) het haar bersie gaan soek vir troos. En ek besef, ons kan nie nou gaan werk nie. Ek sit Tenike in haar pram en kondig aan dat ons gaan stap. Dadelik is almal baie verlig en entoesiastes. Ek neem die oggend reuke in en geniet die son se hitte op my rug. My kinders luister na die boodskappe wat Pappa reeds op my foon vir hulle gestuur het en begin glimlag. Ons stap af dam toe en sien ‘n groot likkevaan op die sement muur lê en bak. Janéy vind mooi klippies om later vir Pappa te gee. Ilani knip onkruit en gee dit vir my as geskenk. Tenike chirp soos die voëltjies om ons. En ek dink hoe dankbaar ek is, dat ek nie my kinders by ‘n skool moes aflaai op so oggend soos dit nie. Dat ek daar kon wees om hulle swaar harte te help ligter maak.

My man het my vertel wat hy ontdek het in sy navorsing oor seksualiteit. Hy sê dat die meer as 3000 respondente het vertel van hoe hulle eers geleer het van die blommetjies en die bytjies. Baie het by vriende geleer. Baie het maar by die skool deur seksvoorligting die feite geleer. Maar die wat by hulle ouers iets daaroor gehoor het sê dat hulle nie eintlik die woorde kan onthou wat hulle ouers gesê het nie maar hulle kan die ongemak onthou of die gesindheid teenoor seks. Die boodskap was oorgedra met meer as net woorde. Die gevoelens wat die kind beleef het in daardie gesprek(ke) is dit wat by hulle gebly het.

Daar fluister die waarheid weer vir my. Dit gaan nie so baie oor WAT ek my kinders leer nie, maar hoe.

Uitreksel uit ‘The Story of my Life’ deur Hellen Keller.
“For a long time I had no regular lessons. Even when I studied most earnestly, it seemed more like play than like work. Everything Miss Sullivan taught me, she illustrated by a beautiful story or a poem. Whenever anything delighted or interested me, she talked it over with me just as if she were a little girl herself. What many children think of with dread, as a painful plodding through grammar, hard sums and harder definitions, is today, one of my most precious memories.

I cannot explain the peculiar sympathy Miss Sullivan had with my pleasures and desires. Perhaps it was the result of the long association with the blind. Added to this she had a wonderful faculty for description. She went quickly over uninteresting details, and never nagged me with questions to see if I remembered the day-before-yesterday’s lesson. She introduced dry technicalities of science little by little, making every subject so real that I could not help remembering what she taught.”

As ek net ‘n titseltjie die juffrou kan wees vir my kinders wat Anne Sullivan vir Hellen Keller was, sal ek voel ek was suksesvol. Ek besef ek het ‘n voordeel, ek is my kinders se ma!

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s