Speel Speel Leer

Daardie einde van die jaar moegheid het my toegepak en die kinders was siek gewees. Ek probeer vir myself sê dis okei om so paar siek dae af te neem maar nee, kort-kort voel ek ons moet darem iets doen!

Gelukkig het ek wonderlike boeke vanaf Kalahari bestel: Games for Learning, Games for Math en Games for Reading. Almal deur Peggy Kaye.
Wow! Is hierdie boeke great of wat? Sommige idee boeke het een of twee oulike idees en die res wat nie regtig prakties werk nie. Hierdie boeke is propvol briljante, alhoewel maklike speletjies wat jy saam jou kind kan doen om hulle leervaardighede te verbeter. Peggy is’n remediêrende juffrou en het die speletjies uitgewerk in haar klaskamer met kinders wie dit nodig gehad het.
Ek het net so paar bladsye in elke boek al gelees en dadelik was ek opgewonde vir die volgende dag se speel-leer dag! Ek gaan julle so paar van die speletjies wys!

20141115-103833.jpg

Hop op die nommer

Die speletjies in die boeke is opverdeel in voorskool en Graad 1-3. So daar is maklike en moeilike aktiwiteite. En amper almal kan aangepas word volgens jou kind se vermoë en ouderdom. Vir hierdie een het ek nommers op papier geskryf en die kinders moes spring van een tot tien (vir Ilani 4) en Janéy(6) moes spring tot 20. Toe gee ek vir Janéy die nommers in woorde en sy moes hulle neersit by die regte nommer terwyl sy op een been daarop staan. Ek het later in die week ‘n woord nommer vir haar gegee, laat sy dit lees en dan spring op die regte nommer.

20141115-104748.jpg

20141115-104804.jpg

Speletjies vir lees

Peggy Kaye stel voor dat ons ‘n prentjie in ‘n tydskrif aanteken met al die gesigsdele. Janéy het dit regtig geniet. Ek het hierdie keer die woorde vir haar in ‘n lysie gegee en sy moes die regte een soek. As sy gesukkel het, sou ek vra: “waarmee begin ‘wenkbrou’?” Dan hoor sy die w en vind die regte woord. Ons gaan hierdie weer doen volgende week en met elke keer onthou sy die spelwoorde beter!

20141115-105155.jpg

Janéy moes ook die kombuis vol woorde plak. Later die dag, het jonger sussie Ilani die woorde gaan skommel. Sy het ‘mikrogolf’ en ‘kas’ omgeruil en ‘oond’ en ‘spens’ en toe moes Janéy die foute kom sien en dit terug verander. Hulle het albei so lekker gelag hieroor. Was vir my ook pret! :p

20141115-105434.jpg

Nog ‘n uitstekende speletjie idee uit Peggy se boek ‘Games for Reading’ is ‘n bordspeletjie met klanke. Nou, ek het dit natuurlik aangepas vir Afrikaans. Sy het prentjies gemaak wat begin met een van die volgende klanke: sh, ch, th. Dan plaas sy die klank op ‘n sirkel met ‘n spinner en waar die pyltjie land, moet die kind sy skuifertjie beweeg op die ooreenstemmende prentjie. So as die spinner stop op ‘sh’, moet die kind soek vir die eerste ‘sh’ prentjie soos ‘shoe’.

Ek het al die diftong klankies wat ons die laaste paar weke geleer het, neergeskryf en toe prentjies geteken wat hulle klanke in het. Toe maak ek ook ‘n sirkel bord met spinner.

Ek, Janéy en Ilani het toe drie rondtes gespeel en dit was vet pret! Die kinders kon my prentjies darem verstaan. (Dierbare Ilani het tot gesê “Ek hou van jou aap Mamma”.) Na die eerste rondte, kon Janéy self dadelik die klankies uitken en geweet of sy daarop moet land of nie.

20141115-110211.jpg

20141115-110222.jpg

Voorbeelde van prentjies op die speelbord is eend, veer, leer, en die nommer een vir ee klankies. Aap, kraan, maan en haas vir aa klank. Huis, muis, uil en ui vir ui klank. Boek, koek, skoen en voet vir oe klankie. Boom, stroom, oor, kroon en brood vir oo klank. Vuur, muur en horlosie met uur wyser vir uu klank. Ek het laat Janéy so paar van die prentjies teken wat sy baie geniet het. Ons het skuif items gebruik van ‘n ander speletjie. Die wenner is die eerste een na die wenpaal, die laaste blokkie op die bordspeletjie.

Ek het op Pinterest hierdie oulike idee om kleur woorde te leer. Ek is mal oor kuns met felt en het een oggend al die kleur stukkies felt vasgewerk. (My naaimasjien sou vinniger gewees het maar ek sukkel om dit reg te ryg, so hy hak vas heeltyd.)
Toe dink ek om dit in ‘n sakkie te maak en tot Tenike (1) het op ‘n stadium dit oor haar arm gehang en rondgeloop daarmee.

20141115-111105.jpg

20141115-111121.jpg

Mens kan dit lekker aanpas en gekleurde stokkies gee vir peuters om in te sit. Of felt nommers opwerk en dan die regte hoeveelheid stokkies daarin sit. So baie idees!

Janéy het my inkopielys neergeskryf.

20141115-111323.jpg

Ek het nog ‘n lees speletjie idee gekry by Hellen Keller se boek, The Story of my Life. Sy verduidelik hoe sy, ‘n blind en doof dogtertjie, geleer lees het. Haar Juffrou, Anne Sullivan, sou die woorde langs die voorwerp plaas. Dan kan sy voel met haar hande wat dit is en lees deur die woord, wat getik was met ‘n Braille masjien, lees. (Die letters staan uit.) Ek vertel my kinders graag van Hellen Keller en haar interessante lewe. Sy moes als leer deur om dit te beleef en daaraan te vat. Byvoorbeeld, haar Juffrou het vir haar paddavissies in ‘n visbak gegee en so sit sy haar hand in en voel die klein glibberige goedjies en leer by haar Juffrou, deur hulle unieke handgebaartaal, dat hulle baba paddas is. Een glip toe op die vloer en sy moes rond voel om dit te vind. Tel dit toe op en plaas hom weer in sy waterbak waar sy voel, met verligting, hoe hy weg swem! Sy het natuurlik gevoel hoe word hulle groter en later die paddas in hulle stroompie gaan vrylaat. Nou wat beter manier is daar om van paddas te leer?!

So ek het Hellen Keller se naam geskryf op papier en laat Janéy met ‘n tandestokkie gatjies bo oor die letters druk. Toe sy dit omdraai, kon sy voel met haar vingers, soos Hellen gedoen het. Maar natuurlik was al die letters agsterstevoor. So, ek wys Janéy hoe ons ‘verkeerd’ om moet skryf en begin met die laaste letter van haar van, sodat wanneer ons dit omdraai, ‘lees’, eerder voel, dit reg. Toe blindoek ek haar en laat sy vir my die letters een vir een hardop sê. Ons het gevind dat dit nie so maklik is nie!

20141115-112649.jpg

20141115-112702.jpg

En toe moes Janéy woorde by kos items pas. Dit maak gebruik van die ander metode van lees: sigwoorde en geheue. Sy spel dit nie uit nie. Sy herken die woord van herhaaldelik dit sien. Dis goed vir kinders om van albei metodes gebruik te maak. Lyk my nie ek het ‘n foto daarvan nie.

Ek eindig met nog ‘n fantastiese uitreksel uit Hellen Keller se storie: “The Story of my Life”.

“Our favourite walk was to Keller’s Landing, an old tumbledown lumber-wharf on the Tennesee River, used during the Civil War to land soldiers. There we spent many happy hours and played at learning Geography. I built dams of pebbles, made islands and lakes, and dug river-beds, all for fun, and never dreamed that I was learning a lesson.”

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s