Al die Letters van die Week 2014

Die order wat ons die letters van die alfabet geleer het is nie die order aanbeveel deur onderwysers nie omdat die letters nie maklik is om te skryf nie. Order aanbeveel deur skole is:

i r n m l k h b p  c o s a g d q  e t f j u y  v w x z

Ek het letters gekies sodat my kind vinnig woorde sou kon lees. Eers k vir ons van Kieswetter van. Dan a en t sodat sy na drie weke van Graad 1 ‘kat’ en ‘tak’ kan lees. Verder het ek maar gekies soos ek lus gevoel het. Baie ‘random’. Ek het geen nadeel gesien met ons ‘deurmekaar’ order van leer nie. ‘n Kind moet elk geval elke letter kan lees en skryf op ‘n stadium so maak dit regtig saak in watse order hulle dit leer?

Ek gee dan ons lysie letters met die link na elke blog daaroor.

K-aktiwiteite

Nog K Aktiwiteite

Ons A Aktiwiteite

Ons T Aktiwiteite

Ons Spontane S-week

Ons Goeie Gebaar G-week

Lekker Lag L-week

Here Help ons H-week

Besige Bytjies B-week

Pannekoek-weer P-week

Waterkaskenade W-week

Ellendige Eeyore E-week

Moses Lapbook M-week

Vrolike V-week

Interessante I-week

Nuttige N-week

Ons onderstebo o-week

Raai Raai R-week

Dinosourus D-week

Frenektomie F-week

Ice Ice Baby (y-week)

Uuuuuu, wat begin met U?

Z is vir Zoeloe

Ek het nie C en Q gedoen nie, want werklik, waarvan gaan ons week bestaan? Quiche en collage? (Wat albei eintlik Franse woorde is!) Ook nie x nie.

Ons het ‘n J-week gehad. ‘n Jas wat lekker pas! Kan nie nou presies onthou nie, maar dit was ‘n moeilike week en ons het te min gedoen om dit in ‘n blog post te sit. Dalk sal ek nog behoorlik J week doen. Daar is darem baie goeie J-woorde, soos Jesus en Janéy en Janet! 🙂

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Advertisements

One thought on “Al die Letters van die Week 2014

  1. Pingback: Getuienis  | Kieswetter Klaskamer

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s