Abraham Lapbook

Ek het besluit om deur die alfabet te gaan die jaar met Bybelkarakters vir elke letter. Daarom A is vir Abraham. Verseker kan mens ook Adam doen, die eerste mens. Maar Abraham het so baie inhoud, dat ek toe met hom gegaan het. Meskien moet ons kyk of ons een vrou en een man met daardie letter kan doen?! Ek onthou nou vir Abigail, baie mooi en slim vrou wie Koning Dawid se vrou geword het. (Sal net vanaand daai storie vir my dogters lees uit die Prinses Bybel.)

Maar toe het Abraham SO baie stories in sy lewensverhaal dat ons twee weke geneem het om daaroor te ‘lapbook’ en teen die einde bietjie moeg geraak het. My man sê dat ek nie al die stories in sy lewe hoef te vertel nie, maar ek voel ek wil! As ons oor hom gaan leer, kan dit net sowel deeglik wees! Anyway… Hier is wat ons gedoen het 🙂

‘n Lapbook is basies ‘n projek op karton met kreatiwe maniere om baie inligting te vertoon. Dan kan mens baie leer deur om die ‘boek’ op jou skoot deur te blaai. Ek het die karton lêrs (folders) by PNA gekoop.

Ons het begin met die titel van die lapbook. Abram wat tot Abraham verander het. God het Sy H in Abraham se naam geplaas. (Vanaf Jaweh.)

En toe lees ek die storie oor hoe God Abram geroep het en gesê het hy moet trek. Dis nogal ongelooflik dat Abram wat skielik ‘n stem hoor, nie net glo in hierdie God nie, maar doen wat hy sê. Hy was toe 75 jaar oud! Hy pak op sy lewe daar in Haran en sê totsiens vir sy familie. Wat kan hy vir sy vrou sê oor waarheen hulle gaan? Niks! “Ons gaan na die land wat God ons sal wys!” Sy moes haar man maar blindelings volg en vertrou. Al die het ek met my kinders bespreek, om te verduidelik dat dit vir ons nou baie makliker is om God te volg. Ons het ouers wie in God glo, en kerke en die Bybel om ons die pad te wys. Abram het net ‘n woord van God gehad.

2015/01/img_0334.jpg

2015/01/img_0335.jpg

Toe behandel ons die deel van die verhaal waar God ‘n belofte maak aan Abram. Die Here het vir Abram buitetoe geneem en vir hom gesê: “Kyk na die lug en probeer om al die sterre te tel. Jou nageslag sal so baie wees.” (‭Genesis‬ ‭15‬:‭5‬ ABA)

Ek onthou toe van die swart verf bo oor kryte wat ‘n kind lekker kan afkrap. Ek sny ‘n sirkel uit en laat Ilani dit met geel olie pastel inkleur. Ek lees toe op oor die metode en sien dat akriel verf die beste werk. Ek gebruik maar swart verf wat ons in die huis het, twyfel of dit akriel was, maar dit het darem goed genoeg gewerk. Toe dit droog was, krap Ilani klein sterre gatjies in die swart verf sodat die geel olie pastel deurskyn.
Janéy skryf die woorde van die vers om die sterrehemel.

2015/01/img_0276.jpg

2015/01/img_0602.jpg

Daarna, lees ons die storie van Lot en hoe sy slawe baklei met die slawe van Abram. Toe besluit hulle om eerder hulle paaie te skei en aparte blyplek te gaan soek. Daar kies Lot die mooiste, groenste vallei maar eindig in die sondige dorp Sodom. Abram neem die land wat eerstens sleg lyk maar is toe pragtige Hebron met groot bome!

Ek het geniet om te dink hoe gaan ek hierdie uitbeeld. Hoe sal die stuk grond wat hulle kies kan verander? En toe dink ek aan die gerygde papier wat eers een beeld wys en dan soos jy die papier deurtrek, ‘n ander prentjie wys. Ek en Janéy het saam gewerk om die prentjie te teken en sy moes mooi dink waar om wat te teken sodat wanneer mens die papier trek, lyk dit nogsteeds reg. Lekker kritiese denke!

2015/01/img_0339.jpg

2015/01/img_0603.jpg

Ek het stories uitgelos, soos toe Sarai deur die Egiptiese Farao begeer was en Abram het gevrees vir sy lewe, gesê sy vrou moet lieg en sê sy was net sy suster. Daardie storie is eintlik baie interresant want dit het toe met Isak en Rebekka ook gebeur! Ek hou daarvan dat die vrouens SO mooi was dat hulle uitgesoek was deur ‘n magtige Koning! As jy meer daaroor wil lees, sien Genesis 12:10.

Ons lees toe Genesis 14 en besef dat Abram was nie net ‘n ou omie wat gewag het om pa te word nie. Hy was ook ‘n held! ‘n Brawe Vegter! Hy het sy neef Lot, en Lot se hele gesin, gaan red uit die hande van ‘n slegte weermag! Hierdie min bekende storie moes in ons lapbook!

2015/01/img_0454.jpg

Twee prentjies van mans op perde ingekleur en gelamineer sodat hulle kan veg teen mekaar! Daar was ‘n gesprek oor wapens van daardie tydperk. Sou Abram ‘n geweer gehad het? Neeeee! Eerder ‘n spies of ‘n swaard! Abram moes so vinnig op sy perd gejaag het om die slegte Koning Kedelomar in te gehaal het! En toe het hy en sy slawe met wapens die vyand omsingel! Hulle het hulle aangeval en oorwin! Wat ‘n opwindende storie! Nooit het ek geweet Abraham het iets so veeleisend gedoen nie!

En toe hy al die mense en ‘loot’ terug besorg aan die Koning van Sodom, wou die vir hom beloon en sê hy kan al die goud en ander goeters hou vir homself, sê Abram “Nee dankie! Ek soek niks van hierdie goddelose dorp nie. Nie eers skoenveters of garedraad nie.”

2015/01/img_0606.jpg

Oppad terug van die groot oorwinning, het Abram vir Koning Melgisedek raak geloop. Ek het bepeins of ek dit moet insluit in die lapbook en gevoel, ja, dis ‘n belangrike ontmoeting. Maar soos my man later gesê het, die stuk was bietjie hoëgraad vir my kinders. Ek het met Janéy bespreek of Koning Melgisedek moontlik Jesus kon wees in ‘n ander vorm?! Dalk het jy al so preek gehoor? Ek het toe die redes vir hoekom hy moontlik Jesus kon wees geteken, om die koning Melgisedek prentjie wat Janéy geteken het. Dit het gelyk of sy wel verstaan het want toe ek vra of sy dink die koning was Jesus, toe sê sy “Nee! Wat hy praat van God en hy sal nie van homself praat nie!” Sjoe! Nie ‘n slegte antwoord nie!

2015/01/img_0607.jpg

Ons trek nou by die Woensdag van die tweede week en ek is bly ons kan gesels oor die Verwoesting van Sodom en Gemorrah. Janéy en Ilani luister ‘n Kids Klub CD wat ek so paar jaar terug opgeneem het. Ek vertel stories uit die Bybel en gee ‘n kort Bybelles daaroor. Ek het dit jare gelede opgeneem vir ander kinders en nou luister my kinders elke aand na ‘n Bybelstorie. Ek is verbaas oor hoe baie hulle al gememoriseer het deur om oor en oor daarna te luister. So my kinders ken al die deel waar Abram met God pleit om die stad te red.

Hulle het huisies geteken en uitgeknip om die stad Sodom te verteenwoordig. Toe al die huisies geplak was, kon ons met rooi werf en ‘n kuns bolletjie groot vuurballe oor die stad verf. Ons het eers maniere van verf geoefen en kyk wat sou die beste werk. Sprinkels verf met tandeborsel is ook gebruik. Ilani het gesê ons moes die sleepmerke maak om te wys dat die vuurballe uit die hemel uitval.

2015/01/img_0463.jpg

2015/01/img_0464.jpg

2015/01/img_0466.jpg

Ek het Lot se vrou geteken wat omkyk en Ilani het gom gesmeer en sout daaroor gegooi. Sy het mos in ‘n soutpilaar verander. (Genesis 19:26) Lot se vrou, nie Ilani nie. 🙂

Ons was toe moeg gewerk aan Abraham en plak net ‘n geverfde prentjie van Abraham wat Isak amper offer op die altaar. ‘n Groen stukkie karton is bo oor die ram geplak sodat mens die ‘flap’ kan lig en die ram agter die bos kan sien.

2015/01/img_0605.jpg

Ek dink ek sal volgende keer beter beplan wat gaan in die storie en wat gaan ons uitlos sodat ons nie spoed verloor so teen die einde nie.

Gelukkig het my kinders geleëntheid gekry om oor hulle Lapbook te praat by ons heel eerste Show en Tell! Ongeveer 20 tuisskool maatjies het die Vrydag vergader om iets voor te dra. Daar was dogtertjie aangetrek as Cleopatra om oor die Egiptenare en die beroemde Koningin te gesels. Daar was sussies wat vir ons cupcakes gebak het met snaakse bestandele. Lisa het ‘n baie oulike gedig opgesê en Amerah het vertel van die Groot Appel, New York. Dit was SO goed en die kinders het pragtig stil gesit en luister.

My girls het my ook baie trots gemaak!

2015/01/img_0557.jpg

Advertisements

One thought on “Abraham Lapbook

  1. Pingback: Lekker leer oor Bybelkarakters | Kieswetter Klaskamer

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s