Wat doen my 1-jarige terwyl ek homeschool?

Ek moet bieg, dis ‘n reuse uitdaging om ‘n peutertjie in die klaskamer te hê! Gelukkig vir my, slaap die een nog twee maal ‘n dag! So ek moet net met haar uithou tot so 9:30 en dan is sy moeg genoeg om weer te gaan slaap.

Maar die week met die tande sny was ekstra moeilik. Sy is veeleisend omdat sy eina het. Ek moes of deur ‘n boek saam haar blaai of vir haar water tap in die wasbak laat sy bietjie speel.

Ek het toe agtergekom ‘n paar goed wat werk om haar aandag vir ‘n rukkie te behou en deel dit graag met julle.

Stickers!
Boeke en boeke vol stickers wat maklik afkom en wat ek nie oor jammer is om te verloor nie. Die wiskunde Workbooks wat my kinders in werk het ‘n lekker dubbelbladsy vol klein plakkers.

2015/01/img_0445.jpg

Party aande lê ek en my man op die bed en sien skielik klomp stickers op ons bene! Haha! Nooit eers agtergekom toe kleinsus ons beplak nie!

Verf!

Sussie sit op ‘n groot stuk papier en verf met waterverf orals om haar.

2015/01/img_0277.jpg

‘Verf’ met water op die bordkrytmuur.

2015/01/img_0450.jpg

‘n Houertjie met kaartjies in soos bemoedigende woorde vir Mamma’s of sommer jou eie gesnyde karton stukkies kan werk. Tenike pak alles uit en probeer vir so rukkie om hulle weer terug te sit.

2015/01/img_0502.jpg

Die betroubare ysbak het soveel voordele! Behalwe vir lekker sap ysies, kan mens die leë bak gebruik vir sortering aktiwiteite of net inpak en uitpak. Ek gebruik watte of klein pop poms beskikbaar by kuns winkels. Gekleurde ‘paper clips’ sal ook werk.

2015/01/img_0610.jpg

Ek het ook laat my 20 maand-oue lyfie met klei speel. Dit het haar nie lank besig gehou nie maar darem het sy nie dit geeet nie! Sover, is sy nie een van daardie’s waar alles mond toe gaan nie. As joune is, laat hulle eerder met Oatees speel. Daars ‘n idee wat ek nog moet probeer: sal my kind Oaties op ‘n skoenveter kan ryg?

Sy hou van roer en speel-speel kosmaak so toe ek eendag gesonde water aanmaak, speel sy met die mintblare, komkommer en suurlemoen stukke wat oorskiet was. Sy het haar eie bak gehad en als in gegooi en weer uitgevis en saam geroer. Sy kan selfs roer sê! Maar dit klink meer soos “oe”.

My staatmaker kleiresep:

2015/01/img_0612.jpg

Handsakke uitpak.

Ek weet nie waarvan hou seuntjies nie. Maar my dogtertjies het klomp handsakke met klomp verskillende speelgoed in. Soms help dit om net een sak uit die speelkamer te gaan haal en laat sy dit uitpak. Sy vind dikwels lip ice of room daarin en dis baie gewild. Ja, my klaskamer is onsettend deurmekaar daarna maar te minste het ons paar minute se rutigheid gekoop.

Ek het al gelees dat ander ma’s speelgoed wegbêre vir weke en dan uithaal en ander speelgoed weer wegpak. Sodoende is dit vir jou kind soos nuwe speelgoed. (Dit was nog nie nodig hier by ons nie, ons ruim net so elke paar maande die speelgoed laaie en houers op en dan ontdek my kinders lekker baie speelgoed.)

Ek is dankbaar my kleintjie slaap nog in die oggende. Ons maak weer plan as die roetiene verander. Maar ek moet sê, ek is op my gelukkigste wanneer al drie my meisies lekker doenig is in die klaskamer. Die kamer is vol en my hart voller!

2015/01/img_0448.jpg

2015/01/img_0270.jpg

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s