Hoe om te keer dat jy uitbrand!

Dis dalk ‘n vreemde tyd van die jaar om te praat oor uitbranding. Is almal nie nou juis vars en fris na hulle Desember vakansie nie? Nie noodwending nie. Enige iemand kan enige tyd uitbrand.

Voordat ek mamma geword het, was ek ‘n berader en daarom lê sielkundige probleme na aan my hart. Ek wil graag spesifiek vir die tuisskool mamma’s help om hulle emosies en harte te bewaar en op te pas.

Uitbranding is wanneer die stres van jou daaglikse verantwoordelikhede jou oorweldig en magteloos los. Dit voel asof al jou energie heeltemal dreineer is. Wanneer jy oor ‘n tydperk, nie die moed bymekaar kan skraap om deur die dag te gaan nie.

Wat is die tekens van uitbranding (burnout)?
1. Voel heeltemal uitgeput elke dag.
2. Sukkel met jou immuunstelsel- is heeltyd siek.
3. Eet en slaap versteurings.
4. Voel alleen on onwaardeer, of sonder jouself af.
5. Voel of jy vaal en ‘n mislukking is.
6. Geen motivering of lus om enige iets te doen nie.
7. Meer sienies en negatiewe uitkyk.
8. Jy raas meer met jou kinders as gewoonlik en hulle baklei meer met mekaar as gewoonlik.
9. Jy voel hartseer en teneegedruk.
10. Jy voel sonder hoop en wil wegvlug of wegkruip.

As jy so voel, of ‘n paar punte kan aftiek, is jy reeds, of goed oppad, na uitbranding toe.

Jy moet dadelik strategieë in plek stel om jouself te help.

1. Eerstens, kry jy genoeg rus? Slaap? Mens het ten minste 8ure aanhoudende slaap nodig elke aand. Ek het in ‘n slegte patroon verval waar ek na 11 eers in die bed klim en dan sukkel om te slaap omdat ek oormoeg is, (presies soos kinders!). As jy daai moegheid voel, (al is dit 8:30) gaan slaap! Sal wonders vir jou doen!

2. Herlaai aktiwiteite
Watse goed herlaai jou betterye? Stap in die natuur? Lang bad? Kuns projek? Mooi musiek? Lees ‘n inpirerende boek? Kuier met pelle? Identifiseer watse aktiwiteite laat jou goed voel en doen so veel van hulle na mekaar soos moontlik!

3. Roetiene aanpas. Meskien het jy nodig om nuwe roetiene vir julle skooldag uit te werk. Skommel dit so bietjie en kyk of dit nie help nie. Of neem die dag af en gaan op ‘n lekker uitstappie.

4. Skakel uit wat jou energie tap.
Soeveel as moontlik moet jy vermy wat jou energie gaan tap. Byvoorbeeld, ‘n vriendin vertel dat kos maak of om te dink wat vir aandete is, tap haar energie. Daarom, belê sy ‘n uur per week om die week se kos vooruit te beplan. Of selfs net die vorig aand te besluit en die vleis uit die vrieskas te haal. Dit spaar haar breinkrag en sy kan die volgende dag met kos begin VOORDAT die hele gesin vergaan van die honger.

5. Maak ‘n plan om meer te LAG.
Al moet jy komediante op You Tube opsoek en kyk, vind maniere om te lag. Ons het begin om vriende te ‘join’ vir ‘n bordspeletjie aand. Die laaste Woensdag het ons so lekker gelag. Dinge soos Charades waar mens moet dramatiseer is altyd skreeusnaaks! Daars ‘n app met die naam ‘Charades’ gratis op iPhone or iPad. Dis soveel pret!

5. Hersien jou visie!
Soms word ons so opgevang in die werk wat ons kind elke dag moet doen, dat ons vergeet waaroor dit gaan. Die verantwoordelikheid om jou kind te leer lees en skryf en wiskunde te kan doen, kan ‘n mens oorweldig. Maar onthou, ons het tuisonderrig gekies vir meer as die akademie. Ons het dit gekies om saam ons kinders te kan wees! Om hulle meer liefde te wys as wat die onnie by die skool kan. En soms, as dit AL is wat jy die dag, week of maand gedoen het, was dit genoeg! (Dit is selfs moeilik vir my om te aanvaar en glo! Dalk sal ek die maand woordjie uithaal 😜)

Belangrik: Moenie meer op die werk fokus as op jou kind nie. Aan die einde van die dag, geniet jou kinders!

My kleintjie stryk nou ‘n waslappie met haar speelstrykyster hier langs my op die bed.

En dit laat my smile. 🙂

Advertisements

2 thoughts on “Hoe om te keer dat jy uitbrand!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s