Een Voordeel van Tuisonderrig

Ek het eers laas jaar op die 7 Januarie 2014 begin met tuisonderrig, (sien ons inseëning hier) maar ek kan reeds getuig van die gesonde impak wat dit op my kinders en gesin gehad het. Hier is net een van die voordele wat ek beleef. 

Net die week het ek weer gesien hoe tuisonderrig my kinders die geleentheid gee om beste maats te wees. Mens sou dink met al die tyd saam sou hulle dalk meer baklei en moeg raak vir mekaar. Die teenoorgestelde gebeur. My kinders speel van sonop tot sonaf met mekaar en sit baie min vas. Ek hoor hoe gesels hulle en sê wat die ander een moet sê: “En jy het gevra, ‘Waars jou Ma?” Dan vra sy dadelik, “Waars jou Ma?” Dan roep ek, “Eks hier!” Dan kom die roep terug: “Ons speel Mamma!” 
Gistraand op Hip Homeschool Moms Facebook blad vra hulle, “What happened this week that confirmed your decision to homeschool?” In die opmerkings was daar mense wat gesê het dat daar ‘n ‘bomb scare’ was by die publieke skool daardie week. ‘n Ander ma het gesê haar seun is Outisties en is soms geweldadig. Sy is bly hy slaan haar eerder as ‘n onderwyser of assistent! Ander Ma het genoem dat haar pa kom kuier het en hulle het goeie familie tyd saam geniet. 
Ek het so rukkie gedink en toe onthou  ek wat Woensdag gebeur het. Ilani (amper 5) het moeg geraak vir haar wiskunde werk en reeds vir ‘n breek gevra. Ek het gesê dat sy moet deurdruk en klaar maak maar sy het aanhou kla. Toe wink Janéy (7) vir my en sê “I’ve got this!” Sy staan op en gaan fluister in haar sussie se oor (hard genoeg vir my om te hoor): “As jy klaar maak met hierdie bladsy, sal ek vir jou ‘n marshmallow gee EN ‘n geskenk! Maar as jy klaar maak met hierdie en daardie bladsy, sal ek vir jou twee marshmallows en TWEE geskenk gee!” Julle moes Ilani se oë sien glinster! Sy het entoesiasties gesê sy gaan die hele boek klaar maak! Janéy het met ‘n tevrede uitdrukking weer gaan sit en met haar werk aan gegaan. Ek het daar gesit en vir myself geglimlag. Hoe lekker was dit nie om die toneel te sien afspeel! 
Vanoggend besluit hulle om tee te drink bo in die klimraam. Daars baie bedrywigheid in die kombuis en albei pak pierings en koppies, een gooi melk in ‘n melkbeker, die ander sit die suiker op die skinkbord. Hulle kry kussings en sagte diertjies wie saam hulle gaan piekniek hou en trek in hulle ‘huisie’ in. Daar kuier hulle vir meer as ‘n uur terwyl ek opkrul en ‘n boek lees. Dit was so kosbaar en spesiaal!
Dankie Here vir die geleëntheid en voorreg om my kinders te sien mekaar lief hê! 
Advertisements

5 thoughts on “Een Voordeel van Tuisonderrig

  1. Hi Janet,

    Baie dankie vir jou blog.
    Dit is vir my lekker om te hoor van nog mammas wat tuisonderrig.

    Ek het verlede jaar Februarie begin om my seuns nou Gr 2 en Gr R te tuisonderrig. Hulle het ook n sussie wat nou 2 word.
    Daar is baie uitdagings maar ek sal dit beslis nie verruil nie. Dis n groot voorreg en ek is baie dankbaar dat ek hulself kan leer en grootmaak.

    Geseende dag vir jou,
    Michelle

    • Beste Michelle
      Baie dankie vir jou boodskap! Ons kinders is naby in ouderdom! So bly om jou saam op hierdie opwindende reistog te hê!

      Mag jy en jou kinders die seën van die Here elke dag ervaar! Hy is altyd getrou!

      Vriendelike groete
      Janet

  2. Môre Janet

    Ons oorweeg om volgende jaar tuisonderrig te doen. My dogtertjies is dan Graad 4. Ek sal graag wil weet of jy dalk van ‘n sosiale groep in die Ooste van Pretoria weet, met kinders van dieselfde ouderdom?

    Groete
    Berdine

    • Hullo Berdine
      Baie welkom in die wêreld van tuisonderrig! Ek glo dit gaan vir julle ‘n baie ryk en belonend ervaring wees! Ek is deel van ‘n Pretoria Oos whatsapp groepie wat jy welkom is om by aan te sluit. Ons kindertjies is wel meestal baie jonk. Graad 2 en jonger. Baie voorskoolse maatjies 🙂
      Daar is ‘n whatsapp groepie vir ouer maats en Madri is admin daar. Haar nommer is (082) 3617777. Daar is ook ‘n Facebook page met die naam Pretoria East Homeschool Friends wat jy kan by aansluit.

      Dan is daar ‘n Outings whatsapp groep wat ek kan vra dat hulle jou add. Almal laat weet van vertonings, uitstappies en oulike goed om by te woon. Daar is sport daggies en musiek vertonings ook so tuisskolers mis uit op niks nie! 🙂

  3. Pingback: Opsomming van die Jaar 2015 | Kieswetter Klaskamer

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s