F is vir Frozen

Na E vir Egipte is dit F aan die beurt. Met my 5-jarig se verjaarsdag wat oppad was, het ek besluit dat ons skool werkies en voorbereiding vir partytjie gaan kombineer. 

So ek laai toe af die fantastiese Frozen werkkaarte pakket hier en dit verskaf baie werkies vir die sussies om te doen. Kyk net hoe oulik! 

 Hier moes Janéy ‘n prentjie teken en ‘n sin skryf oor haar gunsteling deel van die Frozen fliek.   

 Ilani het hier die verskille gesoek.

  

Ilani moes die prentjies plak in die regte volgorde van 1-6

Order van 1-6

  
Janéy moes tel in twee'e om Anna by haar sussie uit te kry.

Tel in Twee’s

  

Janéy oefen om in 5e te tel en skryf

  

Janéy skryf die name netjies

Ek het die stukkies gelamineer .

Ilani bou die puzzle.

 

Toe het ons die sneeuvlokkie debakel. Ek het twee resepte gevolg en baie geleer maar nie baie suksesvolle kristalle op sneeuvlokkies gemaak nie. Boraks is ook nie baie goedkoop nie so daar is ‘n limiet vir hoeveel keer ek bereid was om te probeer. Die klein apteek in Moreleta Park vra R10 vir 50g boraks terwyl Dischem R20 vra vir dieselfde hoeveelheid! 

Die resep het gesê 15g boraks is nodig vir 250ml water maar ek het gevind baie meer boraks is nodig. Gooi die hele 50g in ‘n koppie kookwater en roer goed sodat die boraks opgelos is. Die sneeuvlokkie moet hang in die boraks mengsel, nie lê nie soos op my tweede probeer skoot. 

Vou die pypskoonmaker so om Mn sneeuvlokkie te vorm.

Hang die sneeuvlok so met ‘n potllood aan die bokant.

  

Ons het ook met sout en suiker water eksperimenteer.

  

So het ons boraks sneeuvlok uitgekom.

  

Tweede probeerskoot met vlokkies wat in boraks mengsel lê.

  

So het dit uitgedraai.

 

Janéy se opsomming van ons eksperiment.

Verder het ons versierings gemaak, ‘n tak wit geverf en mooi goed daarop gehang. 

 

  

Ek wonder of julle belangstel in die Frozen verjaarsdagkoek proses? Ek sal vlugtig vertel. 

Ek het ses koeke gebak, 3 medium groote en drie kleines. Ek het die koekdeeg gekleur sodat daar blou en pers koeke was en die een gelos vir wit. Toe hulle afgekoel was, moes ek hulle punte afsny sodat hulle plat was om te stapel.

Botter versiersuiker op elke lagie

 

Hier vou ek die blou kleursel in die fondant in.

My 2-jarige het letterlik haar vinger in die fondant gedruk toe ek nie kyk nie.

Ek het die letters en sneeuvlokkies met koekie cutters uitgedruk en met eetbare glitter versier.

Toe begin die bou en plak proses. Dankie aan Marelize Botha wie vir my die eetbare gom gegee het en die wenk om Maizena te gebruik eerder as koekmeelblom om te keer dat die fondant plak. Sy het ook aanbeveel dat ek die fondat oprol saam met haar non-stick matjie en dan dit netjies oor die koek omvou.

Die prentjie van Elsa is te kry by Bakers Bin. Jy kan enige foto of prentjie vir hulle e-pos en hulle druk dit uit op suikerpapier vir R60. Ek het dit met eetbare gom op die fondant geplak. 

 Ek besef koek versier is ‘n baie fyn en presiese kuns waarvoor ek nie eintlik aangelê is nie. Ek dink baksters verdien hul geld! Tog het ek dit baie geniet om hierdie koek vir my liefie Lani te maak!

Die eindproduk!

  Ek wil vinnig vertel van die lekker speletjies wat ons op Ilani se partytjie gespeel het. Ek is so lief vir games en die kinders get dit ook geniet!

Ons het die bekende Musical Statues gespeel. My man het die Frozen fliek se musie gereël en die kinders het gedans op “Love is an Open Door”. Tot van die seuns wou dans en een het probeer om sy maat te oortuig dat dans okei is omdat Hans in die fliek het ook gedans! Die laaste maatjie om nie uit te gaan nie omdat sy beweeg het toe die musiek stop, was die wenner. 

  

Ons het Sny die Sjokolade gespeel. Kinders sit in ‘n kring en gooi ‘n dobbelsteen. As hy op 6 land, moet die maatjie vinnig mus, serp en handskoene aantrek en dan die slab sjokoldae met mes en vurk begin sny. Hy kan aanhou eet tot iemand anders ‘n 6 gooi (die kinders hou aan om die dobbelsteen te gooi in die sirkel terwyl die gelukkige een sjokolade eet). Wat dan gebeur is, almal kyk graag saam na die nommer op die dobbelsteen en saam skree “SES!” as hulle ‘n 6 sien. 

  En daarmee eindig ek die berug oor ons Frozen tema. 

Hierdie jaar val Ilani se verjaarsdag op Moedersdag, daarom stuur ek die foto aan al die mamma’s wat so pragtig hulle kinders groot maak. Knap gedaan en hou vol met die goeie werk wat julle doen! 

  

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s