J vir Josef se Jas! 

Hoe beter om Josef se lang storie te onthou deur om ‘n jas van felt te maak met sy verhaal daarop uitgebeeld! 

Janéy het vandag so mooi Josef se storie vertel! Dit is opverdeel in 5 kort videos wat jul hier kan kyk! 

  

Wat se lied kan mens sing oor ‘n jas? 

Die een natuurlik!

Almal dra ‘n jas
Almal dra ‘n jas – almal dra ‘n jas
‘n Jas wat netjies pas  –  ‘n jas wat netjies pas
Die leeu, die muis, buite of tuis
Vaal , bruin, bont of grys
Almal dra ‘n jas  –  almal dra ‘n jas
‘n Jas wat netjies pas  –  ‘n jas wat netjies pas
Die skaap sê trots – myne staan wol
Die van die vark is vol modder gerol
Almal dra ‘n jas
Almal dra ‘n jas  –  almal dra ‘n jas
‘n Jas wat netjies pas  –  ‘n jas wat netjies pas
Die kwagga is  deftig in swart en wit
Bobbejaan se ou jas is al flenters gesit
Almal dra ‘n jas – almal dra ‘n jas
‘n Jas wat netjies pas – ‘n jas wat netjies pas
Mooi knopies van rooi op die jas van kalkoen
Die slang s’n is nuut vir die somerseisoen
Almal dra ‘n jas 
Almal dra ‘n jas  –  almal dra ‘n jas
‘n Jas wat netjies pas  –  ‘n jas wat netjies pas
Die ystervark is seker gek – hy het sy jas met skerp penne bedek
Almal dra ‘n jas  –  almal dra ‘n jas
‘n Jas wat netjies pas  –  ‘n jas wat netjies pas
Die eland, die buffel, die hond en die kat
Die koei en die kalf en die lekker patat
Almal dra ‘n jas
Almal dra ‘n jas

Gepraat van diere, Janéy het ‘n jagluiperd geteken en ‘n storie oor hom gelees.
   

 

Die Jagluiperd storie is deel van die Skitterlees vir kleingoed reeks wat my vriendin vir my gegee het! Ek probeer die outeur opspoor sodat ek vir julle kan uitvind waar kan mens die boekies koop. Hulle is baie mooi geillustreer deur Lynette Viljoen en die stories is kort maar interessant en leersaam!    

Janéy het ook haar letterkunde werk gedoen in haar Afrikaans Sonder Trane boekie terwyl Ilani geoefen het om haar j letter te skryf. Sy het ook prentjies ingekleur wat met J begin. Die werkkaart het ek by http://www.leerafrikaans123.co.za gekoop.

  

Toe my kinders weer begin vra vir ietsie lekkers om te eet, onthou ek van jellie. So ons maak jellie en oefen die j-letter in bietjie jellie poeier. 

  

Wiskunde was oor tyd die week so niks te doen met J nie. 

Toe kyk ek weer oor my notas vir idees wat ek laas jaar gekry het en om Josef se Jas te maak vir J-letter was een van hulle! Eks dadelik opgewonde en haal my naaimasjien uit en al die felt wat ons het. Ek stil die stukkies aanmekaar en my dogter ‘unpick’ die arm gatjie wat ek perongeluk toegewerk het. Sy hoop toe daarna dat ek baie foute maak want sy wil net weer lostorring.

Toe ek weer ‘n fout maak met die felt (ek is maar nuut met naaldwerk), besluit ek om dit om te skep in ‘n nommer boekie sodat my kinders maklik hulle nommers sal herken. 

  

Terug na Josef se jas! 

Ek het ‘n sak vasgewerk aan die eenkant wat die put waarin Josef se broers hom gegooi het verteenwoordig. En ‘n tronk sak gemaak vir die ander kant. Toe plak ons Josef se eerste droom, son, maan en sterre neer.

Die ander paneel was die die kelner en bakker se drome. Terwyl my kinders help sny en plak aan die baadjie, lees ek die storie vir hulle uit die beste kinder Bybel: kinders@Bybel.co.za saamgestel deur Stefan Joubert. My dogters was so ingenome met die storie dat hulle wou hê ek moes aanhou en aanhou lees! Tot my stem hees was! 

   

 

Die agterkant van die jas moes Farao se droom van die vet en maer koeie kom. Janéy het die oulikste koei geteken en uitgesny, ek het so lekker gelag. En Ilani dink dis baie snaaks dat die maer koeie in Farao se droom die vet koeie opgeeet het! 

   

Ek hoop jy het tyd om die videos op You Tube te gaan kyk, Janéy het die storie só oulik vertel! (My gunsteling clip is http://youtu.be/25q3WwHFmNA

Like ook my Facebook blad Kieswetter Klaskamer as jy graag op hoogte wil bly van ons doene en late. 🙂

  

My jongste model die jas

 

Advertisements

One thought on “J vir Josef se Jas! 

  1. Pingback: Lekker leer oor Bybelkarakters | Kieswetter Klaskamer

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s