Karel Kraai – ‘n Kinderstorie deur Janet Kieswetter

Job 39:3 “Wie berei vir die kraai sy spys as sy kleintjies roep tot God, ronddwaal by gebrek aan voedsel?”

Psalm 147:9 “…wat aan die vee hulle voedsel gee, aan die jong rawe as hulle roep.”

Karel Kraai

deur Janet Kieswetter

Vandat ek kan onthou, het ek met ‘n wawyd mond geskree vir iets om te eet. Ek was net ‘n baba voëltjie en alle babas huil as hulle honger is. Ek was ALTYD honger! Wanneer my mamma aan die kant van ons nes geland het, dan sou die geskreeuery regtig begin! Ek was die jongste van drie en ons almal wou die een wurm in my ma se bek hê en ons het ons nekkies gerek sovêr soos hulle kon strek vir daai wurm. Dan sou ek my mond oop rek en skree, “Myne! Myne! Myne!”. Maar aangesien ek die jongste is, moes ek wag tot heel laaste; eers kry my grootse sussie kos want haar nek strek die langste en dan my ander sussie en dan ek. Ek sou nog al die tyd my ma geroep het, “MA, VOER MY!” Uiteindelik , sal ‘n groot sappige wurm by my keel af gestoot word en dan het jy nie ‘n piep uit my gehoor nie. Net totdat ek dit ingesluk het natuurlik. Daarna, steek ek weer my nek uit, rek my mond oop, haal diep asem en…”MA-MA!”

My ma het baie hard gewerk om my en my twee sussies gelukkig te hou. Soos die kos aanhou gekom het, het ek al hoe groter en vetter geword. Maar my lawaai het nie op gehou nie. Ek dink my ma het een dag besluit dat sy genoeg gehad het want voor ek weet wat aangaan, val ek deur die lug oppad aarde toe. “HEEEELP!” Ek het sukkel-sukkel my vlerke geflap maar al wat ek reggekry het was om my lyf om te draai sodat ek met ‘n ‘BOEF!’ plat op my rug op ‘n sagte stukkie gras land. Ek het verstom daar gelê met my kloue in die lug. Toe voel ek hoe ‘n skaduwee oor my val en ek maak stadig my oë oop. “Hullo, wat het met jou gebeur?” Sê ‘n geel bek en twee groot oë staar af na my. “Ek het geval,” sê ek. En toe onthou ek dat my ma my uit die nes geskop het en ek kry myself jammer en begin om te huil. “Hoekom huil jy?” Vra die klein voëltjie my wat nog steeds oor my staan soos ek op die gras lê en snik. “My ma het my nie lief nie!” moan ek deur my trane. “Sy het my uit die nes geskop!”

“Ag, jou lawwe ding, alle ma’s doen dit.” Ek het dadelik opgehou huil. “Huh?”

“Daar kom ‘n tyd in elke voël se lewe wanneer hy moet leer om te vlieg. Jy sou nie self uit daardie nes gespring het nie, sou jy?”

Ek het bietjie daaraan gedink en toe besef ek, “Nee, ek sou nie.”

“Presies, so jou ma moes jou gehelp het. Kom, laat ek jou help om op te staan.” Sy sit haar vlerk onder my rug en kreun soos sy my ophelp.

“Dankie..”

“Myra. My naam is Myra Mossie. Wat is jou naam?”

“Karel.”

“En jy is ‘n kraai.” Ek kyk na haar verbaas.

“Dis duidelik.” sê sy, “Nou kom ek leer jou hoe om te vlieg. Dit is nie baie moeilik nie. Jy klap net jou vlerke so teen mekaar…”

Myra het baie gepraat maar ek het van haar gehou. Vir die res van die middag het sy vir my geleer vlieg; en ek het gevind, ek is taamlik goed daarmee sodat teen die tyd dat die son begin sak het, kon ek terug na my nessie toe vlieg en kop onder my vlerk steek vir die aand, maar nie sonder om Myra te belowe dat ek haar die volgende oggend by die grasperk sou kry.

Ek en Myra het goeie vriende geword. Die ander kraaie het vir my gelag omdat ek rond vlieg saam met ‘n mossie maar ek het nie omgegee nie. Sy was my beste maatjie.

Eendag terwyl ons so saam rond gevlieg het, het ons ‘n skare mense sien vergader by die voet van ‘n heuwel.

“Kaw, Myra, kom ons gaan soontoe, daar sal baie kos wees daar.”

“Dis al waaraan jy kan dink, Karel. Kos, kos, kos. Weet jy, eendag gaan jy so vet word jy sal nie van die aarde kan opstyg nie en dan…”

Sonja het aangehou tjirp soos sy altyd doen en ek het opgehou luister soos ek altyd doen. Ons het gevlieg na ‘n boom wat naby die mense was en rondgekyk.

“Kyk Myra,” het ek haar in die rede geval, “daar is so baie mense. Ons sal verseker hier iets lekker kry om te eet.”

Sowaar, was daar krummeltjies kaas en brood orals en ons het ‘n fees gehad. Teen die middel van die oggend, was ek so vol, ek kon nie nog een hap vat nie. Toe vlieg ek en Myra na ‘n tak toe en ek het my reg gemaak vir ‘n middag slapie.

“Wie is daardie man wat daar praat, Karel?”

“Um?”

“Daardie man na wie almal luister. Wie is hy Karel?”

“Hoe moet ek weet,” het ek kwaai gesê, “shush nou, ek probeer slaap.”

Myra het stil gebly, maar ek het die man se stem duidelik gehoor.

“En ek sê vir julle, my vriende: Moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak en daarna niks meer kan doen nie…” Ek was besig om aan die slaap te raak toe ek die man hoor sê, “Word vyf mossies nie vir twee stuiwers verkoop nie?” Ek kyk na Myra. Sy kyk terug met wonder. “…En nie een van hulle is voor God vergeet nie.” Toe het Myra uitgebars van opgewondenheid.

“Het jy dit gehoor Karel? Het jy gehoor wat Hy van my sê?” Sy het haar vlerke geklap en gesing van blydskap. Ek sien toe dat die man na ons toe draai en vir ons kyk. Hy het geglimlag. Ek wou wegkruip van verleëntheid. Toe praat Hy weer met die duisende mense voor Hom.

“Maar selfs die hare van julle hoof is almal getel. Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies.”

Ek het na Myra gekyk. Sy het nie meer so gelukkig gelyk nie.

“Moenie hartseer wees nie, Myra. Ons mag dalk nie so kosbaar as mense wees nie maar jy het gehoor wat hy gesê het: God vergeet ons nie.”

Myra snik en knik haar kop. Sy het probeer om weer te glimlag. “Dit was gaaf van hom om van my te praat.” Sê sy. Ek glimlag vir haar en kyk weer na die man. Hy was steeds besig om te praat. Sjoe, het ek begin dink, hy praat meer as Myra!

“ Daarom sê ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe…”

“Kom ons gaan Karel. Ons ma’s gaan wonder waar ons is.”

“Asseblief, nog nie nou nie, Myra. Ek wil nog so rukkie luister.”

Asof die man ons hoor praat het, kyk hy na ons en wys met sy vinger na my en sê:

“Kyk na die kraai,” ek het amper van die tak afgeval met verbasing. “want hy saai nie en hy maai nie; hy het geen voorraadkamer of skuur nie, en tog voed jou Hemelse Vader vir hom.”

Ek dog my ma gee my kos? Wie is hierdie Vader wie my kos gee? Ek het nie geweet wie my Vader was nie. En toe onthou ek die feesmaal wat ek en Myra vroeër gehad het. As hierdie man nie hierheen gekom het om te kom praat nie, sou al die mense nie gekom het nie en al die krummels kos daar laat val het sodat ons dit kon eet. Ek kyk na die man. Hy het van my en Myra gepraat asof hy geweet het ons was daar. En hy het vir die mense gesê dat God ons nie vergeet nie. Ken hierdie man dalk vir God en diė Vader?  Hy moet Hulle ken as hy so van hulle praat. So hierdie man en die Vader het vir my kos voorsien!

My kop het so gespin met al my vrae en gedagtes. Ek het gedink aan al die tye wat ek geskree het vir kos. My ma het altyd opgedaag met kos vir my. Al het ek heeltyd gehuil as ek honger was, het ek geweet my ma sou kom om vir my kos te bring. Waar het sy die kos gekry? Ek weet wurms bly in die grond maar party winter oggende is die grond so gevries… en tog sou my ma terug kom met ietsie vir my om te eet in haar snawel. My hele lewe, het Iemand gesorg dat my ma kos vind vir my.

Die man het opgehou praat en op ‘n klip gaan sit. En uit sy kleed neem hy ‘n brood. Hy het begin eet en drink water uit ‘n sak. Skielik het my maag gegrom. Myra lig haar kop uit van onder haar vlerk. “Jy kan nie al weer honger wees nie Karel!” Ek het verleë gekyk na haar en toe sien ek die man kyk vir my en glimlag. Hy breek toe ‘n stukkie van sy brood af, strek sy hand uit en sit die brood op ‘n klip neer ‘n entjie van hom af. Ek sluk. Het Hy dalk my maag hoor grom? Myra het gesien. “Karel…” Sy praat baie minder deesdae. “Ja Myra, ek dink dis vir my.” En voor ek te bang kon word, het ek van die tak af gevlieg na die klip toe. Ek het naby die brood geland en tel dit op met my snawel. Ek het toe na die man opgekyk. Hy het terug na my gekyk met sagte oë.   Dit het gelyk asof hy my geken het.

Van daardie dag af, het ek nooit weer oor kos gekerm nie. Ek het geweet daar sou altyd kos wees vir my. En hoe het ek dit geweet, mag jy vra. Omdat, ek my Voorsiener geken het!

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s