Getuienis 

Ons oudste, Janéy, was in 2013 in Graad R by Doxa Deo Skool. Ek het die skool uitgesoek en gekies al was dit nie naby ons huis nie. Daar was vir my ‘n familie atmosfeer en almal het my vriendelik gegroet. Die onderwys gehalte was vir my uitstekend! Janéy se onderwyseres was toegewyd aan haar leerlinge en het dit reggekry om die lesse leersaam tog prettig te maak. (Janéy het nog maande daarna my goed vertel wat Juffrou vir haar geleer het.) Ek kon sien dat my kind baie veilig by haar gevoel het. Tog was dit die Juffrou wat my aangemoedig het om te tuisskool toe ek met haar meedeel dat ek dit nog altyd wou doen, ek was net nie seker wanneer nie. 

Ek verneem toe dat Janéy baie stil was tydens klas gesprekke en wanneer Juffie in haar rigting sou kyk, sien sy dat dit blyk of Janéy luister maar sy wonder wat in haar koppie aangaan. Verstaan sy die werk? Fokus sy of dink sy aan iets anders? 
My kind het dikwels gehuil oor dit of dat en sou soek vir haar bersie wat elke dag skool toe moes gaan. Haar sensietiewe hartjie het gesukkel as ‘n maatjie nie die dag met haar wou speel nie of selfs toe almal om haar drom om die klas hamster beter te sien. Sy was maar eers 5 jaar oud, so mens kan dit verstaan. Maar sou sy floreer en ‘cope’ in Graad 1? Ons was nie bereid om die kans te vat nie. Ek wou buitendien nie hê my kind moet voel sy moet ‘cope’ op skool nie. Sy moet nie net-net haar kop bo water kan hou nie, sy moet swem! 
Ons eerste jaar tuisonderwys in 2014 was SO fantasties! Ons het gelag en gespeel en saam geleer. Janéy het soveel keer my drukkies kom gee en gesê “Ek love homeschooling!” Ek het gesien hoe my stil, emotionele kind begin ontpop en self-vertroue bou. Ek was verstom toe sy bereid was om sonder mamma haar ballet eksamen aan te durf. Sy en haar sussie hou vir ons ‘Shows’ waar sy dans en sing en word ‘n regte ‘drama queen’! 
Die getuienis gaan oor wat eergister gebeur het by ‘n pragtige sjokolade winkel in Franschhoek. Ons was effe laat vir die aanbieding oor hoe sjokolade gemaak is. So ons stap in ‘n kamer vol grootmense en sit gou agter. Ons hoor oor die kakaoboon en kakaoolie en vet. Daars prentjies en die aanbieder ‘Choc Norris’ wys ook hoe lyk ‘n wit stuk kakaobotter. Ons almal proe ‘n stukkie donker sjokolade asook bruin en wit en toe vra Choc Norris of ons enige vrae het. Ek en my man was baie verbaas toe Janéy haar hand opsteek en toe Choc vir haar kyk, vra sy in Engels (ons huistaal is Afrikaans) “Can you eat that cocoa butter?” Die aanbieder antwoord toe nee. My hart het gebars met trots! Ek het nie geweet sy luister so aandagtig nie! Sy sê nie eers vir my dat sy vragie het nie! So volwasse! 
Dalk kan ons dit gedeeltelik toe-ein aan haar ouderdom. Sy is nou 7 en voel meer self-versekerd as toe sy 5 was. Maar ek glo vas dat dit as gevolg is van tuisonderwys en die verhouding wat ons kon bou in ons Kieswetter Klaskamer. 
  

 

One thought on “Getuienis 

Leave a comment