VIND JOU KIND SE PASSIE – VIND SY KURRIKULUM

Hierdie is so goed gestel en ek stem volkome saam! My oudste dogter toon ‘n liefde vir kuns en daarom probeer ek dit in al ons skoolwerk inweef. Sy teken prentjies langs elke nuwe woord wat sy leer. Sy maak getalle boekies en skryf die prentjies vir elke nommer. Sy moes die week ‘n kalender optrek en teken toe prentjies vir wat ons op sekere dae gaan doen. (Vliegtuig vir wanneer ons Oom Jonathan weer by die lughawe gaan aflaai.) Ek sien dat sy op haar gelukkigste is as sy kan teken, skilder en kunstig wees.

Dankie aan Mariksa Pelser van Da Vinci Kind vir die volgende artikel!

Da Vinci Kind

Passie

As tuisskolers probeer ons hard om vir ons kinders die beste kurrikulum, ondervinding en ‘n gebalanseerde opvoeding te gee. Ons is bekommerd dat ons ons kinders sal faal, en probeer antwoorde kry by ander tuisskolers. Ons vra uit oor kurrikulums, en trek ons “Juffrou hakskoene” aan; reg om ons kinders te onderrig. Dit kom alles van ‘n goeie plek af, maar vir nuwe tuisskolers wil ek sê:

Tensy jy nie jou kind se passie identifiseer nie, is al hierdie geswoeg na kurrikulums en skedules nutteloos.

Die uitdaging om saam met jou kind die pad na sy passie te stap, is ‘n massiewe taak. Dis ‘n pad wat jy nie kan beheer nie. Dit vra van jou om al jou drome vir hom oorboord te gooi, en werklik te laat gaan. Dis ‘n harder pad as ‘n kurrikulum-pad. Dit verg vertroue. Vertroue dat jou kind homself sal vind en uiteindelik sal…

View original post 426 more words

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s