Opsomming van die Jaar 2015

Ons tweede jaar van tuisonderrig was nie so maklik en prettig soos ons eerste jaar nie. Ek glo die Here het spesiale genade uitgestort op ons eerste jaar sodat dit soos ‘n wittebrood jaar was vir tuisonderrig. Laas jaar se blog posts is hier opgesom.

Die jaar moes ons bietjie meer insit, bietjie meer sloer, bietjie meer kop-af-en-werk dae. Ek was ook meer ‘all-over-the-place’ met my temas en idees. Ons het nogsteeds letter van die week gedoen maar hier ‘n paar Bybel karakters gedek, daar sommer hele lande en kulture geleer en dan was daar’n paar kunstenaars in die mengelmoes ingegooi.

Bybel karakters:

Abraham

Dawid

Josef

Petrus

Josef was my gunsteling omdat ons ‘n jas uit felt gemaak het en sy storie daarop vertel het.

Lande en antieke wêrelde wat ons van geleer het:

China

Antieke Egipte (Deel 1)

Antieke Egipte (Deel 2) 

Indië

Egipte was verseker die hoogtepunt van die jaar. Ons het soveel kuns en kreatiewe goed gemaak, dit was wonderlik! En saam met vriende ‘n hele Egiptiese Dag gehad wat baie pret was!

Die kunstenaars wat ons oor geleer het:

Gustav Klimt 

Leonardo da Vinci 

Die kunstenaars het goed gewerk vir my oudste kind wie baie lief is vir kuns. Ek wil volgende jaar heelwat kuns en kuns geskiedenis doen.

Dan het ek baie gebid en bepeins die jaar, wat seker gebeur wanneer tye bietjie taaier gaan.

Die Gebed van ‘n Tuisonderrrig Mamma 

Een Voordeel van Tuisonderrig

My Missie Stelling vir Kieswetter Klaskamer

Vordering se Nuwe Betekenis

Wat ek meer sal wil doen volgende jaar is verse en gediggies memoriseer. In ons eerste jaar het ons verse en rympies afgewissel elke week en dit het vir my soos baie vordering gevoel.  Ek dink ek voel ook dat ek minder voltooi het omdat ons nie deur die hele alfabet gekom het nie. Mens wil voel dat jy dinge klaar gemaak het. Maar is dit ‘n ware meting van vordering? Nee. Want ons kan al die letters behandel het maar my kind sal dalk nie almal kan onthou nie, dan wat help dit my en haar? Ons het wel wiskunde boeke klaar gemaak. En die lees het verbeter. Elk geval, ek moet vrede maak met minder merkwaardige vordering want volgende jaar arriveer ons tweeling en dan gaan dinge dalk stadiger en anderste werk.

Op ‘n positiewe noot, my kinders is baie gelukkig en meer selfstandig as laas jaar. Oor naweke ‘werk’ hulle vir pret. Doen somme en skryf sinne en maak kaartjies en geskenkies vir al wat ‘n maatjie. Ons gesprekke in die kar is intellektueel en logies. Hulle is nie uitgeput of moedeloos nie. Ons speel bordspeletjies en hulle hou vir ons konsert. So, as dit iets is wat mens wou meet, is ons gesinslewe so gesond en gelukkig en eks seker dit is ook belangrik. Maar ek voel ek probeer myself verdedig of opmeet teen skoolgaande kinders en ek hoef nie. Ons is nie in ‘n wedren teen hulle nie, is ons?

Advertisements

6 thoughts on “Opsomming van die Jaar 2015

  1. Baie dankie vir al jou moeite om hierdie inligting deur te gee. Ek waardeer dit baie. My eerste jaar was 2015. Ek is lus om defnatief volgende jaar met ‘n plan die nuwe jaar aan te durf , maar net tyd sal kan sê

    • So bly as ek kan help Cornelia! Ek sien ek voel meer suksesvol wanneer ek met ‘n plan gewerk het, selfs as dit net losweg in my kop was. Maar ons kinders raak oulik en stel goed voor en dan werk dit as ons nie ‘n plan het nie maar hulle die teuels gee. 🙂 Geniet jul vakansie!

  2. Dankie Janet!! Baie waar woorde. Niemand is in kompetisie nie. Ons werk net bloot teen ons eie kinders se pas. Ek dink persoonlik dis belangrik dat die gesinslewe gesond is….belangriker as baie ander dinge. Weereens baie dankie vir jou blog. Al gee ek nie altyd kommentaar nie inspireer jy my baie. xxx

  3. Jou blogs is soos ‘n vars Lente briesie Janet, baie dankie dat jy die tyd vind om met ons te deel. Ek kry myself kort-kort dat ek my seuns wil meet aan skoolgaande kinders en dit put my uit. Ons moet stop! Ons hoof fokus moet altyd bly om positiewe karakter in ons kinders te bou. Die res pas ons tussenin. Ek het laasjaar met ‘n nuwe baba getuisskool en verhuis….al waarop ek my toegespits het is om kinders gelukkige mensies te hou. Baie in die bed gelê saam met al die seuns en net boeke gelees. Vir jou dogters gaan die tweeling se versorging genoeg leer wees wat hul weer eendag gaan moet toepas. Baie sterkte en geniet jou beautiful girls♡

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s