Ons vier A.A. Milne se verjaardag met ‘n Winne the Pooh partytjie

Ons het weer die jaar afgeskop met die letter A. Die wie my al ‘n rukkie volg sal weet dat ek tot Letter Q gevorder het laas jaar, maar in plaas daarvan om met R aan te gaan, begin ons van voor af en kom hopelik by Z uit voor die einde van die jaar. (Ons het buitendien in ons eerste jaar van tuisonderwys ‘n baie lekker Z is vir zoeloe skootboek gemaak so ek was nie te gepla nie.)

Die motivering hiervoor is dat Janéy (8) begin met lopende skrif terwyl Ilani (5) haar druk skryf behoorlik oefen. So albei oefen die A letter in hulle soort skrif! 

 Ek het my eie Lopende Skrif Plakkaat gemaak. Net deur te Google hoe moet elke letter lyk en dit te lamineer. Mens kan allerhande skryf kurrikulums koop en werkkaarte of boeke maar dis nie eers nodig nie. My kinders oefen in ‘n gewone boekie hulle letters. 

Lopende Skrif Plakkaat

Ek het ‘n lekker taal fout gemaak toe ek beplan oor wie ons sou leer vir die letter A. Ek het gedink ek sal my kinders oor Aesop se Fabels leer! Ek het opgelees oor hom en Afrikaanse stories gevind wat ek vir hulle kon lees. Elke storie het ‘n sedeles wat ons daaruit kon leer. Maar toe, aan die einde van die boekie, lig die boekie my so gaaf in dat die stories oorspronklik deur Esopus vertel is. Eeeesopus, nie Aesop nie! So, daar wonder ek weer wat het hierdie Engelse-eerste-taal mamma gedink om haar kinders in Afrikaans te probeer tuisonderrig. Maar nou ja. Dis kamstig hulle moeder taal. 

Woensdag, toe al die skool kinders terug gaan skool toe en ‘pose’ vir trotse mammas, voel ek effens mismoedig. Doen ek nog die regte ding? Ontneem ek nie my kind van iets belangriks nie? 

Dis normaal om hierdie vrae te laat swem in jou kop. Maar moenie oorgee aan hulle nie. Kom terug na die beroep op jou gesin. Ek het geweet dat ons, of altans ek, iets prettig en opvoedkundig nodig het om die vlammetjie vir tuisonderwys weer sterk te laat brand. 

En ek vra die Here vir idees. Oor wie kan ons leer? Esopus sal nou moet wag tot Letter E week. En daar is ‘n deuntjie in my kop. 🎶 Winnie the Pooh, Winnie the Pooh, chubby little chubby all stuffed with fluff” 🎶 So, ek Google gou wanneer verjaar die skrywer van die Winnie the Pooh stories, A.A. Milne en is verheug om te sien dis nou Maandag, die 18 Januarie. Want dit beteken ons kan ‘n Winnie the Pooh partytjie hou en oor die Milne ou leer! Sy van begin nou wel met ‘n M, maar ons vat daai twee voorletters en woeker met hulle!  Ek stuur ‘n voice note aan my beste vriendin en tuisonderrig kameraad en sy is aan boord met ‘n partytjie. Wat ons vandag (Vrydag) gehou het. 

Kyk net hoeveel pret het ons gehad!

 Ek het sy foto uitgedruk en gelamineer om die kinders te wys. Hy was 18 Januarie 1882 gebore. En hy is reeds dood. 

dis die man wie verjaar: Alan Alexander Milne

Hy het eers wiskunde geswot en in die Eerste Wêreld Oorlog geveg voordat hy getrou het en Pa geword het. En sy seun se naam? Christopher Robin! En die seun se speelgoed was die einste beertjie, tier, donkie en varkie wie die inspirasie was vir die karakters in sy storie. 

Ilani oefen haar A

 Die kinders het my gehelp om heuning potte te maak met ‘n ou blik en inkopie sakke wat ons toegedraai het met papier. Hier verf Ilani haar potjie en vandag was sy Winnie the Pooh met my ou geel hemp aan.   

Ek het ‘n Eeyore geGoogle en toe geteken en verf. Die kinders het my baie gehelp met die verf en inkleur van die donkie se sterte. Vandag, het hulle en die maats Pin the Tail on the Donkey gespeel en so gelag vir mekaar se stert-posisies. Dit bly ‘n prettige speletjie! 

   

My vriendin het so oulikke heuning pot gemaak van paper mâché en tuisemaakte sjokolade bytjies. Sy het ook oranje jellie Winnie the Pooh’s gebring. Nog ‘n tuisskool mamma het eetgoed uit Rabbit se tuin gebring asook Tigger-stertjie chips. Ek het ‘n koek gebak en so was daar heelwat tema eetgoed wat my baie bly maak. 

  

  Ek het vir die kinders ‘n snaakse gedig gelees uit A.A. Milne se versameling. En ons het You Tube liedjies van ou Pooh Bear geluister. 

Julle, dit was great! Die kinders het lekker gespeel, die mammas het lekker gekuier. En ek hoop hulle het ook iets geleer. Wat ek geleer het is dat wanneer mens ‘n storie vir jou kinders skryf, weet jy nooit hoe groot dit kan word nie. Alan het nooit gedroom dat 100 jaar na Winnie the Pooh eers “o Bother” gesê het nie, sou daar flieks, stories, sagte diere, liedjies, inderdaad ‘n hele Winnie the Pooh beweging wees nie! 

Wat sê die Woord? Moenie die dag van klein dingetjies gering ag nie. (‭SAGARIA‬ ‭4‬:‭10‬ AFR83)

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s