Daniël Lapbook D-week

Laat ek van die begin af sê dat hierdie werk oor twee weke gebeur het, nie net een nie. Ons het ‘n atletiek dag gehad laas week, asook besoek aan die dokter vir ‘n sonaar van my tweeling. Ons was hierdie week Nature Kids toe waar ons geleer het oor giftige goeters. So, toe die dae te min was om die Daniël skootboek klaar te maak in een week, besluit ek om aan te hou die week met D. En soms gebeur dit dat dinge nie uitwerk soos beplan nie, en dan moet jy maar buigbaar wees en aanpas. 

Om ‘n skootboek te maak, kan mens of ‘n lêr koop of 3 blaaie saam plak. Ek het die keer 3 swart blaaie swart karton geplak met selotape. Ons begin altyd met die voorblad. Janéy skryf die opskrif, Ilani kleur die prentjie in. Ek het ‘n vers gesoek wat Daniël opsom. Janéy het dit op die rekenaar uitgetik en toe druk ons dit uit. 

  

Ek lees altyd van die oulike Bybel: Kinders@Bybel.co.za omdat die taal maklik verstaanbaar is, tog is die hele storie daar. Ek lees dan die eerste hoofstuk vir die kinders en ons kry agtergrond oor Daniël. Dat hy as gevangenis uit sy tuisdorp geneem is na ‘n heiden land toe. Ons druk die kaart uit sodat die kinders kan sien van waar hy was en waar hy nou moes bly. Die ou Babilon was blykbaar omtrent 80km suid van die hedendagse Baghdad.

 

Dit het Daniël meer indrukwekkend gemaak om te besef dat sy familie was heelwaarskynlik doodgemaak en hy as jong man weggesleep is na ‘n vreemde land en kultuur. Maar sy houding bly positief en standvastig. Hy is dapper en weier eerstens om die kos te eet wat die koning beveel almal moet eet. Dis teen sy beginsels om kos te eet wat aan afgode geoffer was. Dis buitendien ongesond en hy sal dit bewys binne 10 dae. Gelukkig het hy vriende wie saam met hom slegs groente eet en water drink. En hulle staan dadelik uit as aantreklik, slim en gesond. 

Ons behandel toe die 5 voedselgroepe. Daar was baie geknip en geplak wat my tweetjies baie geniet het. (Dit was eers ‘n netjiese sirkel maar wou toe nie in die A3 lamineer bladjie pas nie. Dus, lyk dit nou so.)    

   

Koning Nebukadnesar speel ‘n groot rol in Daniël se storie en daarom verskyn ‘n prentjie van hom in ons skootboek. 

    

So ons doen eers wiskunde en taal voor ons pouse en dan werk ons aan die Daniël projek.  

Die kinders oefen hulle skryf en lees en ek soek juis die d-werk in die werkboeke wat ons gebruik. Ek het Daniël werkkaarte gevind by http://www.christianpreschoolprintables.com/Pages/BibleABC/Daniel.html

Ilani oefen haar D

Nog werk vir Ilani (5)

 

Toe is dit Koning Nebukadnesar se droom oor die standbeeld. Ons vou dit sodat dit kan opvou en ‘staan’ soos ‘n standbeeld. Wat pret is van die storie is dat die koning vir niemand sy droom wou vertel nie! Hy wou nie hê dat iand die uitleg net opmaak nie. So Daniël vra toe die Here en God gee vir hom presies dieselfde droom daardie nag! En ook die uitleg daarvan.  

 

Die woorde wat Daniël vir die koning sê toe hy kom met die uitleg van die droom, het my kinders beindruk. “Die geheim is vir my verklaar, nie omdat ek slimmer is as enigiemand anders nie, maar omdat God wil hê dat die koning moet verstaan waaroor hy gedink het.”(‭DANIËL‬ ‭2‬:‭30‬ NLV) Hy het nie krediet geneem  daarvoor nie maar altyd weer na God gewys. Ons het gesels dat dit is wat ons moet doen: wat ons sê en doen sal mense dalk verbaas maar ons wys heeltyd weer terug na God wat die geëer is van wysheid en talente. Ek lug my arms in die vorm van ‘n L en preek vir my kinders. “Nooi mense na jou toe met die dwars arm, laat hulle deur die liefde en vriendelikheid van God na jou toe getrek word en wys hulle dan na God met jou vertikaal arm. Dis Hy wat jou maak soos jy is.”

Ook Nebukadnesar se droom oor ‘n boom. Die boom word afgekap en so as jy die boom vou, is die stomp en die bees wat Nebukadnesar geword het aan die agterkant. 

   

  

Die idee van ‘n skootboek is om baie informasie op oulike maniere te vertoon. So daar moet soveel mini-boeke wees as moontlik. Ek het ‘n Engelse Daniël lapbook gevind hier, maar het toe niks daarvan gebruik nie.  

Na Koning Nebukadnesar, was daar Koning Belsasar. God het mos op sy muur kom teken. 

Die betekenis vir die woorde is onder die woord geskryf.

Die kinders het met bordkryt op die buite mure geteken. dit spoel maklik af

 En toe is dit uiteindelik Daniël in die leeukuil se beurt! Ek wou hê dat die leeus se monde moes kan oopmaak want alhoewel hulle nie aan Daniël geraak het nie, moes die kinders besef dat hulle wel gevaarlike leeus was!

   

 

Die res van die boek van Daniël gaan net oor sy baie drome. Ek het oorweeg om ‘n mini-boek te maak met prente van sy drome maar hulle is nie juis kinder-vriendelik nie. Hy droom mos van vreemde diere en horings met oë op. So ons skootboek eindig maar by Daniël 6 en die leeus wat mense opeet. 😜

   

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s