E is vir eksperimente

Ek het eers nie geweet wat se e-onderwerp om met my kids te behandel nie. En as ek nie weet nie, gaan ons net aan met wiskunde en taal en skryfwerk. 

My kinders het self die Experilab boksies in die spens gaan uit snuffel. Dis al meer as ‘n jaar daar vandat ek dit by ‘n Experilab vertoning gekoop het. En nou vind hulle dit en ons maak die Monster Slime eksperiment. 

Dis baie eenvoudig: meng die groen polymer mengsel met die boraks wat voorsien is en roer! Daar word dit lekker slymerige gloop! Die kinders het dit natuurlik later ‘snot’ genoem. Tenike vir al, wou elke dag met die ‘snollies’ speel. Dit hou mooi lank as jy dit in plastiek sakkie bêre. 

  

Die volgende dag, maak ons die ander pakkie Experilab oop wat hulle Martian Mud noem. Dis eintlik toe net gekleurde mealie stysel (Maizena), so moenie jou geld daarop mors nie! Maar dis ook vet pret om die snaakse eienskappe daarvan te sien wanneer jy dit met water meng. Hard as jy daarop druk maar drup soos stroop as jy dit optel. My kinders het gulsig gemors en dit baie geniet! Ons het ‘n stres balletjie daarmee gemaak deur om die maizena/water mengsel in ‘n ballon in te skep. Ek kon nie baie in pas nie maar genoeg om die vreemde gevoel te gee as mens daarop druk. 

 

Om dit ‘n meer leervaardige oefeningtjie te maak, moes die kinders ‘n tabel maak in hulle netjiese boeke waar hulle die twee eksperimente vergelyk. 

  

Ek besluit toe dat ons nog eksperimente kort en soek op Pinterest. Daar is maklike eier in asyn eksperiment. Ons gooi toe asyn bo oor ‘n rou eier en los dit oornag. Janéy het blou voedselkleursel in haar mengsel gesit. Binne 24uur het die eierdop heeltemal afgekom en die eier binne soos gel geword! Blykbaar na ‘n week se week in die asyn, gaan die eier soos hard soos rubber wees sodat mens dit kan bons! Ons wag nou daarvoor!  

  

En toe het ons Donderdag nóg eksperimente gedoen saam Tannie Anne-marie van Experilab! Julle, baie maklik om die bestandele bymekaar te maak, wil dit graag by die huis probeer! Die gaan oor sure, alkali en neutraal vloeistof. Die suur was die asyn. Die alkali was koeksoda en neutraal is natuurlik water. Maar die toertjie is die gekookte rooikool water! So pers mengsel. Dit is die indikator! Die kinders het druppels van die koolsap in die ander vloeistowwe gedrup en dit word die mooiste kleure! Die basis word groen! Die suur is ‘n pragtige pienk en die water is net ligte pers. Anne-marie sê mens kan ook beetsap gebruik as indikator. So dis maklik om die eksperiment by die huis na te maak! 

Ek wil ook net vertel van die ongelooflik oulike webwerf wat kinders leer Engels lees! Stap vir stap, letter vir letter met baie kleurvolle speletjies. http://www.readingeggs.com Die eerste twee weke is gratis. Janéy het Saterdag ure daaraan spandeer, heeltemal onafhangklik aangegaan. Ek kry toe e-pos wat sê sy kan “I am Sam. I am a fat cat.” Lees! Sy nou juis weer daarmee besig. 😄

  

Ilani se eier

  

Janéy se eier wat in blou voedselkleursel en asyn geweek was

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s