Ons maak die Jesus standbeeld 

Omdat die Olimpiese Spele die jaar in Rio Janeiro plaasvind, het ek besluit dat ons die groot Jesus standbeeld moet maak. Die kinders sien dit baie op televisie wanneer hulle die Olympiade kyk, so om die model daarvan te maak sal dit verder in hulle breine vasmaak.

 

So hoe dit werk in ons tuisskool, ek dink so paar dae aan die ding wat ek wil maak en hoe ek dit gaan doen. Ek soek idees en handleidinge op Pinterest maar daar was niks. Dan versamel ek die goed wat ons nodig het om die projek te maak. Ek vertel die kinders my idee en gewoonlik wil hulle dadelik begin om daaraan te werk. Maar ek kan nie altyd dadelik help of toesig hou nie. So soms moet hulle vir my wag, soms vir dae lank, voor ek tyd kry om aandag te gee aan ons idee. Dis hoekom beplanning en skedules nie vir my goed werk nie. Ek moet elke dag vat soos dit kom. As die tweeling sleg geslaap het die nag, gaan ek nie iets intensiefs en veeleisend aanpak nie. Ek gaan die dag stadig in en laat die kinders speel tot hulle vreugde bekers oorloop. Ander dae, voel ek fluks en bedrywig. Ek gryp die bul by die horings en roep die kinders nader om te werk. 

So ek het ‘n ou plastiese drinkbottel in die stoorkas gesien wat perfek sal werk vir ons Jesus standbeeld. Sy formele naam is Christ the Redeemed, vertaal na Afrikaans toe is dit seker, Jesus die Verlosser. Ek het reeds klei en tipe gips in my stoorkamer wat ek lank terug gekoop het. Só lekker as ek al die gereedskap reeds het en hoef nie iets te gaan koop nie, (want dit gaan die hele projek weke uitstel!) 

Sodra ons ‘n tydjie het, wat op ‘n Vrydag geval het die week, begin die kinders die bottel met klei toemaak. Dis nie presies die metode wat ek in gedagte gehad het nie maar ek sien dit gaan werk en los hulle. Dis wat ook nodig is om tuisskool mamma-juffrou te wees. My idee was om die klei netjies plat te rol en dan die bottel egalig toe te maak daarmee. Hulle breek stukkies klei af en plak. Dit het dieselfde eind resultaat- ek los hulle. 

  

Ons soek iets om Jesus se kop te wees. Verskeie voorwerpe is getoets vir grote en vorm tot ons op ‘n ou vitamien botteltjie afkop wat perfek sal werk. Die word ook met klei toegeplak. 

Janéy vorm Jesus se gesig daarop. Sy geniet haarself. Ek hou ‘n baba vas en kyk oor haar skouer. Dit lyk nie vir my reg nie maar ek sê niks. Dit maak nie saak nie. Toe raak die klei op en ek moet die babas aandag gee en daar laat staan ons die taak. 

Ek wonder of dit nou die einde is daarvan. Maar deur die nag dink ek aan wat ons vir arms kan gebruik: plastiese messe! En ek het sout en meel in die spens, ek sal sommer gou nog gewone klei maak. Saterdagoggend, slaap die een tweeling sussie mooi, ek lê haar sussie neer op die bank en maak vinnig nog klei. 

Ek maak gate in die bottel en klei met ‘n skerp mes, die plastiek messe pas maklik daarin. Die kinders hou baie daarvan- dit lyk vir hulle soos ‘n vliegtuig en hulle vlieg met Jesus eers so bietjie om die kombuis.  

Dan is dit tyd vir die pleister. Ek het hierdie Plaster-Cloth by Jimnettes gekoop. Dit kom as ‘n rol wat jy in repe kan sny. Dip dan in lou warm water en sit dit op. Baie maklik! Jy kan dit nog bietjie buig en vou terwyl dit klam is maar dit word hard wanneer droog. 

Ilani gebruik ‘n kwas want dit lyk lekker.

      

Nou wil ek ‘n agtergrond maak daarvoor met bietjie inligting op maar dis naweek en die kinders wil speel. (Wel, hulle wil elke dag speel.) Ek ‘squueze’ so bietjie werk uit hulle uit. 

  

Ilani kleur Brasilië se vlag in. Janéy onthou die Olimpiese ringe se kleure van laas week se inkleur opdrag. Die ringe verteenwoordig die 5 Landgroepe wat in die Olimpiese Spele deelneem: Africa, Europ, Asia, Americas, Oceania. 

Die Jesus standbeeld is 30m hoog en sy arms strek 28m wyd. Dit was ontwerp deur die Franse beeldhouer Paul Landowski en gebou deur engineers Heitor da Silva and Albert Caquot. Dis gemaak van speksteen. Dit het 9 jaar geneem om klaar te maak vanaf 1922-1931. Al hierdie feite is gerangskik op ‘n lig-die-flap papiertjies om maklik dit te kan sien

  

Daars oop kolle, dink dit kon beter en netjieser gedoen word. Wonder of daar ooit, in die geskiedenis van webjoernale, iets geplaas word wat nie 100% perfek is nie? Ek sou  dit self mooi wou klaar maak maar moet vrede maak dat ek nie nou sal kan nie, ek wieg meeste van die dag ‘n baba. En buitendien, my kinders gaan niks daarby baat as ek hulle taak mooi voltooi nie. 

  

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s