Katapult Kuns

Ja, volgens Majstro – die webwerf wat ek gebruik vir vertaling – is die Afrikaans van catapult, katapult! Ek verwys na die slingervel-kettie tipe apparaat wat die middeleuse mense kastele mee aangeval het. Ons het baie eenvoudige soort gemaak vir ons kunswerk byeenkoms vandag. 

  

Ek is deel van ‘n klein groepie tuisskolers wat elke tweede Vrydag bymekaar kom vir kuns. Toe ek uit kuns idees raak, soek ek op Pinterest vir prettige wetenskaplike aktiwiteite. Ons het ‘n een keer eiers toegdraai en van ons eerste verdieping venster uitgegooi om te kyk of hul nie sal breek nie. Lees hier van ons Egg-drop Experiment. 

Ek het die katapult idee so rukkie terug op Pinterest gesien. Daars klomp soorte wat mens kan maak en ek en my kinders het vroer die week ‘n paar probeer en uitgetoets. Ek was beindruk met Janéy wat vanaf die You Tube video, haar eie een maklik gemaak het. 

  

Ek het eers vir die maats die basiese struktuur van ‘n katapult gewys en ook waarvoor dit gebruik was.

  

Toe het ek werkkaarte vir die kinders om die woorde in te vul. 

 

Toe wys ek vir die kinders ons ander voorbeelde van katapults wat ons vroer die week gemaak het. 

  

 

  

 Toe was dit tyd vir elkeen om hulle eie klein katapult te maak. 

 

 

Stap 1: Neem 3 roomys stokkies en stapel hulle op mekaar. Maak ‘n rekkie styf vas aan albei kante. 

  

 

Stap 2: Sit die ander 2 roomys stokkies op mekaar en maak een rek vas om een kant.

 

 

Stap 3: Nou kan jy die 3 stokkie stapel tussen die twee stokkies plaas en die lepel met rekkies an die boonste stokkie aanheg. 

  

En nou begin die pret eers! Ons het al die huisies en kastele wat ons besit in ‘n ry teen die venster gepak en klein dierties en Lego mannetjies op hulle rangskik. Toe kon die kinders lekkers in hul lepels laai, mik vir die teiken, en skiet! Ek het die video van die opeinden op my Facebook bladsy gelaai. 

   

Die slim seuns het dadelik hul eie katapult uit Lego gebou en dit het nóg beter geskiet. Dit was wat ek gehoop het sou gebeur: dat die kinders sal besef hul katapult kan aan verbeter word en veranderinge aanbring.

  

Hoorah vir katapult pret! 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s