V is vir Vis

‘n Foto wat ‘n vriendin vir my Sondag gestuur het, het my geaktiveer vir die week. 

 

Sodra ek dit gesien het, was ek geinspireer om te leer oor vis en laat die kinders vissies met nette vang. Ons is al verby die ouderdom waar hulle klankies moet leer. Wel, tot my jonger dogters weer daar is! 

Eers, moes Janéy haar eie visnet maak. Met ‘n draad hanger en ‘n lemoensak. Die lemoensak was Ilani se blink plan! Toe ryg Janéy ‘n lint deur die sak en maak dit sekuur. 

   

 

 

Toe teken ons eenvoudige vissies en skryf die woorde op. Dit het vir my gegaan oor nuwe woordjies lees. Ons is gelukkig om ‘n lamineer masjien te hê so kon vinnig ‘n paar viswoordjies reg hê om uit te vis.

   

 

Die volgende dag, na wiskunde, haal ons die oulike naslaan boe uit: Alles oor Suid-Afrika. Daarin was baie goeie inligting oor varswatervis asook seevisse. Ons maak toe fotokopië van die visse en bespreek baie van hulle. Tenike (3) wou graag hulle uitsny en sy het goed gedoen! Die longvis was vir al baie interessant! Hy het werklik longe soos mense! Ons kyk toe ‘n You Tibe video oor die eienaardige vis. https://youtu.be/vGj3XJjPIuU

   

  

  

Toe vis hulle weer vir die visse en leer die name ken! Die baber het ‘n snor. Die tongvis lyk soos ‘n tong. Die reënboog forel het ‘n pienk streep aan sy kant. Die muskietvis eet die larwe van muskiete (dank die Here vir daai vis!). 

 

Die volgende dag was dit tyd om ‘n vis te teken. ‘n Vinnige soektog op Google het gewys dat Wikipedia die beste tekening van ‘n vis gehad het asook die name van die vinne in Afrikaans. 

Janéy se vis

Ek sien nou dat ons die kiewe uitgelos het! En ons het dit juis bespreek. Hoe die kiewe suurstof uit die water filter en in die bloed oorplaas. Dis lekker om dit uit te dramatiseer met groot bewegings asof iemand sit in die kiewe,  die suurstof gryp en dit oorhandig vir die bloed. So onthou hulle dit beter. 

Ek het die kinders afgelaai by die hengel winkel naby ons. Ek het die vriendelike winkelier vertel dat ons tuisskolers is en gevra dat hy hulle bietjie vertel van als in die winkel. Ek moes in die kar sit met my babatjies wat slaap. Toe ek na so rukkie gaan loer op hulle, babbel Ilani oor die longvis war onder die grond in ‘n soort kokon wegkruip. Hulle kom toe so ‘n rukkie terug met nuwe kennis van al die soort aas wat mens kry om verskillende vis te vang. (Janéy het notas geneem in haar notaboekie.)

  

Vir kuns, het ons op iets afgekom terwyl ons die klaskamer opruim. Gedroogte gom wat ons aftrek van die tafel is wit en lekker om mee te speel. Toe maak ons vissie vorms op die tafel met die houtgom en wag toe ‘n dag voor ons dit aftrek. Swart papier is die perfekte agtergrond vir hierdie wit gom visse. 

 

 

 

En natuurlik moes ons vis eet! Heerlike forel vanaf Woolies was meer gewild met die mamma as die kinders. Maar hulle het darem geproe. 

  

Volgende week gaan ons leer oor water en waterbesparing. Ek beplan ook om ‘n water opvang kontrapsie te bou omdat my bediende nooit genoeg water het nie. Ons wil graag vir haar wys hoe kan sy reënwater  opvang en stoor. 

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s