Eu vir reuse sleutel

Ek hou daarvan om temas om ‘n klankie te bou. Ons het al Bou ‘n Ou gedoen asook Oe vir Pampoen Koets! Nou is dit die bEUrt van eu. 

Eerstens het ons ‘n reuse eu met handdoeke op die gras gemaak.  

Ons het papier geskEUr en geplak op die diftong. Janéy het al die eu woordjies geksryf. 

 

 

‘n Lekker aktiwiteit vir my kleuter (3) was om sleutels te pas op die plek waar ek hulle vroer afgetrek het. 

   

Sy wou ook graag self aftrek.

‘n Lekker aktiwiteit vir my Graad 1tjie was om woorde en prentjies uit ‘n tydskrif te soek met die klank eu. Knip en plak!

  

Sy het ook die werkies in haar Klanke boek gedoen. 

  

Vir wiskunde het ons geleer oor Breuke. Ilani wou graag al die werkies in Vlak 1 voltooi sodat sy die sertifikaat aan die einde van die boek kon verdien. Dit is Slimkoppies se boek oor Breuke vir Graad 1-3.

Die kinders het self gesê hulle wou speel met rEUke. Ek het hulle toe geblinddoek en ‘n oaar goed laat ruik. 

Janéy ruik ‘n stokkie kaneel met haar nEUs

 

Janéy het vir my gelees uit haar gepaste Tippie boek. 

 

Sy het ook eu werk gedoen in haar boek asook Breuke werk. Maar wat ek oor die meeste trots is, is haar storie oor Die Sleutel. Sy het dit so baie geniet om te skryf, dat sy nog baie stories daarna geksryf het. 

Eers het sy sinnetjies met eu woordjies geskryf.

  

  

Ek het self ‘n belangrike sleutel ontdek die week. Die sleutel tot tuisskool sukses. Ek het allerhande plannetjies gehad vir my kinders. Ek wou leer oor die neus maar kon nie ons liggaampie boek opspoor nie. Toe wou ek hulle leer van hoe ‘n slot werk en ‘n sleutel draai. Ek het gedink om hulle te neem na ‘n slotmaker en kyk hoe hy sleutels sny, maar dit het toe nooit gerealiseer nie. Wat wel gebeur het, is dat my dogter ‘n liefde vir skryf ontdek het. Sy het elke dag die laaste week, ten minste twee stories geskryf. Self gesit en dink en af en toe my gevra hoe om ‘n woord te spel. Ek was so opgewonde! 

As ek haar heeltyd met my idees besig gehou het, sou sy nie kans gekry het om te skryf nie. So, my moegheid en besig wees met my babas, het eintlik vir haar geleentheid geskep om te sit en skryf. 

Die ander aktiwiteite sou oulik gewees het, en ek moedig jou aan om klomp dinge te doen as jy kans en energie het daarvoor. Op die regte tyd, gebeur die regte goed. Lê die fondasie van klankies en skryf oefen en kyk hoe jou kind skielik ‘n reuse tree gee! 

 

Advertisements

2 thoughts on “Eu vir reuse sleutel

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s