Ons Nieu-Seeland Vakansie (deel 1)

Ek wil graag ons wonderlike vakansie vasvang en die mooi herhinneringe met fotos bêre vir my kinders om weer na terug te kyk. 

Dit was herfs in Nieu-Seeland, soos in Suid-Afrika maar heelwat kouer. Die maksimum temperatuur was 13’C. Die son skym helder en dit laat mens dink dat dit ‘n warm dag gaan wees. My kinders en die inwoners wil net kort moue aantrek en sweer hulle kry nie koud nie. 

   

   

Ons het gegaan om my broer se keuse van lewensmaat te ontmoet en bietjie leer ken. My ouers het vanaf engeland gevlieg, my oupa en ouma vanaf die Kaap, my ander broer ook van die VK– als moontlik gemaak deur my aanstaande skoonsus se pa, wie ons genooi het na hulle vakansie huis in Raglan en ‘n groot deel van ons reis soentoe betaal het. 

   

 

Die vlug soentoe het baie goed gegaan. Die babas het ‘m groot deel van die vlug in Qantas se oulike baba bedjies geslaap. My ouer kinders het geniet om flieks te kyk en vliegtuig kos te eet. Ons was ekstra sitplekke gegee so almal kon lê en slaap. Maar ek kon nie slaap of fliek kyk nie. Ek het geniet om net te sit en ‘n omgee oogie te hou oor my kroos. 

   

  

Daar aangekom en ons is dieselfde bus gegee as wat ons hier mee ry! So kon ons Die Noord Eiland van Neui-Seeland plat ry in gemak. Ons het in Aukland geland naby aan middernag so ons kon nog nie die land sien nie. Ons kon lekker met my broer gesels almdie oad na ons vakansie huis in die stranddorp Raglan. Ons almal het dadelik verlief geraak op Raglan. So lekker hippie gevoel. Die water van die see loop verby soos ‘n rivier al is dit nie regtig ‘n rivier nie maar ‘n lang strandmeer. Ons kon elke dag die water sien uitspoel en die landskap dreineer met lae gety en dan met die skuif van die son, weer vol tap tot hoë gety. Dit was altyd so mooi en interesaant vir my- ek het graag gaan stap op die modder vlaktes wat die lae gety ontklee het. Die gevoel van skulpies wat onder my skoene breek het my meteens skuldig en bly laat voel. Maar die koue wind het ons weer vinnig binne toe gejaag. 

   

    

Nieu-Seeland is 10 ure voor ons so hulle slaap die aand as ons die dag eers begin. So my babas het vir die eerste week hul nag en dag verkeerd om gehad en my kinders was almal 3uur wakker en lus om te eet. Gelukkig was Oupa en Ouma daar om te speel en help oppas! 

   

 

Ons het besluit dat moegheid en siekte (griep het sy rondtes gemaak) ons nie sou keer om die Kiwi land te ontdek en verken nie! 

So, ons het gaan stap en gery en gelag vir al die vreemde name van dorpe en riviere. Name wat ons nie kon uitspreek nie.  

      

Nieu-Seeland is baie groen en daar is baie water. Baie reën maak dat daar baie riviere en strome is. Berge en heuwels maak dat daar watervalle is. En die waterval by Bridal Valley Falls was baie mooi! 

 

    

Twee van my 5 dogtertjies het verjaar tydens ons vakansie. Hoe spesiaal vir hulle om dit te vier saam met ouma en oupa, ouma- en oupa-grootjie, ooms en nuwe tannie! 

   

             

word vervolg…

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s