Resensie: Lieflik en Loflik

Louise Bodenstein, is ‘n tuisskool mamma van 6 kinders en die ontwikkelaar van die Afrikaanse grondleg kurrikulum, Lieflik en Loflik. Die pragtige naam verwys natuurlik na die Filipense vers wat sê: “… vul julle gedagtes met alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is.” Die kurrikulum beloof verseker om jou kind se gedagtes te vul met lieflik en loflikke dinge!

Louise vertel op haar tuisblad dat sy ‘n droom het ‘van ‘n opvoeding waar kinders blootgestel word aan die mooi in die lewe , waar hulle smaak knoppies ontwikkel is om ‘n dieet van klassieke kuns, letterkunde en musiek te verkies bo die oppervlakkige kitskos dieet van opvoeding wat vandag vir ons kinders aangebied word’. 

Lieflik en Loflik is gebou op die prinsiepe van Charlotte Mason, die 1800’s se opvoedkundige deskundige waarop baie tuisskolers hulle oë rig. So hoe lyk so kurrikulum? Daars baie elemente and boek werk is nie een van hulle nie! Ek het die afgelope twee weke saam met my 4 jarige gekyk na die A Letter! Dis Amazing! Louise maak gebruik van verskillende beskikbare media soos RSG’s se gestoorde kinderstories, Lollos se You Tube liedjies en Google se alfabet aksies. Ek hou ook van haar eie opnames van liedjies en gediggies wat haar kinders opsê! Daars skakels na gepaste kunsvlyt en werkkaarte wat ek uitgedruk het vir my dogter. 


Daar is ook opvoedkundige oefening wat hand-oog koordinasie, ouditiewe en visuele geheue opskerp. Perseptuele speletjies wat jou kind voorberei vir lees en leer. 

Wat my baie beindruk is hoe gebruikersvriendelik haar webwerf is. Om so baie komponente so vlot te laat verloop is nie eenvoudig nie! Jou vordering deur die week se les word aangeteken en soos jy ‘n aktiwiteit voltooi, word jy geluk gewens! Dis opverdeel in 5 dae en daars geen voorbereiding nodig nie so mamma kan elke dag inteken en dadelik begin! Jy kan sit met jou kleuter en luister na die stories en kyk na die videos op ‘n iPad of rekenaar. 

Lieflik en Loflik is geskik vir kinders 4-7 jaar. My 4 jarige het dit baie geniet! Ek sou dit aanbeveel as ‘n Graad RR of Graad R kurrikulum afhangend van jou kind. 

Die A-letter is op spesiale aanbod vir slegs R39,99 tot einde Julie. 

Volg die skakel om bekoor te word met als wat lieflik en loflik is: http://www.lieflikenloflik.co.za/

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s