Is ek uitgeknip om te tuisskool? 

Ek kry al hoe meer navrae vanaf mammas wie tuisonderrig oorweeg. Omtrent 8 die week! Ek love dit! Want ek is passivol hieroor en help graag ander gesinne om die leefstyl te kies. 

Een mamma het iets gesê wat nou nog by my spook. En my dwing om hierdie artikel te skryf. Sy het gesê sy wens sy het genoeg in haarself geglo om haar seun uit die skool te haal. Sjoe, wens ek kon vir haar ‘n druk gee en… wat sê? 

Meskien wonder jy of jy uitgeknip is vir tuisonderwys. Dalk voel jy dat jy nie gekwalifiseerd genoeg is nie. Maar waarin is jy wel ‘n kenner? Wat het jy wel geswot wat jy aan jou kinders kan oordra? Jy is ‘n deskundige in iets! Al is dit net smart! Dan kan jy vir jou kinders leer hoe om sterk in moeilike tye te staan en hul pad deur die lewe te ploeg! Om vas te hou aan jou geloof al is die storm winde hoe sterk! 

Meskien voel jy dat jy nie georganiseerd genoeg is nie. Nie netjies genoeg nie. Ek voel so. Ek moet hard werk om ons papiere en werk in lêrs en boeke te bêre. Ek het houers gemaak van ontbyt bokse en hulle almal bars van tydskrifte en inkleur boeke en werkboekies. (Nie elkeen apart nie, almal deurmekaar gemeng.) Boeke is orals gestapel, soms met kleinste boeke onder, sodat dit lyk soos die Leaning tower of Pisa. Maar mens kan leer en verbeter hierin! Jy kan elke nou en dan ‘n rak of ‘n boks koop en iets daarop pak. Jy kan uitgooi en opruim saam met jou kinders. Is dit ‘n area waarin jy swak is? Fantasties! Daar is dan ruimte vir groei in jou lewe! 

Dalk weet jy dat jy nie gedissiplineerd genoeg is nie. Jy is bang dat jou kinders heeldag gaan TV kyk. Meskien is dit wat gebeur in die begin. Maar selfs ‘n kind gaan net so baie skermtyd kan verdra en dan gaan hulle self iets uitdink om te doen! Al is dit om cupcakes te bak en eet! Die duisende ‘unschoolers’ het ons bewys dat kinders wel gemotiveerd is om te leer. Dat hulle van natuur nuuskierig is en geplaas in ‘n kamer met genoeg interessante boeke, hulself sal leer! 

Mens kry daaglikse beplanners. Daars gratis goed orals op die Internet. Daars voorstelle van temas met drukbare werkkaarte en skakels tot kunswerke daaroor. Pinterest bars met idees. Om nie te kan beplan of te weet wat om te doen nie, is nie langer ‘n verskoning nie. Jy hoef nie van natuur kreatief te wees nie. Daars ander wat bereid is om hul kreatiwiteit met jou te deel, dikwels verniet! 

Meskien voel jy dat jy te ongeduldig of selfsugtig is om heeldag met jou kinders deur te bring. Dis ook dan areas van groei! Ons almal het swakhede en soms help ons kinders ons om juis daardie swakhede raak te sien en besluit om te verander. Wil jy aanhou om ‘n ongeduldige en selfsugtige mens te wees? (Ek is in elk geval nie oortuig dat jy is nie.)  

Kostes om te tuisskool? Ek spandeer eerlikwaar omtrent R500 per maand aan boeke. En dis al.

Ek dink aan die einde van die dag, is die vraag nie of jy uitgeknip is of nie om jou kinders te tuisonderrig. Want jy kan leer, of oplees, of groei daarin.

Ek dink die vraag moet wees: het jou kind jou nodig om hom of haar te tuisskool? 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s