Elektronika met Jireh Electronics

Ek is so dankbaar aan Michael Schlenther wat hierdie Starter Kit ter waarde van R140 aan ons geskenk het! Ons het nou soveel pret daarmee gehad!

Skakel Michael by 0813532283 om jou stel te bestel. Gaan kyk gerus op sy Facebook blad om fotos en pryse te sien van verskillende stelle! (www.facebook.com/JirehElec)

Ek en my oudste dogter (10 jaar) het die stel saam gebou. Die instruksies wat Michael voorsien was baie duidelik. Ons kon stap vir stap na die prentjies kyk en presies verstaan wat ons volgende moet doen.

Voorbeeld van die instruksies.

Die moeilikste deel is om die draad te ‘strip’ van die insulasie sonder om dit af te knip. Ek het so paar keer gesukkel maar dit terdeë geniet! Niks so lekker soos ‘n uitdaging wat mens kan reg kry! Janéy het die gestripte draad aan die duimspykers gekoppel.

Ons sou dit nie kon doen sonder die regte gereedskap nie! Elke pa het sulke’ tools’ in sy gereedskap boks maar baie ma’s en dogters het sulke oulike gereedskap vanaf die kraletjie stel! Dit het nou baie handig gekom met die bou van die elektronika stel.

My jonger kinders het die stel geniet toe dit reeds werk! Toe kon hulle skuim papier aan die buzzer sit en die waaier geniet!

Dit was nou regtig opwindend om na ons harde werk, (so uur geneem) die resultate te sien! Die motor waai, die liggie skyn en die buzzer maak n harde geluid!

Baie geluk Jireh Electronics met n puik produk! Hulle diens is ook skitterend! 😁💡

Besoek hul webwerf by http://www.jirehelectronics.co.za

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s