Klankland ~ Resensie

Erich Posthumus is baie bekend vir sy voltydse kinderbediening in ons land! Kinders oral het al saam hom gesing en dans, gelag vir sy snaakse stemme en grappige geluide maar ook diep hartsbesluite gemaak om Jesus vir ewig te volg. Nou het hy saam met Adriana Muller en haar gesin gewerk aan ‘n finominale produk wat leer lees ‘n fees maak!

Toe Erich hierdie produk in my hand sit, het ek sommer geweet, hierdie gaan ‘n kwaliteit produk wees! En dit het my verwagtinge oorskry!

Toe ek eers die advertensie daarvoor kyk, sien dit sommer op hul Facebook blad dink ek dadelik aan die Engelse Letterland met al die letter van die alfabet wat karakters is. Letterland het my nog altyd beïndruk en nou is daar ‘n Afrikaanse weergawe: Klankland!

Die eerste stel wat nou beskikbaar is, kom met 2 oudio CDs met stories oor 6 letters (A, T, K, I, M en S) en hulle karakters. Die stories is so oulik geskryf sodat jy oor en oor die letter hoor deur die loop van die storie. Byvoorbeeld, Arie soek appels tussen die asters.

My tweeling (nou 3 en ‘n half) het op my skoot kom sit en al 3 die episodes van ‘Arie soek sy maats’ saam met my geluister. Hulle aandag was heeltyd op die storie! Hulle wou nie hê dit moes ophou nie. 😄

Die klank van die CDs is ongelooflik goed met musiek, liedjies, stemme van ouers en kinders en byklanke wat jou help om jouself in die storie in te leef! Dis regtig top gehalte kwaliteit en die R350 verseker werd!

Klankland is’ n kinder-vriendelike, fonetiese, leer-lees program wat fokus op fonemiese en fonetiese bewustheid, woordeskat, en luisterbegrip. Die program bestaan uit interaktiewe klankstories in radio-kinderteater styl. Dit kom saam met ‘n klein boekie (handleiding) met vraagies oor elke storie wat die ouers die kinders kan vra om seker te maak dat hulle mooi geluister het.

Kinders wat na Klankland luister verbreë hulle woordeskat, verbeter hulle luister- en praatvaardighede asook hulle algemene kennis en kreatiewe denke!

Ek sou dit aanbeveel vir kleuters en voorskoolse kindertjies as inleiding tot klankies. Hoe meer hulle klankies hoor, hoe makliker gaan hulle later leer lees!

My 6-jarige het gevra of sy bietjie daarna kan luister en halfpad vra ek haar wat wil sy sê oor die stories wat ek in my resensie kan sit? Sy sê toe: “Ek dink ek weet wie die kroon en die koek gesteel het, dit was die kok!” Ek lag toe lekker en besef sy geniet die storie vreeslik baie!

Om die produk in die hande te kry, stuur ‘n whatsapp na 0834196262 en hulle sal met jou reël vir aflewering of Paxi.

3 thoughts on “Klankland ~ Resensie

  1. More my seuntjie is in graad 1 en is baie hardwerkend maar die lees kry hom onder wil alles so graag doen maar as ek my lees kom sak die moed ons sukker baie met die klankies veral os ons kom by die sigwoorde wat kan ek doen ons hom te help dankie
    Alihana

  2. More my seuntjie is in graad 1 en is baie hardwerkend maar die lees kry hom onder wil alles so graag doen maar as ek my lees kom sak die moed ons sukker baie met die klankies veral os ons kom by die sigwoorde wat kan ek doen ons hom te help dankie
    Alihana
    0794909951

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s