Maak of breek jou kind

Ek lê nou wakker en dink hoe naby het ek gekom daaraan om my tweede dogtertjie se hartjie baie seer te maak. En toe onthou ek hoe hard ek wel was op my oudste. My hart klop met angs. Ek gaan more dit regmaak met haar.

Ek het amper vir my 9 jarige gesê dat die skryfstuk wat sy so hard aan gewerk het eintlik iets is wat kinders in Graad 2 skryf. Ek het gekyk na haar skryfstyl en woordkeuse en gewonder: Moet sy nie al beter skryf teen die tyd nie? Ek moet haar leer om meer byvoeglike naamwoorde te gebruik. Haar taal moet meer kleurvol wees. Hierdie is heeltemal te min. Eks seker ander Graad 4’s skryf heelwat beter. Gelukkig het ek niks van dit gesê nie!!

Ek besef nou dat die wortel van die gemene gedagtes is bekommernis dat ek haar nie genoeg leer nie. Dat ek haar faal. Ek vergelyk haar met wat ek dink die maatstaf moet wees. Dit gaan alles oor my.

Ek dink nou aan haar trotse gesiggie toe sy vir my teruglees wat sy geskryf het. Sy skryf nie baie nie want sy is nog nie lief vir skryf nie. So hierdie was ‘n opregte poging om my te behaag. Sjoe, ek gaan oor ‘n paar uur vir haar sê hoe ongelooflik trots is ek op haar werk gister. Ek gaan’ n goue ster by haar werk plak. Want sy vorder! Sy het goeie idees daar, goeie verbeelding en het haar beste gegee. Dit verdien prys!

En toe besef ek dat ek lanklaas goue sterre by my oudste se werk geplak het. Ek vergeet skoon om dit te merk! Die ander kry ‘Mooi so!’ en ‘Well done!’ na hulle werk. Hoekom het ek my oudste so afgeskeep?

My hart krul op om te besef dat ek baie hard op haar was. Wil net sê gister en eergister maar dalk is dit nog altyd. Want sien, ek is die oudste in my gesin. En ek het floreer op skool. Ek was omtrent elke Juffrou se gunsteling. Ek weet wat dit is om glimlagge van genot te ontvang. Ek was geseënd met sonstraal woorde en guns in elke klas. Dit het my net nog beter laat werk. Maar ek onthou dat selfs al het ek nie my beste gegee nie, was dit aanvaar en geprys. Ek was in die hoof se kantoor, nie om raas te kry nie, maar om sy goue stempel van Uitmuntende Prestasie te ontvang.

Nou vergelyk ek my akademiese vermoë met my dogter s’n. Ek was ‘n behoorlike boekwurm teen 12 jaar oud. Sy sukkel nog deur haar tweede hoofstuk boek. Maar hoe durf ek haar met myself vergelyk?! Sy is nie ek nie. Dankie tog! Sy is baie netjieser en meer georganiseerd! Maar daar vergelyk ek weer! Sy is haar eie mooi mens. En ek dink ek doen skade. Sy het mooi gewerk gister. Ek moet vir haar sê.

Ons woorde het krag. Ons weet dit. Maar in die tuisskool konteks, kan ons ons kinders maak of breek.

My man Timothy, was nie so gelukkig om gevleuelde woorde te hoor op skool nie. Hierdie is sinne wat werklik vir hom gesê was: “Ek hoop nie jy wil eendag ‘n skrywer word nie.” “Hier is heeltemal te veel oop gate vir’ n slim student soos jy… O, ek dog jy’s Anton.” “Jy gaan niks in jou lewe bereik nie.”

Sy ‘saving grace’ was sy ouers. Hulle het die olie salf van onvoorwaardelike liefde oor hom gedek. So die negatiewe woorde het afgegly soos die spreekwoordelike eend se rug. Niks wat hy by onderwysers gehoor het nie, het geplak. Sy ouers was trots op hom ongeag van sy skool vermoë. Hulle het nooit dat sy punte hulle opinie oor hom verminder nie. En nou is hy baie suksesvol in als wat hy doen!

So my punt is: waar ek die verkeerde ding gesê het, kan ek gaan regmaak. Waar ek afgeskeep het, kan ek opmaak. Ek kan jammer sê en daaraan werk om te verbeter. Meer komplimente gee, meer drukkies en trots oor my kind giet. Ek kan maak dat sy floreer. Dis nie te laat nie.

4 thoughts on “Maak of breek jou kind

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s