1

Vlieg Papier ie Week

Vir die wat nie weet nie, ons is besig met klinkerklanke of diftonge soos dit formeel geken is. Ek gebruik ‘n plakkaat wat ek by Plasticland gekry het as riglyn. Ons het al aa vir aap, oo vir Oompie Doompie, ee vir Eet Beet Week (my gunsteling), uu vir Vuur, oe vir Soek ‘n Boek, ou vir Bou en ui vir Muis gedoen. Nou was dit Vlieg Papier week om die ie klank te leer!

Dit was die eerste keer dat Janéy leer om ‘n vliegtuig te maak van papier. Sy het saam na die Pinterest instruksies (http://creativewithkids.com/?s=paper+airplane) gekyk en stap vir stap gevolg. Ons het so paar verskillendes gemaak en toe gekyk watter ontwerp vlieg die beste. Dis die begin van ingeneurswese, eks seker! Kyk hoe mens die vlerke nouer kan bou sodat die punt meer ‘stream-lined’ is, sodat die lug makliker daaroor vloei sodat die vliegtuig beter vlieg.

Toe versier ons ons vliegtuie en hou resies om te sien wie s’n vlieg die beste. Myne het konsekwent gewen tot Janéy hare verbeter het. Sy het dit so geniet dat sy die hele week papier vliegtuie gevou het en vir haar maats ook gewys hoe.

20141201-201220.jpg

20141201-201259.jpg

20141201-201355.jpg

20141201-201420.jpg

Toe wou ons nog goed maak van papier, begin ek ‘n Pinterest bord van Origami. Kyk hierdie maklike hoedjie wat ons gemaak het:

20141201-201650.jpg

20141201-201719.jpg20141201-203216.jpg

Toe gebruik ek ‘n idee wat ek by Peggy Kaye geleer het in haar boek Games for Reading. Sy gee ‘n geskenk woord aan die kind. Dis net een woord op ‘n klein stuk papier wat mooi versier is. Dis verbasend hoe baie dit beteken vir die kind en Janéy was baie in haar noppies oor haar twee geskenk woorde: lief en fiets.

Geskenk Woorde

Geskenk Woorde

Ons het telrympies geleer omdat drie, vier en tien die ie klankie in het.

20141201-202631.jpg

Janéy moes haar Nommer Boek klaar maak. Die klein boekies wat ons sommer van karton en papier vasge’staple’ maak, werk baie goed vir Janéy. Sy moes elke nommer uitskryf en dan haar eie prentjies teken vir die hoeveelheid. Sy het self gedink aan sewe skoenlappers en agt lugballonne ens. Al die ‘tien’ nommers was ook goeie ie oefening (dertien tot negentien).

Janéy se nommer boek

Janéy se nommer boek

Ilani het vierkant werkies gedoen.

20141201-203118.jpg

20141201-211259.jpg

Ons het koekies gebak.

Die kinders was nogsteeds verkouerig en toe hulle baie nies, besluit ek, ons moet leer oor kieme en hoekom ons nies. ‘Die Klein Slimkoppies leer oor die menslike liggaam’ het ‘n oulike verduideliking van hoekom mens nies. Toe ek dit klaar gelees en saam met die kinders bespreek het, kyk ons ‘n kort video daaroor, (sommer op my selfoon). http://youtu.be/hzOSzX_HXE4

20141201-212256.jpg

Toe besluit ek dat Janéy nou hierdie nuwe kennis moet neerskryf op ‘n manier. Omdat ek weet sy gaan nie lus wees vir baie afskryf nie, maar teken graag. So ‘n strokiesprent wat uitbeeld hoekom ons nies sal goed werk! En toe natuurlik moes ek haar opneem waar sy haar strokiesprent beskryf en dit whatsapp aan haar Oupa’s en Ouma’s. So spog ek met ons werk! 🙂

Hoekom ons Nies Strokiesprent

Hoekom ons Nies Strokiesprent

Die week het ge-eindig met ‘n vrolike lied want ons het Janéy se 7de verjaarsdag gevier! En wat kry sy as geskenk?

20141201-203554.jpg

‘n Fiets!