0

V is vir Vreugde en 3D Vorms

In Engels noem hulle dit ‘n ‘co-op’, kort vir ‘co-operative’. In Afrikaans is dit sommer ons Lekker-Leer groepie. Dis wanneer tuisskool mammas en hul kinders by een van die ma’s se huis vergader om saam te leer oor ‘n onderwerp wat die ma self aanbied. 

Woensdag was my beurt om aan te bied en ek het besluit op die waarde van Vreugde! Ons wil elke keer ‘n waarde vir ons kinders leer, dit oefen en inkorporeer in die les. 

Ek en my girls het vroer in die week voorberei.

Die V vir vreugde sou ook v vir vorms wees.  

Janéy het ‘n You Tube tutorial gevolg om ‘n sfeer te teken.

Ilani het my gehelp om vorms uit ‘foam’ te knip.

 Daar was groot opwinden die dag toe ons almal in my sitkamer saam sit. Ons het begin om die woord vreugde uit te roep letter vir letter. Ek skree, gee my ‘n V! En die kinders skree ‘V’! Terwyl ‘n kind die letter omhoog ophou. 

  

Ek het die vers Spreuke 15:15 gedeel en ons het gepraat oor die verskil tussen vreugde en gelukkig voel. Eksterne goed dra by tot mens se geluk maar dit kan vlugtig verander waar vreugde ‘n konstante gesindheid is wat van binne in jou hart ontstaan. 

“Dit gaan altyd sleg met ‘n bedrukte mens; die blymoedige mens se hele lewe is ‘n fees.” ‭‭SPREUKE‬ ‭15:15‬ ‭AFR83‬‬

Toe gaan ons oor na 3D vorms toe. 3D is ‘n glimlag gesiggie op sy kant. 

  

Ek het weer drie helpers gevra om voor te staan met die woordjies ‘sfeer’, ‘silinder’ en ‘kubus’. Dan het ek voorwerpe uit ‘n sak uit gehaal en die kinders gevra by watse woord pas hulle. ‘n Bal is ‘n… sfeer! ‘n Dobbelsteen is ‘n… kubus! 

  

Daarna het ons in ouderdom groepe verdeel en by tafels gaan sit. Daar was werkkaarte oor 3D vorms wat gepas was vir elke ouderdom. Hulle het verf gebruik om die werk te voltooi.

Die 7-9jariges

  

Die 5-6 jariges

  

Tafel vir die 3-4 jariges

Hier is die werkkaarte sou jy dit self wou afrol.  

  

  

  

Die aktiwiteit daarna was om die vorms self te maak. Daar was ‘n paar maniere hoe hulle dit kon doen. 1. Maak die vorm met klei. 2. Bou die vorm met tandestokkies en jelly tots. 3. Pak die vorm uit met roomysstokkies. 4. Teken die vorm. 

 Ek het die opsies op papiertjies geskryf en in ‘n emmer gegooi. Elkeen het dan ‘n papier uit getrek en gesien wat hulle moes doen. 

Die oudste groep moes lees.

Prentjies vir die 5-6 jariges

 

   

  

   

Ons het toe ‘n breek gehad, tee en tert vir die mammas terwyl die kinders lekker speel.

Na die breek het ons ‘n lekker groot metoriese speletjie gespeel wat die vorms se name weer opgenoem het. 

  

Die kinders het ‘n dobbelsteen gerol en toe moes hulle spring op die vorm wat ooreenstem met die vorm op die dobbelsteen. Maar daar was nie genoeg vorms nie! My oorspronklike idee was dat net die vinnigste drie maatjies op die regte vorm spring en die ander moet weer volgende keer probeer. Maar ons kindertjies het sommer plek gemaak vir mekaar op die vorms sodat 3 saam gestaan het op een klein vorm. Die resultaat was nogal kosbaar soos jul kan sien in die foto.    

 

Toe rol ons Bubble Wrap uit en sing: “If you’re happy and you know it, stamp your feet!” Die kinders het so baie gelag met die aktiwiteit! My hart het saam gejuig want dit was juis my plan gewees: Vreugde op al die gesiggies te sien! 

 

Ek is besig om ‘n kort kursus te swot en ons het juis die vorige week geleer van ware geluk. Dr Steligman het geskryf oor 5 kriteria wat bydra tot ware geluk. Hy noem dit PERMA.

  1. P – Positive emotion
  2. E – Engagement
  3. R – Relationships
  4. M – Meaning
  5. A – Achievement

Toe ek die les oor vreugde voorberei, het ek gedink dat ek graag die 5 eienskappe in ons les sou wou raaksien. 

1. Positive Emotion 

My Janéy wat dit so geniet!

  

2. Engagement  

3. Relationship 

4. Meaning 

Die ‘meaning’ sou kom later die aand. Een van die mammas het my laat weet dat haar seun iets in sy kamer raakgesien het en gesê: “Kyk Ma, dis ‘n silinder.” Die les was sinvol tot alledaagse lewe!  

5. Achievement

Ek het nie spesifiek belonings gegee vir prestasie nie. Die bly gevoel moes kom van oorwinning! Daardie gelukkige gevoel in mens se hart wat kom wanneer jy hard werk aan iets en dit reg kry!   

 

Ons as gesin het later in die week nog werk gedoen oor 3D vorms. Ek het in al ons wiskunde boeke gesoek vir die vorm werk en dit vir my kinders voorgelê.

Hier is nog ‘n werkkaart wat ek op Pinterest gevind het. Ons het die Engelse woorde toegeplak en die Afrikaanse woorde daaroor geskryf.   

 

Ek het gesweef na die dag. Dis verseker my passie: om pret te hê saam met my kinders terwyl ons leer! Viva Tuisskool!

Advertisements