4

Raai Raai R-week

“Rooi ribbok ram!” So oefen Janéy haar Rrrrrr die week. Ek het aspris die R tot amper laaste gelos om my dogter tyd te gee om die R baas te raak en sy kry dit al hoe meer reg. Vir die met kleuters wie sukkel om hulle R uit te spreek, hier is ons R oefen program van die spraakterapeut af.

20140614-084351.jpg

Reghoeke

Die kinders het self reghoeke uit rooi karton geknip en toe moes hulle dit pak in die vorm van ‘n R.

20140614-115854.jpg

Vir wiskunde, het ek resies gevind. Janéy moes somme uitwerk om te sien wie eerste oor die wenstreep gaan.

20140614-085100.jpg

Raai Raai
Ons het eers Raai Raai speletjie gespeel. Ek steek iets agter my rug weg, gee drie moeilike luidrade en Janéy moet raai wat dit is. Sy mag vrae vra. Sy het goed reg geraai! Toe ruil ons en sy steek iets weg en ek moes raai.
Toe neem ons klomp R woorde op om vir Ouma Rhona te stuur.

Ons het later ook ‘n Raai die Reuk speletjie gespeel. Ek het die kinders geblindoek en vir hulle reuke gegee om te ruik. My parfuum, ‘n lemoenskil, selfs ‘n vuil doek geskenk deur hulle baba sussie! En natuurlik Roosmaryn!

20140614-091148.jpg20140614-091158.jpg20140614-091208.jpg

Rooi Rys
Toe kleur ons rys rooi met voedselkleursel en laat dit droog word op Carlton rol. Toe plak ons dit op ons groot R. Die kinders het reeds met ‘n R-stempel en ink die raam van die prent gedruk. En so lyk dit:

20140614-085413.jpg

Met die oorskiet rooi rys, het die kinders geoefen om hulle r te skryf.

20140614-085433.jpg

Temabord

Rose

Dankie aan ons buurvrou Riani, wie vir ons toegelaat het om van haar rose te pluk. Soos sy verduidelik, hulle sou in elk geval vrek van die ryp as ons hulle nie gepluk het nie.
So toe kon ons die eksperiment probeer van rose plaas in gekleurde water en kyk of die roosblare van kleur verander. Janéy het gekies om haar water rooi te kleur en Ilani het geel water versoek.
Ek het ook ‘n eksperiment gesien waar mens die stam van die roos split en dit in verskillende kleure water plaas sodat jy eindig met ‘n reënboog roos! Hiers die link as jy dit wil probeer: http://pinappu.hubpages.com/hub/How-to-make-Rainbow-Roses-a-Step-by-Step-Guide

So ek het ook probeer om een roos se stam in twee te verdeel. Omdat dit ‘n baie nou stam was, kon ek dit nie in meer dele verdeel nie. Die wit roos in geel water was die mees suksesvol. Toe Ilani haar geel roos sien, sê sy ewe: “Mooi Rosie, Mamma is trots op jou!” 🙂

Die roos in rooi water se kante het bietjie pink geword. Maar die arme gesplete roos het gesterf. Die stam kon nie oorleef nadat ek dit in helfde gesny het nie. Maar ons kon darem sien hoe het die water deur die stam opgereis.

20140614-092757.jpg20140614-092809.jpg20140614-092827.jpg20140614-092834.jpg20140614-092846.jpg

Resepte

Ek het uitgesien om die Pizza Resep Busy Bag te maak. A Busy Bag is ‘n oulike aktiwiteit wat in ‘n sakkie pas wat jou kind besig hou. Ek sal dit vertaal na Rustig-raak sakkie. Pinterest en Google het klomp rustig-raak sakkie idees! Ons het pizzas gemaak van felt. Baie maklik om klein stukkies kos en twee sirkels uit te knip. (Een vir die deeg en een vir die rooi sous.) Dan maak jy resepte van ‘pizza toppings’. Elkeen besluit wat en hoeveel bestandele moet op hulle pizza kom. Bêre als in ‘n sakkie en daar het jy jou Busy Bag Pizza Recipes.

20140614-100301.jpg20140614-100325.jpg

Vir nog Busy Bag idees, kyk hier http://mothersniche.com/busybags/

Roomys
Ja, ons het roomys in die winter gemaak. Omdat ek ‘n tuisgemaakte resep gevind het en was net te nuuskierig om dit nie te probeer nie.
Kry die resep hier: http://recipecurio.com/homemade-ice-cream-recipe-clipping/ of kyk na die Pinterest prentjie soos wat ek gedoen het.

20140614-103850.jpg

Ek het nie reg gekyk na die resep nie en 3 eiers gebruik inplaas van 6! Darem het die roomys nogsteeds gestol en baie lekker geproe! Wees gewaarsku, dis baie soet!

20140614-104417.jpg20140614-104427.jpg

 

Rolstoel
My kinders het ‘n geleentheid gekry om in ‘n rolstoel te ry. Ons het een gehuur van Medical Supplies vir ons bediende. Dit was bietjie rof om saam die kinders na Mamelodi hospitaal toe te gaan om Paulina te gaan haal. Maar dit was ‘n leer ervaring. Was roerend om hulle groot harte te hoor. Janéy is bereid om in Mamelodi te gaan bly sodat sy die arm mense kan gaan help!

20140614-102827.jpg20140614-102846.jpg

 

 

Rympies

Natuurlik moes ons leer oor rym en luister vir rym woordjies en lekker rympies opsê soos:

“Ralie Roets
Skoentjies is gepoets
Handjies is gewas
Hier stap ek met my tas!”

Ilani het opgemerk dat sy nie met haar tas stap nie en gevra of ons die laaste reel kon verander na “hier stap ek met my maatjies”. Ek wou vir haar uitwys dat dit nie rym met ‘gewas’ nie, maar dit was tog die begin van digkuns so dit is regso.

Nog ‘n rympie wat ons sommer met ‘props’ uitgespeel het is:

20140614-105120.jpg

Ruimte

Geen R week is kompleet sonder ‘n bespreking van die Ruimte! Die Bazoo tydskrif (UItgawe 11) het ‘n storie en prentjie daarvan voorsien. YouTube het video van ‘n vrou wat haar hare was in die ruimteskip sonder swaardekrag. Baie snaaks om als te sien rond dryf in die ruimte. En ek het besluit dat ons ruimteskippe moes maak van toilet rolle. Wat my beindruk het, is dat Janéy besluit het dat haar ruimteskip vuur onder moet hê. Ek het ‘n idee van gevrommelde rooi papier sommer onder in die toilet rol te druk maar toe ek terugkom van Tenike in die bed sit, vind ek Janéy besig om vlamme te teken, uit te knip en plak op die rol. Dit was haar eie idee en sy het dit self uitgevoer!

En dis wat my opgewonde maak. My kinders neem al hoe meer initiatief, dink vir hulleself en vra diep vrae. Toe ek verduidelik dat daar nie lewe op die ander planete kan wees nie want hulle het nie water, lug of plante nie, wil Janéy weet: “Maar hoekom is hulle dan daar?” Sjoe! Hoekom is daar planete met geen lewe op in die ruimte? Kan jy raai?

20140614-110539.jpg

20140614-110556.jpg