About

Ek geniet my lewe so baie! Ek is getroud aan Timothy Kieswetter en werk saam met hom aan ons Gesonde Seks bediening. (Sien http://www.gesondeseks.co.za) Ek voel bevoorreg om sedert 2014 my dogters te kon tuisonderrig. Met 5 dogters is ons huis vol chaos en pret – ons leer lekker saam! Ek beleef die Here se guns en seën en is dankbaar om in Sy voetspore te volg. Ek glo Hy is bly wanneer ek die lewe wat Hy my mee bederf het, ten volle geniet!

20 thoughts on “About

  1. Hi ek is n Nuwe ma met n seuntjie wat by my is ek wil graag met hom n daaglikse routine doen wat Dalk bybelstorie insluit dan liedtjies en 1 of twee aktiewiteite waar kan ek hulpbronne kry ?

  2. Hallo Janet,
    ‘n Vriendin/kennis van jou, Rozanne,(het haar by UP gimnastiek ontmoet) het my verwys na jou. Ek is tans besig om my regerings registrasie vorm te voltooi en het gaan kyk hoe jy dit gedoen het. Dankie.
    Ek wil graag weet waar het jy die boek ‘The best of children’s art and crafts’ gekoop. Dit lyk oulik. Ek sien dit net by amazon, nie by S A verskaffers. Of was hy dalk by Jimnettes?
    En dan tweede vraag: Het jy die hele Footprints(+-R2500) gekoop of net die manual en neem die boeke uit. Ek sien hul sê van die boeke is in Afrikaans en kan moontlik by die biblioteek gevind word. Is Footprints vir jou die prys werd sal jy sê?

    Baie dankie,
    Eunice Leuschner

    • Hallo Eunice

      Skies, ek het nie dadelik jou vrae gesien nie. Eers toe jy weer vra of ek dit gekry het, het my WordPress gewys daar is nog ‘n vraag.

      Bly my blog oor registrasie het jou gehelp! Ek vertrou die proses sal so vlot en suksesvol wees vir jou soos dit was vir my.

      Die pragtige Arts en Craft boek het ek so twee jaar terug gevind by Exclusive Books. Dis regtig die geld werd! Baie goeie kuns boek!

      Ek het net die Footprints manual gekoop vir R800 (dis dalk bietjie meer nou) en toe soek ek die Afrikaanse boeke in boekwinkels. Ons het toe nie baie Footprints werk gedoen die jaar nie. Eintlik geen! Net een boek gelees “Vlieg Arend, Vlieg Hoog” wat uitstekend is. Ek wil graag nog al die boeke in hulle boeklys aankoop of vind by biblioteek. Die rede hoekom ons nie Little Footprints gedoen het nie is nie omdat dit nie goed is nie. Baie goeie idees en gee riglyn vir die wat nie weet wat om te doen. (Ek dink ek moet dit herbesoek vir volg jaar.) Maar omdat ek eerder Letter van die Week wou doen en toe volg ek my eie kop en doen aktiwiteite wat met ons opset gepas het. So, ek kan nie vir jou ‘n goeie indikasie gee of dit die geld werd is of nie.Wat ek kan sê is dat ek in die jaar, Shirley Erwee (co-author van Footprints) beter leer ken het deur haar e-posse lees wat sy aan ‘n forum skryf. Sy is verseker ‘n kenner in haar veld en ‘n voorbeeld. Sy homeschool nog tans haar 6 kinders en hulle elkeen presteer in ‘n veld van hulle keuse en belangstelling. Ek hou van haar benadering. En Footprints is lekker local 🙂 Ek beplan om dit as aanvulling te gebruik in die toekoms veral wanneer dit kom by SUid-Afrikaanse geskiedenis.

      Seënwense vir julle pad vorentoe

      Janet

  3. Dankie baie vir jou vinnige en volledige antwoord. Gaan defnitief die kunsboek soek en dan dalk die Footprints handleiding, klink na goeie leesstof,
    Dankie vir jou seënwense. Mag jul ook gelei word op jul pad om jul kinders te leer om Hom te eer.

  4. Goei dag,
    Ek geniet jou blog en is bly ek het dit gevind, want ek leer baie daaruit.
    Volgende jaar is my seuntjie in grR en ek gaan hom homeschool, ek is besig om vir hom ‘n “leerplan” uittewerk en wonder net oor die volgorde van klanke wat aanbeveel word.
    Kan jy my asb raad gee watter klanke begin mens mee en of daar ‘n volgorde is wat goed is om te volg? Ek wil ook ‘n letter ‘n week doen met hom.
    Sien uit om van jou te hoor.

    Groet uit Zambia,
    Ilse

    • Hullo Ilse! So lekker om van jou te hoor! Hier is die volgorde lysie van letters wat hulle by die skool vir die kinders leer:
      i r n m l k h b p
      c o s a g d q
      e t f j k u y
      v w x z

      Soos wat ek verstaan gaan dit oor wat maklikste is om te skryf. En so bou elke letter op die skryf vermoë van die vorige een.

      Maar in my geval, kan my dogtertjie mooi letters maak maar sukkel met uitspraak. So ek gaan nie dat sy r so vroeg in die jaar moet leer nie en sy kon dit nie uitspreek nie.

      In hierdie blog verduidelik ek hoekom ek die volgorde gedoen het wat ek gedoen het. https://kieswetterklaskamer.wordpress.com/2014/01/18/ons-a-aktiwiteite/

      Ek is besig om my idees in boekie vorm neer te skryf en beplan om aktiwiteits pakket saam te stel vir Graad R en 1.

      Intussen, volg maar jou intuisie en/of jou kind se vermoë en belangstelling. Een vriendin het deur die alfabet gewerk met ‘n superhero vir elke letter. Ander vind die ABC volgorder die maklikste. Ek dink nie dit maak regtig saak nie. Hulle moet al 26 letter ken aan die einde van die dag. 🙂 onthou net die klank word eerste geleer bv a vir appel, nie A vir ABC nie. e vir emmer, nie E vir eend nie. Nodig vir lees om die kort klank te kan uitspreek.

      Seënwense op julle leer en speel vorentoe

      Janet

  5. hello Janet, my kinders is 13 en 11. Sal hulle ook baatvind by die kunsboek waarvan jy praat? baie dankie

  6. Hi Janet
    Ons is tans besig om (baie ernstig) homeschooling te ondersoek, en wil graag so gou moontlik n besluit maak, ons twee oudste seuntjies is nou 4 en 5, en ons bly in Lynnwood Glen in Pretoria. Is dit moontlik om dalk bietjie met jou te gesels en te hoor hoe ons te werk kan gaan, hoe julle dit benader en watter “mamma” ondersteuningsgroepies daar is waarby ons moontlik kan inskakel? Sal jou terugvoer waardeer, dankie, Nandi

    • Hullo Nandi
      Ja ek gesels graag met jou! Jy is welkom om by my te kom tee drink en te kyk na watse boeke ek gebruik. Ek sal jou van al ons oulike whatsapp groepies vertel, ons sosiale aktiwiteite en Facebook bladsye. Add my gerus op whatsapp 0723412747. Dan reël ons ‘n tydjie 😄

  7. Hi Janet, ek wil graag weet is die whatsapp klub slegs in Afrikaans. Dit klink baie interessant en my 2 seuntjies sal dit vreeslik geniet, maar hulle is Engels sprekend.

    • Hullo Bri
      So ek kommunikeer met die WhatsApp groep in Afrikaans maar die pdf’s en werkkaarte wat ek stuur is alles in Engels! Because I source all my information and lapbooks from the Internet. Sometimes I buy a world countries bundle for teachers pay teachers and then send it to my ‘classroom’, my WhatsApp group. So I think it could still work for your family. 😄

  8. hello Janet,

    ek het besluit om my twee dogters tuis te skool. Hannah word die jaar 7 en Ella 6. Ek stel baie belang in jou whatsapp klub vir graad 1, maar voor ek dit online koop wil ek net uitvind hoe ons kan opvang met die weke wat ons reeds gemis het?

    groete, Dalene

    • Hello Dalene!
      Ek stuur met liefde vir jou die werkies wat jul gemis het! Ons trek nou by Letter D. So ek kan jou oor die naweek inhaal met A tot D weke. Stuur gerus vir my WhatsApp by 0723412747

  9. Goeie Dag Janet

    Vertrou dit gaan goed met jou

    Ek is besig om te kyk na n tuisskool plan vir my 2 dogtertjies, my oudste is 4. Ek wil graag volgende jaar begin met n goeie plan, enige voorstelle wat jy vir my Kan aanbeveel, waar begin ek?

    Groete
    Monique

Leave a comment