2

Help! Gesoek: ‘n Koeëlvaste Baadjie vir my Tuisonderrig

Die artikel is geskryf deur Karin van Oostrum, uitvoerende bestuurder van die Pestalozzi Trust en veteraan tuisskool mamma!

Op die een of ander stadium kom dit alle tuisskoolma’s oor: jy begin wonder of jy nie miskien jou kinders verwaarloos nie. Gaan dit nie miskien oor ‘n jaar of drie of vyf blyk dat dit ‘n groot fout was om hulle te tuisskool nie, en teen daardie tyd het jy moontlik alreeds jou kinders se lewens vernietig?… 

Of dit gebeur dat ‘n familielid of ‘n vriendin jou die “guns” doen om jou by die Welsyn te rapporteer, soos met die ma gebeur het wat nou die dag die kantoor geskakel het. Sy is gespanne, bekommerd, onseker. ‘n Vriendin het kom kuier, maar die kuier loop toe ongelukkig uit op ‘n meningsverskil. Die uiteinde is dat die vriendin dreig om haar te “rapporteer” omdat sy tuisskool; want “haar kinders het soveel potensiaal, en nou hou sy hulle by die huis”.

“Rapporteer” kan enigiets beteken, maar beteken gewoonlik “aangee by die Welsyn”. Uit ons ondervinding loop 99. 99% van sulke dreigemente op niks uit nie, maar ‘n ma is nogtans bekommerd. As die Welsyn so ‘n saak gerapporteer kry, moet hulle dit opvolg en uitsorteer, en dit sal beteken dat sy ‘n besoek van die Welsyn te wagte kan wees.

Die vraag is: Is ek miskien regtig besig om my kinders tekort te doen? Verwaarloos ek my kind? Die term “kinderverwaarlosing” sluit in dat fisiese en/of emosionele en/of opvoedkundige hulpbronne doelbewus van ‘n kind weerhou word, in ‘n geval waar ‘n ouer of versorger in staat is om dit wel te kan verskaf. Ons sal in ‘n volgende uitgawe die mening van ‘n maatskaplike werker hieroor inwin, wat dit vir ons uit die Welsyn se oogpunt kan verduidelik.

Kom ons kyk na ‘n paar koeëlvaste lagies wat jy kan aantrek om jou tuisonderwys te beskerm.

(1) Bestee genoeg tyd met jou kind

Die eerste beskermende lagie wat jy kan aantrek, is om baie tyd met jou kind te bestee. Dit beteken dat julle genoeg tyd saam deurbring dat jy jou kind kan leer ken. Dit klink vanselfsprekend dat ‘n ouer haar kind ken, maar as ‘n kind ‘n tyd lank in die skool was, moet ma en kind mekaar baie keer eers weer van vooraf leer ken: jy moet jou kind, en jou kind moet jou leer ken. 

In Artikel 29 van die United Nations Convention on the Rights of the Child (UNCRC), wat Suid-Afrika op 16 Junie 1995 geratifiseer het, word onderwys soos volg beskryf: 

“The education of the child shall be directed to the development of the child’s personality, talents and mental and physical abilities to their fullest potential.”

Daar is baie kennis wat ‘n ouer instinktief van haar kind weet, net omdat jy ‘n ma of pa is. Maar dit verg daadwerklike aandag en moeite van ‘n ouer om soos die kind ouer word die kind se persoonlikheid, talente en geestelike en fisiese vermoëns te leer ken en beter te leer ken. Die volgende stap is dan om alles in jou vermoë te doen om elke kind se persoonlikheid, talente en geestelike en fisiese vermoëns ten volle te ontwikkel of te laat ontwikkel. Dit is ‘n voorreg om so intensief en intiem met elke kind te kan werk: ek kry eintlik ‘n onderwyser jammer wat met so ‘n groot taak gekonfronteer word vir al die kinders in sy klas.

(2) Weet jy of jou kind vorder?

Die Kinderwet (38 van 2005) sluit in sy definisie van “sorg” of “versorging” die volgende in:

“leidinggewing, rigtinggewing en versekering van die kind se opleiding en opvoeding, insluitende godsdienstige en kulturele opleiding en opvoeding, op ‘n wyse wat paslik is by die kind se ouderdom, volwassenheid en stadium van ontwikkeling.” 

Deur aan jou kind leiding en rigting te gee met sy/haar opleiding en opvoeding, en te verseker dat die kind dit wel ontvang, help jy jou kind om sy reg op onderwys uit te oefen: elke mens het volgens die Artikel 29 van die Grondwet die reg op basiese onderwys. 

As jy moet seker maak dat jou kind opgevoed en opgelei word, impliseer dit dat jy moet weet of jou kind vorder. Dit is iets anders as om te wonder of jou kind op standaard is. Dit kan ‘n mens slapelose nagte gee en eintlik hele jou lewe bederf as jy begin wonder of jou kind “op standaard” is. Die vraag is: Op watter standaard? Of: Op wie se standaard? Volgens navorsing en informele waarneming haal ‘n geweldige groot persentasie ouers hul kinders uit die skool en begin tuisskool omdat die standaard van onderwys in die publieke of privaatskool of mikroskool waar die kind was, nie na wense is nie. As jy vermoed jou kind “is agter”, moet jy jouself afvra: “Agter wie?”

Ek is sekerlik nie die enigste ma wat voor kliniekbesoeke met haar oudste spruit haar naels gekou het oor die ontwikkeling van haar kind nie: Het haar kop genoeg gegroei? Weeg sy nie te min of te veel nie? Wat as haar lengte nie op standaard is nie? Het sy genoeg of miskien te min tande vir hierdie ouderdom? Moes sy nie lankal gesit/gekruip/gerol/geloop/gepraat het nie? Dan die groot verligting (of bekommernis) as die klinieksuster haar uitspraak gee: my kind is nog op standaard! Of, as die uitslag negatief was: Hoe gaan ek maak om my kind op standaard te kry? Eers met die volgende kinders begin jy stadigaan besef: my kind is enig in haar soort; sy het ‘n unieke vorderingspatroon, en dit is maar reg so. Dit is nie ‘n fout nie. Sy sal wel groot word, al behaal sy haar mylpale op ander tye en op ander maniere as haar boeties of sussies, of die bure se kinders. Dit help vreeslik baie om met ander ma’s te gesels; dan kom jy gou agter daar is eintlik maar min kinders wat presies volgens die grafiek van die klinieksuster of die kinderhandleidings vorder.

‘n Ouer leer baie gou: Elke kind het sy eie groeipatroon, en vorder teen sy eie tempo. Om moeilikheidmakers die mond te snoer, en om nog ‘n ekstra koeëlvaste lagie aan te trek, moet ‘n ma egter weet of haar kind vorder. Tuisskoolouers is net so uniek soos hulle kinders, en elke gesin werk hul eie manier uit om te meet en te weet of hulle kinders vorder. Hoe jy dit ook al doen – jy moet mooi duidelik weet wat kan jou kind nóú kan doen wat sy ‘n jaar gelede nie kon doen nie, ten opsigte van al haar verskillende vaardighede.

Dit kan ‘n ouer redelik maklik doen as hy/sy baie tyd by die kind deurbring en baie gesels met die kind. So vind ‘n mens uit hoe jou kind se gedagtes en redeneervermoë verander het, watter nuwe idees hy besig is om te ondersoek, of watter argumente hy besig is om op te weeg en vir homself uit te werk. As jy met ander ma’s gesels (nadat hulle al besef het hulle hoef jou nie te beïndruk met hoe vinnig hulle kinders vorder nie), sal hulle vir jou ook vertel dat die een kind vinniger met tale vorder, maar stadiger met wiskunde, en dat die ander kind weer die omgekeerde is. Kinders verskil nou maar eenmaal.

(3) Waarheen is jou kind oppad?

Voel jy soms of jy al in die rondte werk en nêrens kom met jou tuisonderwys nie? Ek onthou van tye wat dit vir my gevoel het ons trap bloot water met ons tuisonderwys en het geen rigting nie – daardie gevoel as mens om en om by ‘n verkeersirkel ry, sonder om een van die uitgangsroetes te kies. Miskien is dit hoe dit vir ‘n buitestaander lyk as hulle ‘n tuisskoolgesin beskou. “Weet die mense ooit wat hulle doen?…Weet hulle waarheen hulle op pad is?”

Dit is wel so dat daar soms tye is wat dit vir ‘n mens voel of jy in sirkels stap en geen vordering maak nie. Die werklikheid is dat g’n mens aan die begin van die jaar presies weet hoe jou pad deur die jaar gaan loop nie, wat nog te sê hoe die volgende vyf jaar gaan lyk. Die werklikheid is ook dat kinders se doelwitte verander. Die bonus van tuisonderwys is dat jy jou kind meer tyd kan gun om ‘n paar rigtings uit te toets, wat hy nooit sou kon doen as hy voltyds op die skoolbanke moes sit nie. Benut hierdie tyd ten volle om verskillende opsies uit te toets, om tyd en geld later te spaar.

Vir ‘n derde koeëlvaste lagie om jou tuisonderwys, en om te keer dat jy en jou kind te veel in die rondte loop, moet jy besluit op ‘n langtermyndoelwit waarheen elke kind mik, bv Matriek; of: Om ‘n eie besigheid te begin; of: Om die wêreld te sien; of: Om soveel moontlik tale te bemeester, of: Om te leer perdry, of: Om self my kar te kan diens. Hierdie doelwitte kan verander, en verander gewoonlik, soos die tyd aanstap, en soos die kind homself en die lewe beter leer ken. Dan is daar baie korttermyndoelwitte, soos om ‘n spesifieke handboek of interessante kursus deur te werk, of ‘n stuk praktiese werk af te handel. Die feit is dat as iemand jou voorkeer of wil vasvra oor wat jy met jou kind doen, het jy ‘n plan van aksie, wat jy glimlaggend met haar kan deel.

Kortom:

Sorg dus dat jy 

  1. Baie tyd met jou kind deurbring;
  2. Sy vordering kan meet;
  3. Lang- en korttermyndoelwitte het vir sy tuisonderwys.

Dan sal jy die meeste koeëls wat in die rigting van jou tuisonderwys afgevuur word, rustig kan afweer. 

Lees meer oor die Pestalozzi Trust op hul webwerf: https://pestalozzi.org/

0

Christopher Columbus 

Hoe ek besluit om oor ‘n tema te leer gebeur baie toevallig en tog voel ek die Here se hand daarin. Sy leiding en seën op ons tuisskool pad is steeds sigbaar en daarvoor is ek baie dankbaar! 

Dit was op ‘n woeste uitstappie biblioteek toe waar ek die boek oor Ontdekkingsreisigers gekry het. Ja woes, want wanneer ons by die biblioteek is, is dit alles behalwe kalm en stil en leersaam soos wat ‘n bib moet wees. Tussen stink doeke, klim en klouter kabouters en kinders wat gil en skree met opgewondenheid, is dit vir al die geleerdes daar, ‘n mulitsensoriese ervaring om ons daar te hê! 


Terug by die huis met die boek, verslind ek die inhoud. Ek is lief vir geskiedenis en besluit net daar dat ons eerste oor Columbus sou leer! Die van julle wat verkies om mooi kronologies te werk kry seker die piep dat ek in die middel van nêrens net optel en begin. Moet erken, dit pla my ook so 1/10. 

So, wanneer ek borsvoed, in plaas van om diep in my baba se oë te kyk, is ek op my selfoon besig om die Internet te myn vir idees. Ek kom op ‘n paar great webtuiste en druk uit ‘n paar werksblaaie. 

Maar ek sal jul sê dat my gunsteling bron was ons Wêreldspektrum op ons boekrak! Dit het ‘n wêreldkaart in van 1452! 

Kyk hoe min het hulle geweet toe! So baie kontinente wat nog nie ontdek was nie! Dit was vir my baie opwindend om dit vir die kinders te wys. Darem het die meeste mense toe verstaan dat die wêreld nie plat was nie, alhoewel ek vermoed dat daar heelwat matrose was, wat onseker was van die feit. Dis hoekom hulle bang geword het as mens te lank op die ope oseaan geseil het. Hulle het enige oomblik ‘n seemonster of die einde van die aarde verwag! Dis waar dat Bartolomew Dias se matrose het selfs hulle kaptein oortuig om om te draai nadat hy die punt van Afrika omseil het. Hulle was nie lus om verder te reis nie alhoewel die kaptein self, baie nuuskierig en gretig was om verder te ontdek. Die matrose dink aan kos en oorlewing bô ontdekking! 

Maandag het ek die kinders vertel van Columbus en die werkkaarte laat voltooi.

Ek is deel van die Homeschool Exchange South Africa blad op Bakkiesblad 😋  Oor die naweek sien ek dat daar ‘n Christopher Columbus boek te koop is! Ek koop dit dadelik en die tuisskool mamma van ‘n platteland se dorp op die Weskus, gaan uit haar pad uit om dit vir my per spoedpos te stuur sodat ek dit Vrydag vir al die maatjies wat by ons kom leer het, kan wys. Ja, ek het ‘n groep Engelse maats genooi om die tema te takel. Sodoende, maak my kinders nuwe maats, oefen hulle Engels en leer om met ouer maats oor die weg te kom. 


Ons het op ons aardbol gekyk vir die lande wat betrokke was in hierdie storie. 

Terwyl ek opgelees het oor ou CC, het ek afgekom op onlangse nuus oor hom. In New York, het hulle net laas week die standbeeld van Columbus ge-onthoof! Iemand het met groen verf oor ‘n ander standbeeld se podium geverf: “Tear it down. We don’t honor genocide!” Wow, ek moes hierdie ondersoek! So daar is sprake en debat rondom die viering van Columbus. Die Amerkaners hou Columbus Day op die tweede Maandag van Oktober. Maar daar is nou heelwat mense (vir al die Inheemse mense) wat  voel die geskiedenis boeke vertel nie die ware verhaal van Columbus nie. Toe hy by die ‘New World’ eilande aankom, het hy die inboorlinge gebruik en misbruik. Hy het hulle slawe gemaak en toe hulle in opstand teen hom gekom het, het hy hulle vermoor! 

Nou ek wou vir my kinders die hele prentjie van Columbus skilder. Hulle moes die man navors. Was hy die eerste Europeer om by die Weste lande op te daag? Nee. Leif Errikson was. Was hy ‘n goeie kaptein? Wel op sy eerste vaart, het hy die kajuitseun toegelaat om die pragskip, die Santa Maria te grond laat vaar  en opbreek! Was hy ‘n goeie goewerneur? Dit blyk ook nie so nie. Sy bemanning het gerebelleer, en die kolonie wat hy op een eiland gestig het, het briewe geskryf aan Koning Ferdinand en Koningin Isabella van Spanje, wie Columbus as Onderkoning aangestel het, en gevra dat hulle hom verplaas! Hy was te streng! 

Al hierdie moes die kinders Vrydag debateer. Hulle moes ‘n kant kies: vír Columbus Day of daarteen! My eie dogters het in die Teen kamp gaan sit en ek was heel verbaas toe my oudste haar mening oor die saak ook stel. 

Die ding is: as tuisskolers het ons die geleentheid om agter die kap van die byl te kom! Ons kinders hoef nie net feite te memoriseer en weer uit te spoeg nie. Ek wil hê hulle moet die mens bestudeer. Wat kan ons leer van sy karakter? Wel, hy het uithouensvermoë gehad en ambisie! Hy het sy idee om na die Spice Islands toe te reis na gejaag en het nie gestop by die eerste ‘nee’ nie. Hy het aangehou om Konings te vra vir geld en skepe tot Spanje hom gehelp het. Dít is iets om te applous! 

Die eetgoed

Die Aktiwiteitsboekie

Die kunsvlyt

Die jongste leerling

Ek lei die kinders in die gedig


Christopher Columbus 

Here is the complete 1492 poem:
IN 1492
In fourteen hundred ninety-two

Columbus sailed the ocean blue.
He had three ships and left from Spain;

He sailed through sunshine, wind and rain.
He sailed by night; he sailed by day;

He used the stars to find his way.
A compass also helped him know

How to find the way to go.
Ninety sailors were on board;

Some men worked while others snored.
Then the workers went to sleep;

And others watched the ocean deep.
Day after day they looked for land;

They dreamed of trees and rocks and sand.
October 12 their dream came true,

You never saw a happier crew!
“Indians!  Indians!”  Columbus cried;

His heart was filled with joyful pride.
But “India” the land was not;

It was the Bahamas, and it was hot.
The Arakawa natives were very nice;

They gave the sailors food and spice.
Columbus sailed on to find some gold

To bring back home, as he’d been told.
He made the trip again and again,

Trading gold to bring to Spain.
The first American?  No, not quite.

But Columbus was brave, and he was bright.

.;……………………………………………………..
Columbus Day Song

(sung to the tune of “The Farmer in the Dell”)
In 1492,

In 1492,

Columbus sailed across the sea,

In 1492.
For 70 days he sailed,

For 70 days he sailed,

Columbus sailed across the sea,

For 70 days he sailed.
He came to a new land,

He came to a new land,

Columbus sailed across the sea,

And came to a new land.
Exploring he did go,

Exploring he did go,

Columbus sailed across the sea,

Exploring he did go.
He sailed back home to Spain,

He sailed back home to Spain,

Columbus sailed across the sea,

Then sailed back home to Spain.
Christopher Columbus

In August 1492,

Columbus sailed the ocean blue.
October 12th they sighted land,

And set their feet upon new sand.

10

Uuuuu, wat begin met U?

Ek het die begin van die week op Facebook gevra wat begin met U en wil dankie sê vir die groot reaksie. Nou sien julle hoe verslawend dit kan raak om woordjies en dan aktiwiteite wat werk met daardie woorde uit te dink! Een vriendin sê “nou kan ek nie ophou U woorde uitdink nie”. Dis wat gebeur! En dis SO lekker!

Maar soos met ‘e’ het ‘u’ ook probleme gegee. Want daars baie min woorde waar die ‘u’ klank mooi uitgespreek word. Meeste woorde wat met ‘u’ begin, kry ook ‘n ‘i’ by en dan hoor mens die ‘ui’ klank en nie meer die ‘u’ nie. So wat staan my te doen?
Ek het besluit om soveel moontlik die ‘u’ klankie te oefen, ook in die middel van woorde en hier en daar die ‘ui’ klank toe te laat. Ek meen, kyk net na al die Afrikaanse alfabet posters en boeke en jy sal sien, hulle kies maar die Uil om die U letter te verteenwoordig.

So, ek skop af met Janéy se pragtige uil werk!

20140724-205230.jpg

Sy het die Uil en wat hy eet als self geteken. Ek het vir haar ‘n keuse gegee: om die woorde om die uil te skryf of die prentjies te teken. Dis wat ek geniet van tuisonderrig, die vryheid om te kies. En dis okay as sy eerder wil teken, sy kan ander dag weer skryf. Sy skryf reeds baie netjies so laat sy eerder doen wat sy geniet om te doen. En sy het dit baie geniet! Elke dier is op Google ‘step-by-step how to draw a…’ ge’search’ en sy het dit noukeurig gevolg. Sy vra of sy drie vissies hier mag teken. Ja! Mag sy ‘n dammetjie om die vissies teken? Ja! Is dit okay as die akkedis se stert so opswaai plaas van reguit lê? Ja ja ja! Lyk my daars nog ‘skool’ in haar kop want sy moet nog vir als permissie kry. (Of ek dikteer nog te veel!)

Nou dat ons al die klinkers goed ken, kan ons werkies doen wat al 5 inkorporeer. Sy moet nou fyn luister na watse klinker in die woord pas.

Slimkoppe Afrikaans Graad 1, bl 40

Slimkoppe Afrikaans Graad 1, bl 40

KIes die regte klinker

KIes die regte klinker

Sy moes woordjies lees wat ek uitpak, en woordjies uitpak wat ek vir haar vra.

20140724-211757.jpg

Woordjies by prentjies pas. Die werkkaart het ek gekry by www.leerafrikaans124.co.za

Woordjies by prentjies pas. Die werkkaart het ek gekry by http://www.leerafrikaans124.co.za

Dankie aan almal wie vir my herhinner het van die ‘uur’ of ‘ure’ woordjie. Janéy was gretig om te leer tyd lees, so ek het vroer vanjaar vir haar die ure geleer. Maar nou kon ons hersien en ook dit uitskryf. Ek gebruik oulike produk wat ek by Exclusive Books gekoop het: Kumon Flash Cards, Easy Telling Time, Write and Wipe.

20140724-212806.jpg

20140724-212833.jpg

Ons het gepraat oor uniforms, en hoekom mense hulle dra. Hulle moes puzzle stukkies uitsorteer en groepie maak van die loopbane waar mens uniforms dra en die sonder uniforms. Dit doen hulle sommer op die sitkamer mat terwyl tee drink. Daars ook ‘n gratis app op my foon, ‘Educational Games for Kids’ waar hulle mense met uniforms moet paar met ‘n stuk gereedskap. Byvoorbeeld, die soldaat met die tank en die verpleegster met ‘n inspuiting. Janéy het geniet om dit te speel.

Ons het gekyk na die lande op die wêreldkaart wat met U begin. Janéy wys na Uzbekistan.

20140724-213613.jpg

Toe lees ons in ons sendingboek, ‘Jy kan die Wêreld Verander’ deur Jill Johnston oor die Uzbeks. En vir hulle gebid.

20140724-213802.jpg

20140724-213821.jpg

Ek het geleer oor die formele U form om die Here of iemand in gesag te addresseer. Toe sing ons ‘Hallelujah, U is Koning, ons aanbid U, in U woning…’

Uno! Die speletjie UNO begin ook met U. En hier is Pinterest idees van Wiskunde werkies net Uno kaarte! Hoe oulik is dit?!

O

ns het bietjie begin praat van Uitvindsels en begin lees in die pragtige boek: Die Storie van Uitvindings deur Anna Claybourne en Adam Larkum beskikbaar vanaf Galileo Books vir R130. Maar ek het so skuldig gevoel oor die ‘ui’ klank plaas van ‘u’ dat ek op ‘n later stadium meer in diepte daardie boek sal bestudeer en moontlik ‘n projek daarvan maak! Sien UIT! :

20140724-214352.jpg

En, ook soos iemand slim voorgestel het, het ons Ultramel vlae by die Uniegeboue gaan eet! Saam met ultra (Engelse woorde, ek weet) cool vriende!

20140724-214736.jpg

20140724-214802.jpg

20140724-214830.jpg

2

Moeilke tweede M-week

Ek het die week begin (op Maandag die vakansie dag) met soveel entoesiasme en moed.
Ek het ‘n plan gehad vir wiskunde. Om dit meer interessant te maak, sal ek my dogter vra om sommetjies vir my neer te skryf. Dan moet ek die antwoord skryf en sy moet dit merk! Soms gaan ek aspris ‘n fout maak en sy gaan vir my vir my ‘n kruis moet maak lanks my antwoord. Wel, natuurlik klink dit vir haar baie goed! Maar toe sy besef sy gaan eers self die som moet doen voordat sy kan weet of ek reg of verkeerd geantwoord het, is sy nie meer lus nie. Sy voel eintlik bietjie gekul. Hier het sy uitgesien om te tiek of kruis en nou moet sy somme doen! Dinge het van daar af begin skeefloop.

Die kinders was verkoue. Nie koorsig nie maar loop neus en hoes. Baie kinders moet nog skool toe gaan terwyl hulle bietjie siek is. Ek het gevoel ons kan nogsteeds werkies doen in ons snoesige Klaskamer, maar moes later so dryg en smeek en aandag terug roep, dat ek moedeloos begin voel het. Al die gedagtes van onsekerheid het in my kop begin pop: ‘Ons werk te stadig! Sy ken nog nie genoeg nie! Sy kort te veel van my hulp en inspraak, ander kinders het nie ‘n juffrou wat langs hul sit en heeltyd knik of sê, gaan aan!’

En dis waar die probleem lê, ek vergelyk te veel met openbare skool! Ons hoef nie by iemand by te bly nie! As ons volgende jaar nog Graad een werk doen is dit okay!! Dis juis die doel en voordeel van tuisonderrig! Om te werk teen my kind se pas en met die metode wat vir haar werk!

Ek het iets belangriks gesnap die week: as ek my kind gaan druk en stoot, skel en skree, leer sy niks!! Sy sit so vreesbevange dat sy nie kan dink nie! Ek raak kwaad want volgens my is dit n heel eenvoudige taak, maar al wat sy sien is Ma se kwaai gevreet. 😳

So, ek het een aand met my man gesit en gesels. My frustrasies met hom gedeel. Hy het onthou hoe frustreed het hy geraak met ons kind, die een keer toe hy ‘skool’ gee in my plek. Hy het ge-eindig om vir haar pak te gee! Gedink sy is net moedawillig! Dit het my baie beter laat voel! Toe bespreek ons ‘n beter benadering. Sy wil heeltyd opstaan en gaan speel. Dis duidelik nie genoeg om te sê, ‘dis nog nie twaalf uur nie’. Ek moet meer konkreet wees met hoeveel werk gedoen moet word.

So Donderdag sê ek vir haar dat sy net drie werkies moet doen vandag. En ek wys haar wat ek verwag. Sy was baie bly! En dit was baie skryf werk, maar sy kon die wenstreep sien! So, sy kon aanhou werk! En kyk hoe netjies en mooi het sy geskryf! Ek was so trots!

20140425-072144.jpg

Ek deel hierdie persoonlike dinge met julle sodat julle kan sien dat dit nie aldag opwindende projekte is nie. Dis onrealisties om te hoor hoe ons elke dag lag en mekaar drukkies gee. Op hierdie blog gaan julle hoor van ons high’s en low’s. Want dit is die werklikheid van tuisonderrig en Kieswetter Klaskamer.

20140425-075555.jpg

Marakas van medisyne botteltjies

20140425-075638.jpg

Mealies en Macaroni

20140425-075729.jpg

Ons plant mostert saadjies op Earth Day

 

20140425-125401.jpg

Soek magnete wat met m begin op die yskas

20140425-125432.jpg

Marshmallow en Rice Crispies lekkerny

Werkkaart vir pret met magnete

Werkkaart vir pret met magnete

Om hierdie werkkaart af te laai, kliek hier.

4

Ons Spontane S-week

Daar is soooo baie s-woorde in Afrikaans! Mens kan regtig bos gaan met die letter!

Die week het Sondag afgeskop met Survivor! Die kinders het die seerower skip raakgesien en my laat dink dat ons dalk een dag die seerower tema moet ondersoek, maar toe werk dinge anders uit. My babatjie het haar bydra gelewer met die s-tema en was siek die week. Sy het sleg geslaap die week maar ons het nogsteeds klomp s-aktiwiteite geniet!

Ek kom agter dat die idees wat spontaan gebeur is dikwels die lekkerste! Maandag was ek vroeg dokter toe met jongste sussie en toe ek terug is, lees ons eers ‘n paar biblioteek boeke om in die ding in te kom. Sowaar, is daar heelwat s-prentjies om die tema af te skop!

20140131-170118.jpg

Toe sing ons Lollos se liedjie: Spring op, sit plat, staan stil, dan doen jy wat jy wil, een been, balans! Dans, liewe Lollos, dans dans! Dinsdag se liedjie was ‘Ek is nie ‘n stapsoldaatjie nie…’ Woensdag s’n: ‘Sakke pakke, sout en peper, gee my stoom, dan loop ek beter’. Donderdag het ons lekker toneel gespeel met ‘n gediggie ‘Die Skoen’. Ek sal die video hier probeer oplaai. Dit was soveel pret! Vrydae het Janéy spraakterapie.

Ons het die week oor soogdiere gesels. Al die s diere is op wit stickers geteken. ‘n Groot sirkel in haar boek wys die stel Soogdiere. Toe plak sy die soogdiere binne die sirkel en al die ander diere buite die sirkel. Ek het laat sy paar woordjies afskryf van my voorbeeld en die res het ek op stickers geskryf vir haar om te plak. Die konsep is soogdiere het lewendige babas, nie eiers nie.

20140131-173305.jpg

Ek het gesien dat pouse veroorsaak dat my kind sommer met skoolwerk wil stop. Om haar te motiveer om terug Kieswetter Klaskamer toe te kom na ons breek, doen ons iets prakties en prettig. Skeerroom op die venster was “Super fun!”

20140131-173630.jpg

S met spagetti en in sout was die ander sensoriese aktiwiteite. Sago en suiker kan ook werk!

20140131-174429.jpg20140131-174442.jpg

Ek het later gedink mens kan met sokkies ‘n s maak of ‘ski’ met sokkies op houtvloere. Of sokkie sokker speel! Maar ek het nie genoeg energie gehad vir daai idees nie 😜Nog iets wat prt kan wees is ‘n smaak speletjie. Blindoek jou kind en laat hulle iets soet, suur en sout proe en sê soos wat proe elkeen. Mens kan dan vir hulle leer waar op die tong proe mens elke smaak.

My dierbare boetie ski tans in Frankryk en stuur hierdie foto vir Janéy:

20140131-175029.jpg

Die bespreking oor sout het ons buite na die sandpit geneem waar ons gekyk het hoekom is die see souterig? Die gieter verteenwoordig die reen oor die ‘berg’ (hoop sand). Ons het growwe sand en klippies gestrooi oor die ‘berge’. Toe kon die kinders sien dat die strome water oor die soutklippe en klippe vloei en die sout ‘see’ toe neem.

20140131-175536.jpg

Hoekom is die see souterig?

 

Ons het ook die son bespreek. Die kinders moes ‘n sirkel aftrek met die hulp van ‘n groot ronde ‘selotape’ en dan sonstraaltjies met ‘n lineaal trek. My oudste het dan drie sinnetjies geskryf (van myne af) oor hoekom die son goed is vir ons.

1. Die son gee ons lig.

2. Die son hou ons warm.

3. Die son help plante groei.

 

 

Ons eksperiment die week was nie suksesvol nie. 🙂 Ek wens ek kon sê ons het stalaktiete en stalagmiete gegroei, maar tervegeefs. Dalk maak die feit dat ons haarklippies plaas van ‘paper clips’ gebruik het, ‘n verskil. Maar die ‘Before’ foto en ‘After’ foto lyk dieselfde so ek plaas net een. 🙂

20140131-180438.jpg

Iets wat spontaan gebeur het een aand, was skadu-teater teen die slaapkamer muur.

20140131-180601.jpg

Toe een sussie ‘n mooi saadjie wat sy buite gevind het kom wys, het dit soveel saad idees laat ontkiem! Die Bybelstorie van die saad en die saaier was vertel. Die Internet het mooi prentjies van die storie voorsien wat ek kon gebruik vir ‘n volgorde aktiwiteit.

20140131-180951.jpg

En toe gebruik ons die skorsie en spanspek saadjies wat ons klaar in die yskas gehad het om die werk te versier. Het julle geweet dat daar meer as 40 saadjies in een skorsie is?! Hoe slim van die Here om so seker te maak dat daar altyd meer as genoeg groente is! Interessant dat die spanspek saadjies kleiner is as die skorsie saad, tog is die vrug groter! Wys jou net, van iets kleins, kan iets groot groei!

20140131-182331.jpg

Ek verkies om Bybelstories in die aande te lees voor slaaptyd. Baie helde begin met S, so ons het weer gehoor van Simson, Samuel, Saul en Salamo.

My Pa het geSkype om ‘n snaakse speletjie met die kinders te speel: Simon Says. Na so paar opdragte wou die kinders eerder ‘Jesus sê’ speel en my ma het hulle baie mooi daarin begelei.

Wat baie opwindend is, is dat met elke nuwe letter wat ons byvoeg, kan my Graad Eentjie meer en meer woordjies vorm. Sy sukkel om self die sintesis eers te sien. Maar as ek vir haar klaar gewys het k-a-s spel kas, kan sy dit later weer spel. Ek gebruik groot letter kaarte wat ek self gelamineer het sodat sy dit kan rond skommel en verskillende woordjies bou.

Sy het vir my ‘n groot druk gegee nadat sy ‘sak’ gelees het en gesê, ‘Dankie Mamma dat jy my leer lees!’

Sjoe, soete satisfaksie!

20140131-190940.jpg

Blaas deur ‘n strootjie.

20140131-191006.jpg

Skottelgoed was

20140131-191024.jpg

Sonbrilletjies

20140131-192232.jpg

Sneeu op die berge, Tignes, Frankryk

20140131-192244.jpg

Soetmieliebrood

13

Ons Grand Opening!

Ek kon nie aan ‘n beter dag dink nie om met homeschooling af te skop as my verjaarsdag! Dit val dalk ‘n week voor die publieke skole oop maak maar dis maar nou maar net so. Ons kan mos maak soos ons wil! 🙂

En ons wil groot gaan! Daarom beplan ek toe ‘n hele seremonie/partytjie/inwyding -weet nie wat om dit te noem nie so dis maar ons Kieswetter Klaskamer Opening!

Hierdie is mos ‘n spesiale dag! Ek wil hê my kinders (veral my oudste) moet super opgewonde wees om tuisonderrig te begin. Daarom die ‘ribbon-cutting’ seremonie. (Klink net beter as lint knip seremonie.)

Die Klaskamer is nog nie 100% gereed nie. Metro is nog nie klaar met my gordyne nie. En ek wil nog mooi kuns werkies laat raam. Het nog heelwat organiseerding om te doen. Alles is nog nie op sy plek nie maar nietemin, ons gaan partytjie hou!

Ek nooi toe 5 kosbare vriendinne en hulle kinders. Tussen ons het ons 16 kids! En ek besluit ons gaan ‘n prettige tuisonderrig partytjie hou waar al die kinders iets leer. So die K van Kieswetter Klaskamer word die tema en ek dink die hele Desember lank aan woorde wat met K begin. (Ek gaan die dag se K-aktiewieteite afsonderlik post.)

Nadat ons lekker gelag en gesing het, vergader ons almal voor die Klaskamer deure (wat tot dusver toe was) en ek gee ‘n kort toespraak. Die rooi lint kon nie vas aan deur koesyne nie, so Ilani en ‘n maatjie hou weerskante van die lint vas en Janéy staan reg met die skêr. Sy was ge’prep’ om eers te pose vir ‘n foto. Mens kon die belangrikheid wat sy gevoel het sien in haar houding. Haar gesig wat ophelder toe sy die rooi strik sny was prysloos! Gelukkig het sy nie gesukkel met die materiaal of die skêr nie, ek het bietjie bekommer daaroor. Maar die oomblik was selfs beter as wat ek verbeel het! Almal het hande geklap en my hart loop oor.

20140108-195502.jpg

Ek het vooraf die maatjies gevra om slegs die werkies te doen wat ons vir hulle sou gee sodat ons die klaskamer netjies kon hou. Janéy deel toe werkkaarte uit, almal kry ‘n sitplekkie (al was dit dalk op die vloer), en ‘n bedrywige erns daal neer op die klaskamer. Ek merk op hoe soet is almal en my vriendin sê die woorde wat ek graag wou hoor: “Dis die salwing van die klaskamer wat almal so rustig lekker laat werk.”

20140108-200047.jpg

Toe nooi ek die mammas om ‘n vers of bemoedigende woord met bordkryt hoog teen die muur te skryf sodat ek gereeld kon opkyk en lees wat daar staan. Vir dit moes elkeen ‘n leer klim en ek is dankbaar dat nie een blik of bloos om ses trappies op met bordkryt iets vir ons te skryf nie.

20140108-200518.jpg

Die kinders het intussen klaar gemaak met hulle prentjies en klei K’s. Hulle is daar uit en ons groot mense het ‘n paar stille oomblikke vir gebed. Ek glo daarin om als wat mens aandurf voor die Here se voete neer te lê en te vra vir sy seën daaroor. Ek glo Hy het my gelei om te tuisonderrig, nou nooi ek Hom om in ons Klaskamer te kom heers.

20140108-200914.jpg

Wat sal ‘n K-partytjie wees sonder Koffie en Koek? En so het ons Grand Opening ge-eindig! 🙂

5

Hoekom ek besluit het om te Homeschool

ImageEintlik moet ek praat van ‘Tuisonderrig’ maar ek geniet nou die woord ‘homeschool’ so ek waarsku my lesers sommer nou dat ek my tale baie gaan meng op hierdie ‘blog’. So as jy gehoop het vir ‘n suiwer Afrikaanse tuisonderrig blog, is ek jammer. Ek is maar ‘n twee-talige meisie, so my homeschool journey gaan ook wees. 🙂

Ek is SO opgewonde om alreeds soveel navrae te hê oor homeschooling! Ek het nog nie eers self amptelik begin nie (alhoewel ek al jare werkboekies en prettige leer aktiwiteite met my kinders doen). Maar ek glo die Here het tuisonderrig op my hart gelê met ‘n doel. ‘n Doel wat groter strek as net my en my kinders. Moontlik het die Here tuisonderrig vir JOU gesin in gedagte en wou hê ek moes oor my ervarings en reis skryf sodat jy die moed en gereedskap sal hê om te volg. In daardie geval is ek geëerd en neem die verantwoordelikheid baie ernstig op. 

So hoekom het ek besluit om my kids te homeschool? 

Die Here het daardie vraag vir my beantwoord toe ek Hom vra of ek moet homeschool. Ek het vir ‘n paar dae bly vra vir ‘n duidelike teken, ‘n vers, ‘n Skrif, ‘n writing-on-the-wall antwoord (dalk in bordkryt teen die swartbord?) op die vraag: ‘Moet ek homeschool volgende jaar?’ Maar die Hemele was stil. Ek het verse gelees wat nie sin gemaak het nie. Toe ek net begin frustreerd wil raak, kom die antwoord soos ‘n gedagte in my kop: “But I have been gently nudging you in this direction for years!”

En dis hoe God is: a gentleman. Wat die pad wat jy moet loop sagkens aandui. Deur gebeure en mense met wie jy praat. Deur wat jy lees en sien op televisie. Deur dinge in jou wêreld, praat die Here met jou. En dus is daar ‘n klomp redes (ek het ‘n lysie van 12 neergepen)  hoekom ek glo ek is GEROEP om te homeschool. Ja, dis my roeping. 🙂 

Ek is huiwerig om my persoonlike redes hier op te noem. Want dalk het jy nie onderwys geswot nie, en dan dink jy jy sal nie kan tuis skool nie. Of dalk het jy nie klomp oulike ensiklopedies of pragtige Afrikaanse leesboekies by jou skoonma gekry as geskenk nie en dan voel jy jy sal nie jou kinders kan leer nie.  

Dis die groot wonderlike ding van homeschooling: elkeen is uniek, daarom is elke tuisonderrig ervaring uniek! Ons kan juis aanpas tot ons eie unieke omstandighede, persoonlikhede en kinders.

Jy is in staat om jou kinders te leer! Omdat jy hulle ouer is, is jy klaar die heel beste onderwyser vir hulle! En, of hulle nou in die skool is of by jou, leer hulle alreeds by jou. Oor die lewe. En hoe om ‘n volwassene te wees op hierdie planeet. Want hulle hou jou dop! Al ons kinders word geskool in die skool van die lewe.

Dit was net my keuse om dit meer voltyds te doen 🙂