10 Kreatiewe maniere om jou kind te help lees

Lees kom nie maklik vir almal nie. Nie alle kinders kan leer lees slegs deur om klankies bymekaar te voeg nie. Swart woorde op papier plak nie van self in elkeen se kop nie. Soms moet jy, as onderwyser-mamma kreatief raak. Jy moet buite die boks dink en ‘n ander benadering probeer. Wat ‘n lekker sappige uitdaging is dit nie?! Dis was ek moes doen met my oudste wat lees moeilik vind. Hier is 10 idees wat ons gebruik het om lees meer lekker te maak!

1. Flitskaarte

Elke kind moet sy eie alfabet pak hê. Jy kan een koop: daar is’ n mooi kleurvol alfabet stel in die boek Afkrikaans Alfabet

Of maak sommer jou eie! Ons kon ons s’n lamineer maar jy kan sommer net karton en DC-fix gebruik as jy nie ‘n lamineer masjien het nie.

Dan kan die leerling die woorde bou wat jy sê hy moet. Hy pak die klankies saam. Daarom gaan jy so paar ekstra klinkers en letters moet maak wat dikwels meer as een keer in woorde voorkom, sodat seuna woorde soos ‘boom’ en ‘blaar’ ook kan bou.

2. Klei

Klei bly lekker of jy nou 2 is of 20. Dit werk goed om letters mee te vorm. Die fiesiese beweeging en groot motoriese inspanning om die letters te maak en dan die woord te bou help die brein om dit beter te onthou.

Die kind kan ook n tandestokkie neem en die oefen woord skryf in die klei.

3. Plakkers

Plakkers is so oulik deesdae! Mens kry in allerande fonts en alfabet soorte. Plak eenvoudig elke letter op ‘n doppie (ons versamel permanent doppies van melk en koeldrank boksies). En dan kan leerling woorde bou en spel tot die son sak!

Hierdie plakkers is gemaak van skuim papier so dit is nie plat op die papier nie. Mamma kan woorde bou en dan kan sussie dit voel en uitspel en lees. Boetie kan vir sussie ‘n woordjie bou en dan kan sussie geblindoek word om te lees. Dis uitstekend om die brein paaie vas te lê deur om die woord te voel en dan ‘sien’ in jou verbeelding.

4. Blokkies

Gebruik Duplo of enige groot bou blokke en plak wit plakkers op of selfs ‘masking tape’. Skryf dan ‘n letter op elke kant en laat liefding woordjies bou, letterlik!

(My dogter het die letters op ons bou blokkies geskryf.)

5. Spel die woord met wat dit is.

Die fotos sê dit als.

My dogter het gesukkel om die woord eier reg te spel. Selfs al skryf sy dit oor en oor, het sy dit later die dag verkeerd gespel. So toe vra ek haar om die woord te pak met eierskille. Kon sy dit onthou? Later die dag ja, maar ek moes nou net weer herhinner, (dis wel 6 weke later). Meskien sal ons weer die oefening herhaal. 🙂 Ek besef dat al is die werkies prettig, die waarde van repetisie en herhaling kan nie onderskat word nie. Dit bly iets wat enig iemand moet doen om die breinpad duidelik te maak. Soos ‘n pad deur die veld, raak die neurologiese baan duideliker en makliker om weer op te loop, hoe meer keer jy daarop loop!

6. Tydskrif prentjies

Hier kan maatjie tydskrif prentjies uitknip en plak in ‘n boek of lamineer. Skryf dan die woorde neer op hul eie stukkie karton. Dalk wil jy vir eers die prente kies sodat hulle binne die leesvermoë is van jou kind.

7. Speelgoed

Gebruik speelgoed wat jy in jou huis het en skryf die woorde neer vir die diertjies en groente en enige speelgoed wat jou jong lesertjie graag mee speel. Dan moet sy die speelding pas by die woordjie. Lees eers saam deur al die woorde. Herhaal die speletjie vir die hele week. Aan die einde van die week, sal dit goed wees as leerling die woordjies kan neerskryf soos jy die speelgoed in ‘n ry gepak het.

8. Magnete

Yskas magnete is’ n wonderlike uitvindsel! Hierdie oulike manier om woorde te bou en oefen kom van Pinterest af.

9. Kos

Daars alfabet pasta te koop by Woolworths. En alfabet koekie knippers by sommige winkels. Julle kan alfabet koekies bak of sommer letters uit brood druk.

Vyf dogters maak my lewe dol… Dol gelukkig! 🙂

10. Plak dit op die voorwerp

Gee vir jou kind n pak woord van voorwerpe wat te vinde is in jul huis. Hy moet dan die woorde lees en dit plak op die voorwerp met wondergom. Orals in jou huis gaan daar woordjies wees wat sy oog oor en oor kan sien, lees en onthou. Woorde soos venster, deur, yskas, trap, kaggel, boekrak, toilet, wasbak, spieël, lamp, stoel, vensterbank ens.

Ook buite! My kinders het tot die klimraam en die tuinslang gebrandmerk met ‘n plakker. Ons kon nou nog nie die plakker van die glyplank afkry nie!

Dinge wat jy nie gaan beplak nie is seker die skilderye en die televisie. 🙂

Verskaf vir jou so plakker pakket vanaf n skryfbehoefte winkel. Jy gaan dit nog baie gebruik!

En as jy nie plakkers orals in jou huis soek nie, plak slegs kos en goed wat jy gaan weggooi. Of laat leerder net die woorde op papier skryf en orals plaas. Jy kan selfs dat jou kind fotos neem van die lysie voorwerpe wat jy in sy hand druk. Solank hy net lees!

9 thoughts on “10 Kreatiewe maniere om jou kind te help lees

    • Gebruik flitskaarte vir die heel begin. Pak eers net 2 klankies saam en laat sy al die kombinasies goed oefen. Die ander idees is vir kind wat al bietjie kan lees omdat die letters nie so duidelik is nie en baie keer net hoofletters is.

    • Dit kan ‘n stryd wees soms. Sukkelpad. Maar, ons kan dankbaar wees dat ons kind nie in’ n skool is nie! Waar hulle MEER sal sukkel, of gespot word of agtergelaat word en deur die krake val. Dis juis vir die kinders wat sukkel om te leer wie tuisskool die meeste nodig het!

      • Wow dit klink sommer na n blink idee. My gr 1 seuntjie sukkel om te lees. En ek glo die gaan baie help. Gaan dit beslis probeer. Het jy dalk idees vir sommietjies.

      • Hi Daleen! Ja! Ek het volgende Saterdag ‘n Webinar oor Pret met Wiskunde! Skryf in op die blog se Pret met Wiskunde blad. Kyk ook op hierdie blog vir my WhatsApp Klub, ek deel elke week prettige en praktiese idees vir lees, skryf en wiskunde vir Graad 1 tot 5. 😀 Kontak my per whatsapp as jy nog help verlang! 0723412747

  1. Goeie more. Wil net vra my kind kan mooi spel maar dan moet daar n prent by wees anders dan kan hy nie dit spel of weet wat daar stan nie. Ek help nodig hoe kan ek hom help om die letters teondou?

Leave a comment