WhatsApp Klub

Wat is die Kieswetter Klaskamer WhatsApp Klubs?

Ontvang elke week ons Kieswetter Klaskamer tuisskool kurrikulum in ons eksklusiewe WhatsApp groep.

Watse klub gaan vir my kind die beste wees?
Ons het hierdie jaar twee klubs om van te kies.

1. Graad 1 Klub (lees meer hier)
(Yummy Alfabet, Gesegdes van die Week, videos van wiskunde speletjies en cool manier om klanke te leer!)
2. Wêreldlande Klub (lees meer hier)
(Jaar kurrikulum gefokus op Aadrykskunde en Kultuur. Ideaal vir ouderdom 6-12)


Hallo, my naam is Janet Kieswetter

Ek tuisskool al 7 jaar lank en moes gebruik maak van kreatiewe, buite-die-norm idees om my oudste dogter te leer lees asook wiskunde makliker vir haar te verduidelik. Janéy (nou 13) het leer uitdagings wat my forseer het om alternatiewe te soek. Ek besef nie alle kinders is akademies ingestel nie. Nie almal geniet boekwerk wat baie skryf, lees en konsentrasie vra nie. Soms moet dinge konkreet, prettig en sensories wees!

My metodes sal goed werk vir kinders met ADHD, disleksie en diskalkulie (wiskunde uitdagings).