0

As jou dag nie gaan soos jy beplan het nie…

Gister was die loodgieters hier om vir ons ‘n nuwe geyser te installeer. Die ou een het gebars. Ons het bietjie wiskunde tussendeur gedoen. Ek het geweet dit gaan chaos wees. So, daar was reeds genade vir myself oor die ongewone dag.

Maar vandag was daar geen onderbrekings nie. Ons het niks aan nie. Hoef nêrens te gaan nie. Niemand kom kuier nie. Die ideale dag om baie werk gedoen te kry! En het ons? Nee! Ek is nie tevrede met hoe vandag se tuisskool verloop het nie. Hierdie is ‘n joernaal inskrywing om vas te stel wat verkeerd gegaan het en hoe ek dit kan regmaak.

1. Liaseer werk. Orals lê papiere. Papiere van laas week se skryf oefening en Wiskunde werkkaarte en prentjies wat hul geteken het. Ek wil hê my kinders moet leer om hulle werk self te bêre. Ek het gesê dat dit nie moontlik is vir my om almal se werk heeltyd in hul lêrs te bêre nie. Ons moet aanhou liaseer sodat daar rekord is van hulle werk. Hulle sê toe dat hulle nie weet watse lêr is hulle s’n nie. Ek handig toe almal se lêre uit. Dink hulle bêre toe hulle papiere. 🙄

2. Wiskunde. Janéy het 3 breuke werkkaarte gedoen terwyl ek langs haar gesit het. Netjiese werk. 👍 Ilani het 2 lang deel somme gedoen op haar eie. Daar was nog 3 op die bladsy. Net 2 somme! Dis te min! Hulle was wel reg gewees. Sy verstaan die lang deel darem. Hoe kan ek kry dat sy die bladsy voltooi? Sy werk so stadig. Ek weet sy moet net fokus. Dalk haar uitdaag om dit binne 10 minute klaar te doen? Horlosie by haar sit. En kyk of dit help.

Tenike het 4 wiskunde werkkaarte gedoen op haar eie. Laaste een het sy meestal als verkeerd gekry. 🙈 Maar sy wou nie korreksies doen nie. Sy wou haar breek neem, toe sê ek okay.  Ander werkkaarte het sy mooi gedoen en verstaan. Meskien was 4 te veel. As sy moeg raak, maak sy meer foute. Maar sy klink altyd so gretig, dat ek wil aanhou werk gee. Bak brood terwyl die oond warm is! Maar die foute is ‘n demper op haar entoesiasme. Meskien moet ek haar stop. Ek kan sê sy het pragtig gewerk en dis genoeg wiskunde vir die dag.

4. Lees: Net Tenike het vir my vandag gelees. Sy lief om vir my te lees! Ek het Ilani oor en oor geroep! Hoekom het sy nie vir my gelees nie? Haar leesboek lê op haar lessenaar. Dis Z vir Zackie boek. So een wat sy geniet en lekker kan lees… O wag, sy HET vir my gelees! Twee bladsye. Hoekom vergeet ek dit? Ek was op my foon gewees 🙈 Ai! Hoekom het sy so min gelees? Iets het ons onderbreek… Sy hou daarvan om my volle aandag te hê. Ek moet more meer fokus en luister terwyl sy lees.

Janéy wil iets vir my op Rivet lees. Onthou om more haar te herhinner. Sy kan ook die Tower Ponies vir my lees.

5. Toe het Ilani en Janéy ander planne. Ilani wou ‘n video opneem van Romeinse syfers. Sy het toe. Dit was baie mooi verduidelik. In Engels. Dis werk wat sy ken so sy leer dan niks nuut nie. 🤔 Wel mooi gepraat. Soos’ n 6 minute mondeling. Mmm, dis dan nie te sleg nie.

Janéy wou ‘n toneelstuk skryf. Sy het in Engels begin, maar toe sê ek sy moet in Afrikaans skryf. Toe vee sy haar Engelse opskrif uit en dink verder aan gaar storie. Toe ek weer kyk het sy niks geskryf nie. So, ek roep haar om Afrikaans se IGSCE werk te doen. Haar eerste op die vlak ooit. Sy het baie netjies geskryf. Ek moes baie help om die vrae te verduidelik en basies die antwoord vir haar gegee. Ja, ek het seker elke vraag vir haar geantwoord. Eish! Maar sy het nog nooit sulke vrae gesien nie. Begripstoets. Ek het verduidelik van vol sinne antwoord. Toe was sy baie versigtig om elke keer ‘n vol sin te skryf. Dis ver van klaar. Ons moet more daarmee aangaan. Hoe kan ek minder die antwoord gee en meer laat sy self dink? Dalk dink ek te min van haar vermoë. Sou sy die antwoord kon uitpluis? Ek wonder 🤔 Sal more laat sy self lees en antwoord. Kyk of sy kan.

My tweeling het mooi gespeel en prentjies ingekleur. Bietjie op my Reading Eggs app gespeel.

Dis nou 26 Augustus 2020. Die dag na gister se inskrywing. Die dag wat ek gehoop het gaan beter gaan. Maar ai, dit was erger! Ek het op die kinders geskree! My geduld was net te ver gestoot. Toe kook ek oor! 🙈 En dan moet ek huilende kinders troos.

Ilani het skielik gesukkel met die lang deel wat sy gister kon regkry! Ek kon dit nie verstaan nie. Sy vra my iets wat sy gister verstaan het! Ek het dit verloor! Die horlosie langs haar het net aanhou tiek terwyl sy bo in haar kamer gaan huil het. As julle gedink het dit gaan altyd klopdisselboom by ons, nou weet jy, dit doen nie.

En Janéy sukkel so met die breuke werk. Ek sê ons kan dit los en aangaan met ander wiskunde maar sy wil nie bladsye oorslaan nie. Sy wil sistematies deur die wiskunde boek werk. So, ons sukkel deur nog werk waar ek basies vir haar stap vir stap sê wat om te doen. Sy sê sy hoor die woorde wat ek sê maar sy verstaan nie hoekom sy moet doen wat sy doen nie. En hierdie is werk wat ek met Lego en magnete en tabelle wat sy vashou vir haar verduidelik het. Toe vra ek wat wil sy hê moet ek doen. Sy antwoord: “Wag tot ek gereed is. Tot ek dit verstaan.” En watse wiskunde doen ons tot dan, wonder ek.

En my 4-jarige Nivea het getantrum en gehuil. Sy wil hê haar tweeling sussie moet die Pappa wees maar Michaela weier. Nivea sê vir ons almal wat om te doen. Tot waar ek moet parkeer! Of waar ek haar kos moet neersit. En met watse lepel sy wil eet. So as haar sussie nie die Pappa rol wil speel nie, voel ek sy hoef nie. Maar Nivea hou nie op skree daaroor nie. So ek gee haar pak en plak haar neer op ‘n stoel in die badkamer. En maak die deur toe! Om die aanhoudende geskreeu bietjie uit te blok. Totdat my lankmoedige bediende Brenda, haar gaan haal en probeer troos. My hart versag en ek gaan gee haar n drukkie en hoor hoe kan ek help. Sy huil toe oor iets heeltemal anders. En ek kon dit beter maak.

Die einste Nivea kom later na waar ek met Janéy deur haar Afrikaans stoei. Sy bring vir my twee blommetjies. Sy sê as die een dood gaan, is daar nog een vir my. My hart smelt! Ek neem haar op my skoot en vra of sy jammer sê. Sy sê ja. Ek gee haar ‘n drukkie en sy hou my net vas. Ek sê dat dit aaklig was om met haar te raas en in die badkamer toe te maak. Sy sê dat sy gedink het dat ek die deur gesluit het en sy nooit sou kon uitkom nie! ☹️😭 Arme liefie! Ons neem toe die fotos saam en ek verseker haar van my liefde.

Ek is altyd die een wat ander mammas bemoedig om kinders nie te push nie. Ek gee gereeld raad om terug te staan en net boek te lees of asem te skep en die werk te los vir ‘n ander dag. Maar ek neem nie my eie raad nie! Ek wil sekere werk gedoen hê die week. Ek voel ons gaan later vakansie hou en rus en speel. Ek stoot nog my agenda op die kinders en dit het vandag lelik ge’backfire’.

Ek werk nou aan my Home Education Diploma deur The Centre of Excellence. Dis gratis beskikbaar die jaar. Dis ‘n uitstekende aanlyn kursus! Nou lees ek die woorde op my rekenaar skerm: “Eventually, even a child only learning what they want to learn will learn how to add, subtract, multiply and divide by a reasonable age. They will understand fractions, decimals, percentages and ratios through everyday life and practical problems. It doesn’t have to be forced, and in fact, you can’t force someone to learn something. In order for them to really understand it, they have to want to learn it.

My kinders speel nou so lekker met die buurkinders. Al die stoei en huil en druk van die oggend is, gelukkig, vergete. Ek sien uit om elkeen ‘n druk te gee en jammer te sê. Darem kry ons elke dag’ n nuwe kans.

2

Moeilke tweede M-week

Ek het die week begin (op Maandag die vakansie dag) met soveel entoesiasme en moed.
Ek het ‘n plan gehad vir wiskunde. Om dit meer interessant te maak, sal ek my dogter vra om sommetjies vir my neer te skryf. Dan moet ek die antwoord skryf en sy moet dit merk! Soms gaan ek aspris ‘n fout maak en sy gaan vir my vir my ‘n kruis moet maak lanks my antwoord. Wel, natuurlik klink dit vir haar baie goed! Maar toe sy besef sy gaan eers self die som moet doen voordat sy kan weet of ek reg of verkeerd geantwoord het, is sy nie meer lus nie. Sy voel eintlik bietjie gekul. Hier het sy uitgesien om te tiek of kruis en nou moet sy somme doen! Dinge het van daar af begin skeefloop.

Die kinders was verkoue. Nie koorsig nie maar loop neus en hoes. Baie kinders moet nog skool toe gaan terwyl hulle bietjie siek is. Ek het gevoel ons kan nogsteeds werkies doen in ons snoesige Klaskamer, maar moes later so dryg en smeek en aandag terug roep, dat ek moedeloos begin voel het. Al die gedagtes van onsekerheid het in my kop begin pop: ‘Ons werk te stadig! Sy ken nog nie genoeg nie! Sy kort te veel van my hulp en inspraak, ander kinders het nie ‘n juffrou wat langs hul sit en heeltyd knik of sê, gaan aan!’

En dis waar die probleem lê, ek vergelyk te veel met openbare skool! Ons hoef nie by iemand by te bly nie! As ons volgende jaar nog Graad een werk doen is dit okay!! Dis juis die doel en voordeel van tuisonderrig! Om te werk teen my kind se pas en met die metode wat vir haar werk!

Ek het iets belangriks gesnap die week: as ek my kind gaan druk en stoot, skel en skree, leer sy niks!! Sy sit so vreesbevange dat sy nie kan dink nie! Ek raak kwaad want volgens my is dit n heel eenvoudige taak, maar al wat sy sien is Ma se kwaai gevreet. 😳

So, ek het een aand met my man gesit en gesels. My frustrasies met hom gedeel. Hy het onthou hoe frustreed het hy geraak met ons kind, die een keer toe hy ‘skool’ gee in my plek. Hy het ge-eindig om vir haar pak te gee! Gedink sy is net moedawillig! Dit het my baie beter laat voel! Toe bespreek ons ‘n beter benadering. Sy wil heeltyd opstaan en gaan speel. Dis duidelik nie genoeg om te sê, ‘dis nog nie twaalf uur nie’. Ek moet meer konkreet wees met hoeveel werk gedoen moet word.

So Donderdag sê ek vir haar dat sy net drie werkies moet doen vandag. En ek wys haar wat ek verwag. Sy was baie bly! En dit was baie skryf werk, maar sy kon die wenstreep sien! So, sy kon aanhou werk! En kyk hoe netjies en mooi het sy geskryf! Ek was so trots!

20140425-072144.jpg

Ek deel hierdie persoonlike dinge met julle sodat julle kan sien dat dit nie aldag opwindende projekte is nie. Dis onrealisties om te hoor hoe ons elke dag lag en mekaar drukkies gee. Op hierdie blog gaan julle hoor van ons high’s en low’s. Want dit is die werklikheid van tuisonderrig en Kieswetter Klaskamer.

20140425-075555.jpg

Marakas van medisyne botteltjies

20140425-075638.jpg

Mealies en Macaroni

20140425-075729.jpg

Ons plant mostert saadjies op Earth Day

 

20140425-125401.jpg

Soek magnete wat met m begin op die yskas

20140425-125432.jpg

Marshmallow en Rice Crispies lekkerny

Werkkaart vir pret met magnete

Werkkaart vir pret met magnete

Om hierdie werkkaart af te laai, kliek hier.