4

Kieswetter Klaskamer se Eerste Kwartaal

So die eerste kwartaal van Kieswetter Klaskamer is klaar! Wat ‘n asemrowende inleiding tot tuisonderrig was dit nie!

Ons het vinnig in ‘n lekker routiene ingewikkel. Harde werkies in die oggend tussen 8 en 10 en prettige sensoriese werk na pouse. Bekendstelling van nuwe klankie op Maandae met die versameling van dinge in die huis wat met daardie letter begin.

Elke oggend sit ons saam op die kussings in ons lees hoekie en dank die Here dat ons kan homeschooling doen. Dan soek elkeen die nuwe datum en weer platjie vir die dag. Dalk lys ons die maande van die jaar of sing ‘n liedjie. Gewoonlik tel ons met die hulp van my nommer plakkaat. Iemand hou ‘n liniaal en wys ons soos ons tel. Een week mermoriseer ons ‘n Bybelvers, die volgende week ‘n gedig. Die pas is gemaklik en die opsies eindeloos. Ek voel rustig en ontspanne. Ek kyk na my kinder se gesiggies en my hart loop oor.

Hierdie week was heerlike hersiening. Ons het geblaai deur my dogter se lêr en gesels oor wat sy alles gedoen het. Sy was trots op haar prentjies en besef nie sy oefen haar klankies en spraak terwyl ons kyk nie.

Ek het toevallig afgekom op die Jaarlikse Nationale Assesserings toetse (Engels ANA) van Graad 1! Op http://www.kleuters.co.za is daar link tot die Onderwys Departement se webtuiste met hierdie volledige toetse daarop. Daar is Afrikaans eerste taal asook wiskunde toetse vir Graad 1 (en ander grade). Daar is die amptelike toetse van 2011, 2012 en 2013.
Ek kyk toe gretig deur laas jaar se asseserings en is toe heel bly om te sien dat ons baie mooi vorder. Dit is nou as mens die nationale kurrikulum as riglyn wil gebruik. Baie tuisskolers doen nie, en ek is nie seker ek gaan dit vir ewig dophou nie. Maar vir die nuwe mamma wat maar nou net begin en meestal nog haar eie kop volg, is dit lekker om te sien dat my kind heelwat van die werkies in die toets sal kan doen. 🙂

Ons het ons eie klein toetsie gehad vandag. Sommer ‘n ou sigwoordjie toets. Die hele week leer my dogter haar sigwoordjies (wat nog al die tyd teen die muur geplak was) deur om deur hulle te flits. Sy het beter gevaar met die flitskaartjies in haar hand as toe dit teen die muur was. En toe vandag steek ons die woordjies weg en skryf sy netjies in haar boek al ses korrek uit. Ek het nooit gesê ons gaan TOETS skryf nie. Ek het nie dae lank haar op haar senuwees gehad nie. Sy leer hulle nog onskuldig elke dag. Net vandag het ek gevra dat sy hulle nou mooi moet skryf sonder om daarna te kyk. Sy het hulle ook self gemerk deur om te kyk na die flitskaarte. En geniet om regmerkie langs elkeen te sit. Haar glimlag van oorwinning was prysloos!

In tuisonderrig, leer die mamma-juffrou vinnig wat vir haar kind werk en waaraan sy moet fokus. Daarom sal elkeen se metode en kurrikulum verskil. Ek is bly ons volg nie ‘n pakket nie. Ek geniet die vryheid, die ruimte om kreatief te wees. Ek is dankbaar vir Slimkoppies en Kumon boeke. Maar dit maak op dalk ‘n uur uit die week. Die res is saamgestel met ander goeie boeke wat ons het. 101 Science Experiments, Jy kan die Wéreld Verander, Klankies vir Kleuters om ‘n paar te noem. Ek kies self die skryfstukke wat sy moet oefen. Sy kan 3-letter woordjies bou en lees. Net met die a-middel klank vir eers.

In kort, ons doen wat vir ons werk. En ek voel opgewonde oor die toekoms. Die moontlikhede is eindeloos! Die opwinden, groot. Die Here seën ons elke week met ‘n diertjie wat met die letter van die week begin. Hy help my wanneer ek moeg voel en buig my kinders se hartjies na Homself toe. Dit is ‘n absolute voorreg en ek geniet elke oomblik.

20140313-225111.jpg

1

Suid-Afrikaanse Tuisonderrig Kenners se antwoorde op Gereelde Vrae (FAQ)

Ek het die inligting hieronder verkry vanaf webwerwe, e-posse en Facebook comments. Aan die einde van die artikel het ek al die links na dokumente gelys, as jy vinnig opsoek is na iets.

1. Hoe kan ek seker maak my kind is op datum volgens die wet?

Breytie Breytenbach antwoord:

“Volgens wet is alle kinders in SA skoolpligtig vanaf die begin van die jaar waarin hulle sewe word tot die einde van die jaar waarin hulle vyftien word. Dit beteken hulle moet by ‘n skool ingeskryf word. Indien ouers verkies om self hulle kind te onderrig, moet die kind as tuisskoler geregistreer word by die provinsiale onderwysdepartement. As jy in Gauteng of in die Wes-Kaap woon, sal jy maklik inligting kry op hulle webblaaie. Ander provinsies se webblaaie skiet baie tekort, maar jy kan probeer. Wat die leerinhoud betref, beveel ons aan dat jy die SA Kurrikulum as basis gebruik, al sou jy een of ander kursus koop. Die kurrikulum (CAPS/KAVS) gee vir jou minimum standaarde en is op die internet te kry. Kliek hier.

Jy kan ook met vrymoedigheid gebruik maak van handboeke wat aandui dat hulle CAPS gebaseer is. Weer eens is die handboek ‘n riglyn en nie ‘n voorskrif nie. Dit beteken dit staan jou vry om meer te doen, maar nie minder nie. Jy kan selfs die leerinhoud verander solank jy by die beginsels hou wat in CAPS voorgeskryf word. In hierdie stadium is Geletterdheid en Wiskunde die belangrikste om op te konsentreer. Dit sluit natuurlik leesvaardigheid en syfervaardigheid in. Die CAPS vereistes vir Fondasie Fase (Graad R-3) is hier beskikbaar.  Ek het vir jou net een ernstige waarskuwing in kort: moenie in die oggend ‘n Juffrou probeer wees en in die middag ‘n Ma nie. Vir jou kind is jy niks anders as Ma nie, al leer jy hom lees of somme maak. Bly asseblief sy ma onder alle omstandighede.”

Wat vereis die Departement van Onderwys van my?

Douw Breytenbach antwoord:

Die amptelikedokument wat die prosedure gee om kinders te registreer vir TO kan jy hier kry. 

Elke provinsie sal hulle eie vorms hê wat ingevul moet word.Gautengers kan dit op die onderwysdepartement se webwerf kry. Die verwagtinge van die departement is dieselfde as vir skole. Basies moet daar rekord gehou word van die kind se aan- en afwesigheid, daar moet ‘n weeklikse rooster wees en ‘n jaarbeplanning asook assessering. Die kind se werk moet in ‘n portefeulje versamel wees wat minstens drie jaar bewaar moet word. Daar moet ook ‘n fisieseruimte wees met genoeg lig en lug en fasiliteite waar die kindonderrig word. Gereelde verslag, minstens seker aan die einde van die jaar, moet gegee word van die kind se vordering.

Hoe weet ek watse kurrikulum om te kies?

Martie du Plessis antwoord:

“Parents are able to figure out their children’s learning style; they know how their children processes and remembers information, hence they are able to invest in the right curriculum. For example: When children are more hands-on in their approach and they are forced to sit still they will not learn well. Or when they need to think through information and they always get rushed, they will feel anxious most of the time.
There are many tests that parents can find on the internet to determine learning preferences, but are often stymied in choosing the best curriculum. Martie assists families to choose the curriculum that will be most suitable for the family as a whole, since even the learning styles of parents play a critical role in the educational process.

In a school environment, all the children are expected to learn and work in exactly the same manner, irrespective of their individual differences. In many cases, children are expected to think and do things in the same way as the teacher does. If this is not the natural learning method of the child, then learning can be delayed. The same can occur in the home education set up if parents do not grasp the most important advantage of home education, that parents can develop a home education programme to suit the unique and individual needs of their children and family.

The best way in which to go about home education is for individual family members to get to know each other better. Parents need to become aware of their own learning preferences and the learning preferences of their children. Parents can then purchase a suitable programme, which will work for both the parents and the children.”

Om jou kind en familie se leerstyl te toets, kan julle vorms download vanaf Martie se werbwerf. Kliek hier.

Watse Matriek gaan my kind kan skryf?

Leendert van Oostrum (hoof van die Pestalozzi Trust) oor die Suid-Afrikaanse Matriek (NSS)

Die Suid-Afrikaanse matriek het een groot uitbuitery geword, gemonopoliseer deur die vakbondgedrewe “professionele” onderwysberoep. En SACAI word beheer deur personeel wat ‘n root rol speel in die SAOU (Suid-Afrikaanse Onderwysersunie). SACAI word ook bedryf uit die kantore van die SAOU.

Waar dit die rol van die “SBA’s” aangaan – die 77 werkstukke, projekte en take wat gedoen moet word. Die syfer is nie 10% nie, maar 15%. Die jaarpunt vir matriek tel 25% van die finale punt, MITS die jaarpunt nie meer as 15% van die eksamenpunt verskil nie. Dit beteken: AS die jaarpunt wel in aanmerking kom, kan dit die finale punt met hoogstens 3.75% op- of afbring.

Dit beteken: as jy ‘n jaarpunt van 0 het, en jy kry meer as 15 % vir die eksamen word jou eksamenpunt jou finale punt – die jaarpunt het geen effek nie. En as jy 100% vir die eksamen kry, sal jou finale punt 100% wees, nie 75% nie! En hierdie bepaling geld vir ALLE kandidate vir die NSS – staatskole, privaatskole en tuisleerders.

MAAR, jy mag nie versuim om die werkstukke in te gee nie – dan kry jy nie toelating tot die eksamen nie. Jy moet dus ten minste ‘n vel papier ingee met jou studentebesonderhede op – waarvoor jy vanselfsprekend 0 sal kry,

En ja. Niemand vertel jou vooraf nie, want BAIA onderwysers kry werk om jou werkstukke te merk en te modereer. Hulle sal nie werk he as jy weet dat jy nie daardie twak hoef te doen nie.

En dan kos die SA matriek (NSS) jou meer as ‘n BA of ‘n BCom by Unisa – weens al die onderwysers wat betaal moet word om die werkstukke te merk en te modereer.

Daarom is tuisskolers besig om toenemend oor te skuif na die Cambridge-Matriek. Dis net soveel werk, maar dis nuttige werk, want jy leer baie daaruit. EN die sertifikaat het ‘n veel beter status as die NSS – in die buiteland EN in SA!

Die ander opsie, wat besig is om baie gewild te word, is die Amerikaanse volwasse matriek (GED).

Dis SPOT-goedkoop, word driemaal per week in Kaastad, Johannesburg en Gaberone afgeneem, dis vyf vertigmintute-vraestelle wat op rekenaar afgeneem word, en jy kry jou punt voor jy die eksamenlokaal verlaat. As jy dop kan jy na drie maande weer skryf.

Dit het my tweede dogter twee ure per dag vir drie maande gekos om daarvoor voor te berei, en sy het in die top 1% presteer. Dit het biejtie meer as R3000 gekos, boeke en Gautreinkaartjies ingesluit.

Daarmee kan sy na kolleges in SA en die buiteland gaan, en sommige universiteite aanvaar dit ook. Ander universitete vereis dat jy ook die Amerikaanse universiteitsvrystellingseksamen (SAT moet slaag. Dis baie soos die GED, maar net in twee of drie vakke. Dit word ook omtrent viermaal per jaar op verskeie plekke in SA afgeneem.

Ek voorsien twee dinge:

1. ‘n Groot migrasie van tuisskolers weg van die NSS na die Cambridge en die GED/SAT.
2. Pogings deur die regering, onder druk van die onderwyservakbonde om die gebruik daarvan in SA te belemmer. Dit sal feitlik verseker onwettig wees, en die Pestalozzi Trust is gereed om sulke pogings teen te staan.

Hoe registreer ek by die Pestalozzi Trust? 

Kliek hier vir die inskrywings vorm.

Om meer uit te vind, sien die Pestalozzi webwerf: http://www.pestalozzi.org/en/about-us

Die Links weer:

Registrasie Vorm vir die Departement van Onderwys: http://www.education.gov.za/LinkClick.aspx?fileticket=JUaBfZYB3%2BE%3D&tabid=188&mid=498

Die CAPS vereistes vir Grondslagfase: http://www.education.gov.za/LinkClick.aspx?fileticket=%2bc5SWoRnRMI%3d&tabid=671&mid=1213

Ander links:

Departement van Onderwys CAPS Q&A: http://www.education.gov.za/LinkClick.aspx?fileticket=mjPm7nzZnsE=&tabid=419

Departement van Onderwys CAPS (al die Grade) se vereistes: http://www.education.gov.za/Curriculum/CurriculumAssessmentPolicyStatements/tabid/419/Default.aspx

What’s my child’s Learning Style? http://www.schoolfamily.com/school-family-articles/article/836-learning-styles-quiz