5

Hoekom ek besluit het om te Homeschool

ImageEintlik moet ek praat van ‘Tuisonderrig’ maar ek geniet nou die woord ‘homeschool’ so ek waarsku my lesers sommer nou dat ek my tale baie gaan meng op hierdie ‘blog’. So as jy gehoop het vir ‘n suiwer Afrikaanse tuisonderrig blog, is ek jammer. Ek is maar ‘n twee-talige meisie, so my homeschool journey gaan ook wees. 🙂

Ek is SO opgewonde om alreeds soveel navrae te hĂȘ oor homeschooling! Ek het nog nie eers self amptelik begin nie (alhoewel ek al jare werkboekies en prettige leer aktiwiteite met my kinders doen). Maar ek glo die Here het tuisonderrig op my hart gelĂȘ met ‘n doel. ‘n Doel wat groter strek as net my en my kinders. Moontlik het die Here tuisonderrig vir JOU gesin in gedagte en wou hĂȘ ek moes oor my ervarings en reis skryf sodat jy die moed en gereedskap sal hĂȘ om te volg. In daardie geval is ek geĂ«erd en neem die verantwoordelikheid baie ernstig op. 

So hoekom het ek besluit om my kids te homeschool? 

Die Here het daardie vraag vir my beantwoord toe ek Hom vra of ek moet homeschool. Ek het vir ‘n paar dae bly vra vir ‘n duidelike teken, ‘n vers, ‘n Skrif, ‘n writing-on-the-wall antwoord (dalk in bordkryt teen die swartbord?) op die vraag: ‘Moet ek homeschool volgende jaar?’ Maar die Hemele was stil. Ek het verse gelees wat nie sin gemaak het nie. Toe ek net begin frustreerd wil raak, kom die antwoord soos ‘n gedagte in my kop: “But I have been gently nudging you in this direction for years!”

En dis hoe God is: a gentleman. Wat die pad wat jy moet loop sagkens aandui. Deur gebeure en mense met wie jy praat. Deur wat jy lees en sien op televisie. Deur dinge in jou wĂȘreld, praat die Here met jou. En dus is daar ‘n klomp redes (ek het ‘n lysie van 12 neergepen)  hoekom ek glo ek is GEROEP om te homeschool. Ja, dis my roeping. 🙂 

Ek is huiwerig om my persoonlike redes hier op te noem. Want dalk het jy nie onderwys geswot nie, en dan dink jy jy sal nie kan tuis skool nie. Of dalk het jy nie klomp oulike ensiklopedies of pragtige Afrikaanse leesboekies by jou skoonma gekry as geskenk nie en dan voel jy jy sal nie jou kinders kan leer nie.  

Dis die groot wonderlike ding van homeschooling: elkeen is uniek, daarom is elke tuisonderrig ervaring uniek! Ons kan juis aanpas tot ons eie unieke omstandighede, persoonlikhede en kinders.

Jy is in staat om jou kinders te leer! Omdat jy hulle ouer is, is jy klaar die heel beste onderwyser vir hulle! En, of hulle nou in die skool is of by jou, leer hulle alreeds by jou. Oor die lewe. En hoe om ‘n volwassene te wees op hierdie planeet. Want hulle hou jou dop! Al ons kinders word geskool in die skool van die lewe.

Dit was net my keuse om dit meer voltyds te doen 🙂

Â