0

Ons Winnie-the-Pooh Partytjie!

Ons get gister ‘n baie lekker Winnie-the-Pooh partytjie geniet! Hoekom? Want die skrywer van die klassieke storie verjaar vandag! Alan Alexander Milne was die 18 Januarie 1882 gebore. So hy sou vandag 136 jaar oud gewees.

Hy het begin om stories vir sy seun, Christopher Robin te vertel. Oor Christopher se eie sagte diertjies. (sien prentjie!) En die het toe boeke geword wat ons almal ken en liefhet.

Kyk daars Winnie-the-Pooh beer en Eeyore en Tigger en Piglet en Kanga die kangaroo mamma.

Ek het Winnie-the-Pooh koek gebak en ons tuisskool maats het kom kuier. Die ander oulike mammas het eetgoed gebring wat pas by die tema.

Ons het lekker geluister na die Winnie-the-Pooh liedjie vanaf my JOOX app. Ek het die pragtige Winnie-the-Pooh storie boek jare terug vanaf my broer ontvang. So toe laai ek die audio storie vanaf die toep Audible en ons kon luister na akteurs se stemme terwyl ons na die prentjies kyk in die boek. Al die kinders het hul eie Winnie-the-Pooh sagte diertjies saam hul gehad.

Die storie waarna ons geluister het was Hoofstuk 8: In which Christopher Robin leads an expotition to the North Pole.

En toe moes al ons kinders ook op ‘n expotition (dis eintlik’ expedition’ maar Winnie-the-Pooh sê die woord heeltyd verkeerd) na ‘n kamstige Noordpool. Almal het gemarsjeer en so lekker gelag.

Ons het ook Pin the Tail on the Donkey gespeel.

Die wie wou kon Winnie-the-Pooh inkleur of probeer teken.

Ek het maskers uitgedruk sodat die kinders daarmee kon speel.

Hier is so paar mooi aanhalings wat A. A. Milne ons mee gelos het:

Advertisements
4

10 Kreatiewe maniere om jou kind te help lees

Lees kom nie maklik vir almal nie. Nie alle kinders kan leer lees slegs deur om klankies bymekaar te voeg nie. Swart woorde op papier plak nie van self in elkeen se kop nie. Soms moet jy, as onderwyser-mamma kreatief raak. Jy moet buite die boks dink en ‘n ander benadering probeer. Wat ‘n lekker sappige uitdaging is dit nie?! Dis was ek moes doen met my oudste wat lees moeilik vind. Hier is 10 idees wat ons gebruik het om lees meer lekker te maak!

1. Flitskaarte

Elke kind moet sy eie alfabet pak hê. Jy kan een koop: daar is’ n mooi kleurvol alfabet stel in die boek Afkrikaans Alfabet

Of maak sommer jou eie! Ons kon ons s’n lamineer maar jy kan sommer net karton en DC-fix gebruik as jy nie ‘n lamineer masjien het nie.

Dan kan die leerling die woorde bou wat jy sê hy moet. Hy pak die klankies saam. Daarom gaan jy so paar ekstra klinkers en letters moet maak wat dikwels meer as een keer in woorde voorkom, sodat seuna woorde soos ‘boom’ en ‘blaar’ ook kan bou.

2. Klei

Klei bly lekker of jy nou 2 is of 20. Dit werk goed om letters mee te vorm. Die fiesiese beweeging en groot motoriese inspanning om die letters te maak en dan die woord te bou help die brein om dit beter te onthou.

Die kind kan ook n tandestokkie neem en die oefen woord skryf in die klei.

3. Plakkers

Plakkers is so oulik deesdae! Mens kry in allerande fonts en alfabet soorte. Plak eenvoudig elke letter op ‘n doppie (ons versamel permanent doppies van melk en koeldrank boksies). En dan kan leerling woorde bou en spel tot die son sak!

Hierdie plakkers is gemaak van skuim papier so dit is nie plat op die papier nie. Mamma kan woorde bou en dan kan sussie dit voel en uitspel en lees. Boetie kan vir sussie ‘n woordjie bou en dan kan sussie geblindoek word om te lees. Dis uitstekend om die brein paaie vas te lê deur om die woord te voel en dan ‘sien’ in jou verbeelding.

4. Blokkies

Gebruik Duplo of enige groot bou blokke en plak wit plakkers op of selfs ‘masking tape’. Skryf dan ‘n letter op elke kant en laat liefding woordjies bou, letterlik!

(My dogter het die letters op ons bou blokkies geskryf.)

5. Spel die woord met wat dit is.

Die fotos sê dit als.

My dogter het gesukkel om die woord eier reg te spel. Selfs al skryf sy dit oor en oor, het sy dit later die dag verkeerd gespel. So toe vra ek haar om die woord te pak met eierskille. Kon sy dit onthou? Later die dag ja, maar ek moes nou net weer herhinner, (dis wel 6 weke later). Meskien sal ons weer die oefening herhaal. 🙂 Ek besef dat al is die werkies prettig, die waarde van repetisie en herhaling kan nie onderskat word nie. Dit bly iets wat enig iemand moet doen om die breinpad duidelik te maak. Soos ‘n pad deur die veld, raak die neurologiese baan duideliker en makliker om weer op te loop, hoe meer keer jy daarop loop!

6. Tydskrif prentjies

Hier kan maatjie tydskrif prentjies uitknip en plak in ‘n boek of lamineer. Skryf dan die woorde neer op hul eie stukkie karton. Dalk wil jy vir eers die prente kies sodat hulle binne die leesvermoë is van jou kind.

7. Speelgoed

Gebruik speelgoed wat jy in jou huis het en skryf die woorde neer vir die diertjies en groente en enige speelgoed wat jou jong lesertjie graag mee speel. Dan moet sy die speelding pas by die woordjie. Lees eers saam deur al die woorde. Herhaal die speletjie vir die hele week. Aan die einde van die week, sal dit goed wees as leerling die woordjies kan neerskryf soos jy die speelgoed in ‘n ry gepak het.

8. Magnete

Yskas magnete is’ n wonderlike uitvindsel! Hierdie oulike manier om woorde te bou en oefen kom van Pinterest af.

9. Kos

Daars alfabet pasta te koop by Woolworths. En alfabet koekie knippers by sommige winkels. Julle kan alfabet koekies bak of sommer letters uit brood druk.

Vyf dogters maak my lewe dol… Dol gelukkig! 🙂

10. Plak dit op die voorwerp

Gee vir jou kind n pak woord van voorwerpe wat te vinde is in jul huis. Hy moet dan die woorde lees en dit plak op die voorwerp met wondergom. Orals in jou huis gaan daar woordjies wees wat sy oog oor en oor kan sien, lees en onthou. Woorde soos venster, deur, yskas, trap, kaggel, boekrak, toilet, wasbak, spieël, lamp, stoel, vensterbank ens.

Ook buite! My kinders het tot die klimraam en die tuinslang gebrandmerk met ‘n plakker. Ons kon nou nog nie die plakker van die glyplank afkry nie!

Dinge wat jy nie gaan beplak nie is seker die skilderye en die televisie. 🙂

Verskaf vir jou so plakker pakket vanaf n skryfbehoefte winkel. Jy gaan dit nog baie gebruik!

En as jy nie plakkers orals in jou huis soek nie, plak slegs kos en goed wat jy gaan weggooi. Of laat leerder net die woorde op papier skryf en orals plaas. Jy kan selfs dat jou kind fotos neem van die lysie voorwerpe wat jy in sy hand druk. Solank hy net lees!

2

Eende 

Ek volg my eie kurrikulum! Ek kies self wat my kinders gaan leer! Is dit scary? So bietjie in die begin. Ek wonder wat mis hulle; wat sou hulle by die skool geleer het. Maar dan hoef ek net terug te dink aan my skool loopbaan en kyk na wat ek daarvan onthou: bittermin! Ek besef toe dat wat my kinders leer moet sin maak! Dit moet bydra tot hulle lewens! Dit moet nie net ‘n klomp random feite wees wat by die een oor ingaan en weer by die ander oor uit nie. Dit moet hulle denkpatrone en lewenswyse vorm! 

So, hoe affekteer die nuwe kennis oor eende hulle? Hahaha, ek weet nog nie. Maar dit was pret!

 Ek lees laas week hierdie mooi boek oor eende vir my kinders en besluit ons gaan dit meer in diepte bestudeer. 

So ek soek vir ‘n lapbook oor eende en hierdie oulike een gekry:  http://files3.homeschoolshare.com/docs32466/ducks.pdf

Wat is ‘n lapbook (of skootboek soos ons dit in Afrikaans noem)? Ek sal jou wys!


Skootboek is maar net ‘n lêr met kleiner ‘boekies’ en gevoude papiere in wat inligting oor ‘n onderwerp op ‘n oulike manier rangskik. Maar ‘lig-die-flappie’ boekies bly prettig! 

Wat ek daarvan hou is dat dit kuns gebruik om droë feite op te kikker!


Ons maak gebruik van ander naslaan boeke en Google om die boekies in te vul. 

Die kinders leer nuwe woorde, oefen hulle skrif, lees kort stukkies, knip en plak, navors en soek in die natuur vir donsveertjies om in die skootboek te plak. 



Ek het dit self so interessant gevind dat Mallardse (Mallard) eende die mees algemeenste voël is in die wêreld en tog is hulle nie inheems nie! Hulle is eintlik ‘n ongewensde voël in Suid Afrika omdat hulle met ons inheemse eende paar en die integriteit van ons spesie dreig.  Daar is nou ‘n veldtog om alle Mallardse eende in ons land op te spoor! Die naam daarvan is Operation Mallard Allert en as jy so eend raaksien (meestal in die Weskaap en Gauteng) kan jy dit aanmeld by die webwerf: http://sabap2.adu.org.za/ 

Ons kon eend geluide maak deur om ‘n strooitjie se een kant te sny sodat dit ‘n punt vorm en dit plat te druk. As mens dan daardeur blaas, veroorsak dit vibrasie en ‘n lekker eendroep geluid! 

Janéy en Ilani het baie mooi hulle maatjies vertel oor hulle skootboek. 


Ons het nessies gemaak deur om die resep vir dadel bolletjies te volg en dan net in nessies te vorm. Klein sjokolade eiertjies het dit so mooi laat lyk, en proe!


Tenike het eendjies geverf en toe sing ons ‘Eendjies eendjies, stap in ‘n ry’ terwyl hulle eendjies deur ‘n E letter in ‘n papierbord waggel. 


My babas het ook van eendjies geleer: 


Ek sou graag nog eendjie kuns idees wou maak maar het nie daarby uitgekom nie. Ek heg hulle maar hier aan indien jy die oulike goed saam jou kinders wil maak. 

0

Christopher Columbus 

Hoe ek besluit om oor ‘n tema te leer gebeur baie toevallig en tog voel ek die Here se hand daarin. Sy leiding en seën op ons tuisskool pad is steeds sigbaar en daarvoor is ek baie dankbaar! 

Dit was op ‘n woeste uitstappie biblioteek toe waar ek die boek oor Ontdekkingsreisigers gekry het. Ja woes, want wanneer ons by die biblioteek is, is dit alles behalwe kalm en stil en leersaam soos wat ‘n bib moet wees. Tussen stink doeke, klim en klouter kabouters en kinders wat gil en skree met opgewondenheid, is dit vir al die geleerdes daar, ‘n mulitsensoriese ervaring om ons daar te hê! 


Terug by die huis met die boek, verslind ek die inhoud. Ek is lief vir geskiedenis en besluit net daar dat ons eerste oor Columbus sou leer! Die van julle wat verkies om mooi kronologies te werk kry seker die piep dat ek in die middel van nêrens net optel en begin. Moet erken, dit pla my ook so 1/10. 

So, wanneer ek borsvoed, in plaas van om diep in my baba se oë te kyk, is ek op my selfoon besig om die Internet te myn vir idees. Ek kom op ‘n paar great webtuiste en druk uit ‘n paar werksblaaie. 

Maar ek sal jul sê dat my gunsteling bron was ons Wêreldspektrum op ons boekrak! Dit het ‘n wêreldkaart in van 1452! 

Kyk hoe min het hulle geweet toe! So baie kontinente wat nog nie ontdek was nie! Dit was vir my baie opwindend om dit vir die kinders te wys. Darem het die meeste mense toe verstaan dat die wêreld nie plat was nie, alhoewel ek vermoed dat daar heelwat matrose was, wat onseker was van die feit. Dis hoekom hulle bang geword het as mens te lank op die ope oseaan geseil het. Hulle het enige oomblik ‘n seemonster of die einde van die aarde verwag! Dis waar dat Bartolomew Dias se matrose het selfs hulle kaptein oortuig om om te draai nadat hy die punt van Afrika omseil het. Hulle was nie lus om verder te reis nie alhoewel die kaptein self, baie nuuskierig en gretig was om verder te ontdek. Die matrose dink aan kos en oorlewing bô ontdekking! 

Maandag het ek die kinders vertel van Columbus en die werkkaarte laat voltooi.

Ek is deel van die Homeschool Exchange South Africa blad op Bakkiesblad 😋  Oor die naweek sien ek dat daar ‘n Christopher Columbus boek te koop is! Ek koop dit dadelik en die tuisskool mamma van ‘n platteland se dorp op die Weskus, gaan uit haar pad uit om dit vir my per spoedpos te stuur sodat ek dit Vrydag vir al die maatjies wat by ons kom leer het, kan wys. Ja, ek het ‘n groep Engelse maats genooi om die tema te takel. Sodoende, maak my kinders nuwe maats, oefen hulle Engels en leer om met ouer maats oor die weg te kom. 


Ons het op ons aardbol gekyk vir die lande wat betrokke was in hierdie storie. 

Terwyl ek opgelees het oor ou CC, het ek afgekom op onlangse nuus oor hom. In New York, het hulle net laas week die standbeeld van Columbus ge-onthoof! Iemand het met groen verf oor ‘n ander standbeeld se podium geverf: “Tear it down. We don’t honor genocide!” Wow, ek moes hierdie ondersoek! So daar is sprake en debat rondom die viering van Columbus. Die Amerkaners hou Columbus Day op die tweede Maandag van Oktober. Maar daar is nou heelwat mense (vir al die Inheemse mense) wat  voel die geskiedenis boeke vertel nie die ware verhaal van Columbus nie. Toe hy by die ‘New World’ eilande aankom, het hy die inboorlinge gebruik en misbruik. Hy het hulle slawe gemaak en toe hulle in opstand teen hom gekom het, het hy hulle vermoor! 

Nou ek wou vir my kinders die hele prentjie van Columbus skilder. Hulle moes die man navors. Was hy die eerste Europeer om by die Weste lande op te daag? Nee. Leif Errikson was. Was hy ‘n goeie kaptein? Wel op sy eerste vaart, het hy die kajuitseun toegelaat om die pragskip, die Santa Maria te grond laat vaar  en opbreek! Was hy ‘n goeie goewerneur? Dit blyk ook nie so nie. Sy bemanning het gerebelleer, en die kolonie wat hy op een eiland gestig het, het briewe geskryf aan Koning Ferdinand en Koningin Isabella van Spanje, wie Columbus as Onderkoning aangestel het, en gevra dat hulle hom verplaas! Hy was te streng! 

Al hierdie moes die kinders Vrydag debateer. Hulle moes ‘n kant kies: vír Columbus Day of daarteen! My eie dogters het in die Teen kamp gaan sit en ek was heel verbaas toe my oudste haar mening oor die saak ook stel. 

Die ding is: as tuisskolers het ons die geleentheid om agter die kap van die byl te kom! Ons kinders hoef nie net feite te memoriseer en weer uit te spoeg nie. Ek wil hê hulle moet die mens bestudeer. Wat kan ons leer van sy karakter? Wel, hy het uithouensvermoë gehad en ambisie! Hy het sy idee om na die Spice Islands toe te reis na gejaag en het nie gestop by die eerste ‘nee’ nie. Hy het aangehou om Konings te vra vir geld en skepe tot Spanje hom gehelp het. Dít is iets om te applous! 

Die eetgoed

Die Aktiwiteitsboekie

Die kunsvlyt

Die jongste leerling

Ek lei die kinders in die gedig


Christopher Columbus 

Here is the complete 1492 poem:
IN 1492
In fourteen hundred ninety-two

Columbus sailed the ocean blue.
He had three ships and left from Spain;

He sailed through sunshine, wind and rain.
He sailed by night; he sailed by day;

He used the stars to find his way.
A compass also helped him know

How to find the way to go.
Ninety sailors were on board;

Some men worked while others snored.
Then the workers went to sleep;

And others watched the ocean deep.
Day after day they looked for land;

They dreamed of trees and rocks and sand.
October 12 their dream came true,

You never saw a happier crew!
“Indians!  Indians!”  Columbus cried;

His heart was filled with joyful pride.
But “India” the land was not;

It was the Bahamas, and it was hot.
The Arakawa natives were very nice;

They gave the sailors food and spice.
Columbus sailed on to find some gold

To bring back home, as he’d been told.
He made the trip again and again,

Trading gold to bring to Spain.
The first American?  No, not quite.

But Columbus was brave, and he was bright.

.;……………………………………………………..
Columbus Day Song

(sung to the tune of “The Farmer in the Dell”)
In 1492,

In 1492,

Columbus sailed across the sea,

In 1492.
For 70 days he sailed,

For 70 days he sailed,

Columbus sailed across the sea,

For 70 days he sailed.
He came to a new land,

He came to a new land,

Columbus sailed across the sea,

And came to a new land.
Exploring he did go,

Exploring he did go,

Columbus sailed across the sea,

Exploring he did go.
He sailed back home to Spain,

He sailed back home to Spain,

Columbus sailed across the sea,

Then sailed back home to Spain.
Christopher Columbus

In August 1492,

Columbus sailed the ocean blue.
October 12th they sighted land,

And set their feet upon new sand.

0

Is ek uitgeknip om te tuisskool? 

Ek kry al hoe meer navrae vanaf mammas wie tuisonderrig oorweeg. Omtrent 8 die week! Ek love dit! Want ek is passivol hieroor en help graag ander gesinne om die leefstyl te kies. 

Een mamma het iets gesê wat nou nog by my spook. En my dwing om hierdie artikel te skryf. Sy het gesê sy wens sy het genoeg in haarself geglo om haar seun uit die skool te haal. Sjoe, wens ek kon vir haar ‘n druk gee en… wat sê? 

Meskien wonder jy of jy uitgeknip is vir tuisonderwys. Dalk voel jy dat jy nie gekwalifiseerd genoeg is nie. Maar waarin is jy wel ‘n kenner? Wat het jy wel geswot wat jy aan jou kinders kan oordra? Jy is ‘n deskundige in iets! Al is dit net smart! Dan kan jy vir jou kinders leer hoe om sterk in moeilike tye te staan en hul pad deur die lewe te ploeg! Om vas te hou aan jou geloof al is die storm winde hoe sterk! 

Meskien voel jy dat jy nie georganiseerd genoeg is nie. Nie netjies genoeg nie. Ek voel so. Ek moet hard werk om ons papiere en werk in lêrs en boeke te bêre. Ek het houers gemaak van ontbyt bokse en hulle almal bars van tydskrifte en inkleur boeke en werkboekies. (Nie elkeen apart nie, almal deurmekaar gemeng.) Boeke is orals gestapel, soms met kleinste boeke onder, sodat dit lyk soos die Leaning tower of Pisa. Maar mens kan leer en verbeter hierin! Jy kan elke nou en dan ‘n rak of ‘n boks koop en iets daarop pak. Jy kan uitgooi en opruim saam met jou kinders. Is dit ‘n area waarin jy swak is? Fantasties! Daar is dan ruimte vir groei in jou lewe! 

Dalk weet jy dat jy nie gedissiplineerd genoeg is nie. Jy is bang dat jou kinders heeldag gaan TV kyk. Meskien is dit wat gebeur in die begin. Maar selfs ‘n kind gaan net so baie skermtyd kan verdra en dan gaan hulle self iets uitdink om te doen! Al is dit om cupcakes te bak en eet! Die duisende ‘unschoolers’ het ons bewys dat kinders wel gemotiveerd is om te leer. Dat hulle van natuur nuuskierig is en geplaas in ‘n kamer met genoeg interessante boeke, hulself sal leer! 

Mens kry daaglikse beplanners. Daars gratis goed orals op die Internet. Daars voorstelle van temas met drukbare werkkaarte en skakels tot kunswerke daaroor. Pinterest bars met idees. Om nie te kan beplan of te weet wat om te doen nie, is nie langer ‘n verskoning nie. Jy hoef nie van natuur kreatief te wees nie. Daars ander wat bereid is om hul kreatiwiteit met jou te deel, dikwels verniet! 

Meskien voel jy dat jy te ongeduldig of selfsugtig is om heeldag met jou kinders deur te bring. Dis ook dan areas van groei! Ons almal het swakhede en soms help ons kinders ons om juis daardie swakhede raak te sien en besluit om te verander. Wil jy aanhou om ‘n ongeduldige en selfsugtige mens te wees? (Ek is in elk geval nie oortuig dat jy is nie.)  

Kostes om te tuisskool? Ek spandeer eerlikwaar omtrent R500 per maand aan boeke. En dis al.

Ek dink aan die einde van die dag, is die vraag nie of jy uitgeknip is of nie om jou kinders te tuisonderrig. Want jy kan leer, of oplees, of groei daarin.

Ek dink die vraag moet wees: het jou kind jou nodig om hom of haar te tuisskool? 

0

Bote en Skepe

Ons Saam-Leer groep kom elke tweede Woensdag bymekaar. Die afgelope Woensdag was dit my beurt om aan te bied. Ek het mos onderwys geswot en geniet dit vreeslik om voor ‘n klomp blink gesiggies te staan en hulle iets te leer. Ek was so opgewonde om weer die voorreg te hê om ‘n les aan te bied! 

Ek het begin om te vertel van die eerste soort bote – gemaak van riet en ander gemaak van hout. Toe wys ek vir hulle ‘n swaar stuk hout. “Wat dink julle? Gaan hierdie sink of dryf?” Meeste het gedink dit gaan verseker sink. Tot hulle verbasing, dryf die swaar stuk hout. 

Dit was die begin van hope pret met goed wat sink en dryf. Tot hul verbasing, het ‘n appel en ‘n lemoen ook gedryf. So, kon ons bespreek hoe lug binne ‘n houer dit laat dryf. Toe die kinders opverdeel in ouderdoms groepies, het hulle nog sink en dryf eksperimente gedoen.

Ons was die Maandag biblioteek toe sodat ons boeke oor bote kon uitneem. (Dink net vir ‘n oomblik aan die tweeling wat klim en klouter, babbel en skree in die biblioteek.) Al het die Internet navorsing soveel makliker gemaak, ek dink naslaan boeke met hul gekonsentreerde prente en fotos sal nog waarde dra vir jare om te kom. 

Hoe dryf ‘n swaar vragskip?

Die rede hoekom ‘n swaar vragskip op die water kan dryf is Archimedes se prinsiep van water verplasing. Ons kon dit demonstreer deur ‘n liniaal in water te laat val. As dit op die klein kant in die water gegooi word, dan sink dit dadelik tot die bodem. Maar as jy die liniaal versigtig plat op die water neerlê, dan dryf dit! 
Ons het gesels oor die verskillende tipe bote en opgestaan om aksies saam met elkeen te doen. Ons roei ‘n roeiboot met ‘n roeispaan. Ons vang die wind en ‘n seilboot. Ons duik onder die water met ‘n duikboot en sleep en skip met ‘n sleepboot. 

Die 6-7 jariges moes toe die woorde by die bote pas vir hulle oefen aktiwiteit. Die 3-5 jariges het ‘n selbootjie geplak. En die oudste groep, 8+9 jariges moet die dele van ‘n skip neerskryf.


Toe was daar geleentheid om ‘n seilbootjie te maak vir die groter kinders wat wou. Ek sit verskeidenheid materiale op die tafel neer met ‘n paar voorbeelde van wat ons vroer in die week gemaak het en hulle kon kies hoe om hulle bootjie te bou. 


Mens kan plastiek of polistereen gebruik vir die bootjie, ‘n sosatie stok vir die mas en felt materiaal vir die seil. Om die mas in die boot te anker kan mens ‘n stuk klei gebruik, wondergom of selfs helfde van ‘n appel! 

Gepraat van appels, ons het oulike bootjie eetgoed voorgesit. 

My dogters het my gehelp om papier bootjies te vou om as tjip houer te dien.

Die seil is gedroogte vrugterol wat in driehoeke gesny is.


Ons is ook gelukkig om self ‘n kayak te hê sodat die kinders ‘n reddingsbaadjie kon aantrek en maak asof hulle bootjie roei. 


En soos dit dikwels met my gebeur met ‘n tema, het die kinders periskope gemaak by hulle wetenskap klas! 


In kort, was ons week oor bote, voor die wind gewees!