4

Ons Spontane S-week

Daar is soooo baie s-woorde in Afrikaans! Mens kan regtig bos gaan met die letter!

Die week het Sondag afgeskop met Survivor! Die kinders het die seerower skip raakgesien en my laat dink dat ons dalk een dag die seerower tema moet ondersoek, maar toe werk dinge anders uit. My babatjie het haar bydra gelewer met die s-tema en was siek die week. Sy het sleg geslaap die week maar ons het nogsteeds klomp s-aktiwiteite geniet!

Ek kom agter dat die idees wat spontaan gebeur is dikwels die lekkerste! Maandag was ek vroeg dokter toe met jongste sussie en toe ek terug is, lees ons eers ‘n paar biblioteek boeke om in die ding in te kom. Sowaar, is daar heelwat s-prentjies om die tema af te skop!

20140131-170118.jpg

Toe sing ons Lollos se liedjie: Spring op, sit plat, staan stil, dan doen jy wat jy wil, een been, balans! Dans, liewe Lollos, dans dans! Dinsdag se liedjie was ‘Ek is nie ‘n stapsoldaatjie nie…’ Woensdag s’n: ‘Sakke pakke, sout en peper, gee my stoom, dan loop ek beter’. Donderdag het ons lekker toneel gespeel met ‘n gediggie ‘Die Skoen’. Ek sal die video hier probeer oplaai. Dit was soveel pret! Vrydae het Janéy spraakterapie.

Ons het die week oor soogdiere gesels. Al die s diere is op wit stickers geteken. ‘n Groot sirkel in haar boek wys die stel Soogdiere. Toe plak sy die soogdiere binne die sirkel en al die ander diere buite die sirkel. Ek het laat sy paar woordjies afskryf van my voorbeeld en die res het ek op stickers geskryf vir haar om te plak. Die konsep is soogdiere het lewendige babas, nie eiers nie.

20140131-173305.jpg

Ek het gesien dat pouse veroorsaak dat my kind sommer met skoolwerk wil stop. Om haar te motiveer om terug Kieswetter Klaskamer toe te kom na ons breek, doen ons iets prakties en prettig. Skeerroom op die venster was “Super fun!”

20140131-173630.jpg

S met spagetti en in sout was die ander sensoriese aktiwiteite. Sago en suiker kan ook werk!

20140131-174429.jpg20140131-174442.jpg

Ek het later gedink mens kan met sokkies ‘n s maak of ‘ski’ met sokkies op houtvloere. Of sokkie sokker speel! Maar ek het nie genoeg energie gehad vir daai idees nie 😜Nog iets wat prt kan wees is ‘n smaak speletjie. Blindoek jou kind en laat hulle iets soet, suur en sout proe en sê soos wat proe elkeen. Mens kan dan vir hulle leer waar op die tong proe mens elke smaak.

My dierbare boetie ski tans in Frankryk en stuur hierdie foto vir Janéy:

20140131-175029.jpg

Die bespreking oor sout het ons buite na die sandpit geneem waar ons gekyk het hoekom is die see souterig? Die gieter verteenwoordig die reen oor die ‘berg’ (hoop sand). Ons het growwe sand en klippies gestrooi oor die ‘berge’. Toe kon die kinders sien dat die strome water oor die soutklippe en klippe vloei en die sout ‘see’ toe neem.

20140131-175536.jpg

Hoekom is die see souterig?

 

Ons het ook die son bespreek. Die kinders moes ‘n sirkel aftrek met die hulp van ‘n groot ronde ‘selotape’ en dan sonstraaltjies met ‘n lineaal trek. My oudste het dan drie sinnetjies geskryf (van myne af) oor hoekom die son goed is vir ons.

1. Die son gee ons lig.

2. Die son hou ons warm.

3. Die son help plante groei.

 

 

Ons eksperiment die week was nie suksesvol nie. 🙂 Ek wens ek kon sê ons het stalaktiete en stalagmiete gegroei, maar tervegeefs. Dalk maak die feit dat ons haarklippies plaas van ‘paper clips’ gebruik het, ‘n verskil. Maar die ‘Before’ foto en ‘After’ foto lyk dieselfde so ek plaas net een. 🙂

20140131-180438.jpg

Iets wat spontaan gebeur het een aand, was skadu-teater teen die slaapkamer muur.

20140131-180601.jpg

Toe een sussie ‘n mooi saadjie wat sy buite gevind het kom wys, het dit soveel saad idees laat ontkiem! Die Bybelstorie van die saad en die saaier was vertel. Die Internet het mooi prentjies van die storie voorsien wat ek kon gebruik vir ‘n volgorde aktiwiteit.

20140131-180951.jpg

En toe gebruik ons die skorsie en spanspek saadjies wat ons klaar in die yskas gehad het om die werk te versier. Het julle geweet dat daar meer as 40 saadjies in een skorsie is?! Hoe slim van die Here om so seker te maak dat daar altyd meer as genoeg groente is! Interessant dat die spanspek saadjies kleiner is as die skorsie saad, tog is die vrug groter! Wys jou net, van iets kleins, kan iets groot groei!

20140131-182331.jpg

Ek verkies om Bybelstories in die aande te lees voor slaaptyd. Baie helde begin met S, so ons het weer gehoor van Simson, Samuel, Saul en Salamo.

My Pa het geSkype om ‘n snaakse speletjie met die kinders te speel: Simon Says. Na so paar opdragte wou die kinders eerder ‘Jesus sê’ speel en my ma het hulle baie mooi daarin begelei.

Wat baie opwindend is, is dat met elke nuwe letter wat ons byvoeg, kan my Graad Eentjie meer en meer woordjies vorm. Sy sukkel om self die sintesis eers te sien. Maar as ek vir haar klaar gewys het k-a-s spel kas, kan sy dit later weer spel. Ek gebruik groot letter kaarte wat ek self gelamineer het sodat sy dit kan rond skommel en verskillende woordjies bou.

Sy het vir my ‘n groot druk gegee nadat sy ‘sak’ gelees het en gesê, ‘Dankie Mamma dat jy my leer lees!’

Sjoe, soete satisfaksie!

20140131-190940.jpg

Blaas deur ‘n strootjie.

20140131-191006.jpg

Skottelgoed was

20140131-191024.jpg

Sonbrilletjies

20140131-192232.jpg

Sneeu op die berge, Tignes, Frankryk

20140131-192244.jpg

Soetmieliebrood

10

Ons A Aktiwiteite

Ons A Aktiwiteite

Ek is bewus dat die Onderwys volgorde vir klankies aanleer begin met i, l, h, b. Dis seker die heel maklikste klankies om te skryf en so vorder die kindjie se skryf vermoë van ‘n strepie af tot meer ronde vorms.

Maar ek is nou bietjie eie-wys en het nou klaar begin met K vir Kieswetter Klaskamer, so ek gaan maar ‘n Sinatra trek and do it ‘My way’. Dit is hoe Wilamien Kruger die Ecletic manier van tuisonderrig beskryf. “Eclectic homeschooling is defined as compiling or writing your own home school curriculum by taking the best of different approaches and styles to suit your family’s individual needs.” Lees haar uitstekende blog vir beginners hier: http://www.homeschooling-curriculum-guide.com/eclectic-homeschooling-personal.html

Die eerste leesboekie wat ek vir Janéy gaan leer is ‘Zak die Kat’ (wat ek online gekoop het vir R18 by http://www.leerAfrikaans123.co.za). So om vir haar so gou moontlik te leer lees gaan ek die week A-klankie leer en volgende week T. Die letters is dalk moeiliker om te skryf, (my 6-jarige het lank gewerk en ge-oefen met k en a), maar so moet sy ook 2,3,4 en 5 in elk geval aanleer. En watse woord gaan sy met i, l en h kan lees?

So die A-aktiwiteite. Ek het deur Little Footprints kurrikulum geblaai en hulle eerste leesboek is ‘Vlieg Arend, Vlieg Hoog’, so toe bel ek rond tot ek dit by Exclusive books in Menlyn vind. Wat ‘n mooi storie van ‘n arend kuiken wat grootword tussen hoenders en homself dan soos ‘n hoender gedra. Maar hoe een man in sy vermoë om te onthou hy is ‘n arend glo en hom aanmoedig om sy vlerke te sprei en hoog te vlieg. Die mooi illustrasies deur Niki Daly het my ge-inspireer om ‘n arend te teken en ons het toe almal saam om die tafel dit ingekleur.

vlieg arend vlieg hoog

Boek deur Christopher Gregorowski

 

Ons eie arend

Ons eie arend

Natuurlik doen ons wiskunde en skryf werk tussen al die klankie werk. Die Letter van die Week gee ons net ‘n tema waarvolgens ek alle ander vakke kan onderwerp. Ek get gedink aan die woord ‘asyn’ en toe in ‘n wetenskap boek (101 Experiments) gesoek vir ‘n eksperiment met asyn.

20140118-124946.jpg

En toe is daar ‘n goeie een met koeksoda en asyn en ‘n kers. Dit was baie opwindend om die vlammetjie te sien doodgaan as gevolg van die koolstofdioksied wat vorm wanneer asyn met koeksoda gemeng word. Ek het op die mees eenvoudigste manier dit aan my kinders verduidelik en hul pa het daardie aand weer die eksperiment herhaal met sy verduideliking.

20140118-125255.jpg

Vlam brand terwyl daar genoeg suurstof is.

20140118-125305.jpg

Vlam en vuurhoutjie gaan dood wanneer daar te veel koolstofdioksied is

Al asyn wat ons in die huis gehad het was Balsamic Vinegar, dus die donker kleur. Maar toe werk dit goed vir ander asyn eksperimente. Timothy (my man) het gewys hoe asyn swaarder is as water. Mens kon duidelik die donker asyn onder die deurskynende water sien lê. My dogters, veral die oudste, was baie nuuskierig oor die eksperimente. Ek het haar die volgende dag laat prentjies teken oor elke stap van die asyn en koeksoda eksperiment. Elke prent is genommer en toe skryf ek kort sinne op die swartbord wat sy in haar boek moes oorskryf. Die Engels noem dit ‘copywork’.

In pouses eet ons avokado broodjies en kry toe die idee om ‘n avokado plantjie te groei van ‘n pit. Lees hoe om dit te doen hier. Ons pit is maar nog net ‘n pit.

Een aandete het pappa heerlike maalvleis gevulde aartappels gemaak. Die kinders eet graag aartappels met suurroom.

Ek wil graag elke tweede week ‘n kort gediggie leer en onthou een van my skooldae met die woord ‘anys’ in. Ek soek weer op Google en vind die mooi kort gedig deur DJ Opperman. My kinders kon dit vinnig leer omdat die ‘props’ van ‘n naartjie, kaneel en anys byderhand was. So inkorporeer ek die reuk sintui in ons week.
“My nooi is in ‘n nartjie, my ouma in kaneel, daars iemand… iemand in anys.
Daars ‘n vrou in elke geur.”

20140118-130703.jpg

“My nooi is in ‘n nartjie, my ouma in kaneel, daars iemand… iemand in anys.
Daars ‘n vrou in elke geur.”

Danksy Whatsapp kon ons my dogter opneem en vir die Ouma’s wat vêr bly die gediggie met liefde stuur.

20140118-131716.jpg

Gebakte appels

Ek het nie ‘n blik appels in die huis gehad nie, toe bak ons ons eie. Baie eenvoudig. Skil en sny net stukkies appel. Plaas in bak met bietjie water, suiker en kaneel. Maak toe met foelie en bak op 180’C tot die hele huis ruik soos gebakte appels en kaneel.

Heerlike krummel appel tert gemaak deur om net meel en suiker met botter te meng en oor die appels te sprinkel. Eks net spyt ons roomys en vlae was klaar voor die tert was.

20140118-131941.jpg

Appeltert

Nog ‘n aangename sensoriese a-aktiwiteit is die letter A en a met jou vinger in baba appel purée te teken. ‘n Hele Purity bakkie is uitgegooi op ‘n skinkbord en toe lekker mee gespeel.

20140118-132245.jpg

Ek hoop om nog toffie appels te maak vandag, (as ek krag het in hierdie hitte!). My kinders het nog nooit een geeet nie en ek nog nooit gemaak nie so dit sal nuut wees vir ons almal.

O ja! Ons kuns aktiwiteit wat ons paar dae lank besig gehou het was die Akwarium. As jy een wil maak, verf net die binnekant van ‘n boks blou en laat jou kinders die akwarium versier met allerhande afval goeters wat in jou huis is. Plakkers en stickers, lint en papier, prentjies en pom poms. Dankie aan Annemari Straus vir die regte egte skulpies!

20140118-132759.jpg

Wat ook spesiaal was, was om ‘n geskenkie te koop vir Tannie Amanda wie ‘n baba verwag. Ek wil graag vir my kinders leer om goedhartig te wees en ons gaan ‘n punt daarvan maak om uit te ryk aan ons naastes.

Alle wêreld! Nou’s ek sat!
Mamma soek nou ‘n breek van my Aspatats! 🙂