Naaldwerk en Naaldekokers

Na ‘n breek in tuisonderrig om vir ‘n konsert te oefen en dan te rus na die harde oefen, was ons bly om weer saam in ons klaskamer te wees. 

En dit was tyd om die n letter te leer en oefen.  Janéy (7) doen haar n-woordjies in Afrikaans Sonder Trane soos gewoonlik. Ilani (5) oefen die n se vorm deur om dit te verf. 

  

Tenike (2) verf ook vir ‘n rukkie, dan bou aan hout nommer legkaarte. 

  

Almal werk aan verskillende wiskunde. Janéy doen somme en skryf die name van groter nommers. Janéy het haar somme self gemerk met ‘n sakrekenaar. Dis pret en dit oefen nog ‘n vaardigheid. Ilani werk aan haar Singapore Maths werkboek. Tenike skribbel in ‘n ou boek. 

Toe haal ek polystyrene houers uit en maak gate daarin. Die oudste twee ryg wol met ‘n naald deur die gatjies om hulle n te oefen. 

   

   

Toe nooi ek die kinders om pennesakkies te maak saam met my. Ek soek gou op Pinterest vir ‘n maklike metode en vind die webjoernaal: http://crazylittleprojects.com/2013/07/zippered-pencil-bag-pattern.html

Tot my teleurstelling wil my oudste nie deel neem nie. Ek besluit om haar nie te forseer nie (ek het on geval net genoeg lap vir een pienk penneskakkie) en doen die projek met die gewillige kind. 

Ons knip en stuk soos op die instruksies. Die sakkie het ‘n binne sak en buite sak. Mens stuk elkeen apart en los ‘n gatjie in die kant om dit om te dop. 

  

         

Donderdag was ek te moeg vir formele werk. Ons het op die Internet ge’surf’ en gekyk na interessante videos. Janéy het op die iPad rondgeloop deur die Smithsonian National Museum. Toe sit ek National Geographic aan en ons kyk saam na Animal Fight Club. Diere wat baklei kan rof lyk maar my kinders het my verseker dat hulle okei is daarmee. ‘n Beer teen ‘n bende wolwe, ‘n krokildil teen ‘n haai! En toe twee naaldekokers teen mekaar. Ek besluit ons sal die volgende dag die naaldekoker meer bestudeer. 

Omdat die woord ‘naaldekoker’ so lank is, wou ek gehad het dat my kinders dit so paar keer skryf. So dit het die voorblad van die projek geword. Toe maak ons naaldekokers van kuns gereedskap wat ons on die klaskamer kon vind.  

Elke kind het hul eie gemaak en ek het vir Tenike gemaak. Ilani wou hê dat hare kleurvolle lyf moet hê.  

  

Janéy het besluit op oogies en ‘n stert. 

Toe soek ek ‘n mooi diagram van die lewensiklus van die naaldekoker en kom op ‘n paar af. Ek het laat die kinders besluit watse een hulle die meeste van hou. Toe teken ek dit vir Ilani en Janéy teken haar eie. Intussen kyk hulle ‘n uitstekende You Tube video oor die lewenssiklus. http://youtu.be/edW30jsCy6M

   

  

Ilani s’n

  

Janéy s’n

Vir feite oor naaldekoker het ek in die oulike boekie gekyk:

 

  

  Toe maak ons nog ‘n laaste naaldekoker en skryf feite op die vlerke. 

  

Ek het self baie geleer oor naaldekokers, soos, het jy geweet dat die nimf (gogga in die water) tot 40 keer vervel in die twee jaar wat die water kan leef?! En dan kruip dit uit op ‘n riet of waterplant en vervel die laaste keer om in ‘n naaldekoker te verander. 

Ons het na ons dam toe gery om te kyk of ons dalk nie ‘n velletjie sien vassit aan ‘n riet nie maar helaas, die wind moes die vorige waai als afgewaai het want ons het niks gesien nie. Ook nie eers ‘n naaldekoker nie omdat dit moontlik te bewolk was, (hulle lief blykbaar die son). 

Wel, iets om voor uit te sien volgende keer! 😉

2 thoughts on “Naaldwerk en Naaldekokers

Leave a comment